Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die getuienis van Markus oor die Heer

86 Die Romein Markus loop nou na hulle toe en sê in die Griekse taal, wat die Fariseërs ook beter beheers as die taal van die Romeine: “My vriende, julle hoef julle tog nie te skaam, omdat julle in ons teenwoordigheid so openlik uitgespreek het dat julle dikwels van ons heerskappy verlos sou wou wees nie, en ook Die Een wat julle weer tot `n vrye, groot en magtig volk op hierdie aarde sou maak, bykans onbetwis as die egte Messias beskou nie! Want kyk, aan dergelike uitlatings van julle kant is ons immers al sedert `n lang tyd gewoond, en ons trek ons ook niks daarvan aan nie. Ons bly nog altyd by ons gesegde: leo non capit muscas*, omdat ons onsself werklik nog sterk en magtig genoeg daarvoor voel. * (`n Leeu vang geen vlieë nie)

[2] Maar julle het nou vir die Heer en Leraar toegegee dat julle vir julleself egter in Hom wil en sal glo, ook as hierdie mees ware Messias, nie alleen van die Judeërs nie, maar ook van alle ander mense op aarde, as die aardse omstandighede nie sal verander nie; dit was baie goed van julle gespreek en ons vergewe julle daarom ook die onvleiende uitlating. Maar dit verbaas ons slegs werklik in `n hoë mate dat julle, wat tog baie goed tuis is in julle Skrif, nou eers `n klein bietjie begin te begryp, wat ons Romeine gedeeltelik al lankal as onomstootlike waarheid gesien en duidelik erken het.

[3] Kyk, hierdie Jesus van Nasaret, wat volgens julle tydrekening gebore is in Bethlehem in die 4151ste jaar na die ontstaan van Adam, en wel op middernag op die sewende dag van die maand Januarie, is wat sy uiterlike geboorte betref, eweseer `n Judeër soos wat julle dit is!

[4] Maar ons is al sedert geruime tyd op hoogte van alles wat hom by Sy geboorte en ook later so nou en dan aan wonderbaarlikhede by Hom afgespeel het, en ons het dit ook nooit laat ontbreek aan goeie inligting nie en het Sy hoogs opmerklike persoonlikheid ook nooit heeltemal, soos julle ook, lighartig uit die oog verloor nie; want ons het berig ontvang oor Hom via Cyrenus en Cornelius, en aangesien ons almal al manne van reeds 50 tot 65 jaar oud is, sal julle ook goed begryp dat ons ook sekerlik al baie te wete gekom het. 

[5] Ons heidene, wat deur julle as blind uitgemaak word, het egter al lankal ook by onsself gedink - en dit temeer, omdat ons julle wette en profete ook grondig bestudeer het - dat daar agter die wonderbaarlike Nasarener iets baie buitengewoon moet skuil, en of Hy moontlik selfs nie volgens die profete, die beloofde Messias aan alle mense sou wees nie. Maar nou het ons, al is dit voorlopig slegs by onsself, geen enkele twyfel meer daaroor dat Hy ook heeltemal volgens waarheid dit is wat ons al lankal in Hom vermoed het nie. 

[6] Maar as ons, blinde heidene, nou insien dat Hy die groot Messias van die wêreld is en Hom ook as Heer oor ons en oor alle heersers op aarde prys, hoewel Hy uiterlik beskou, soos ook reeds opgemerk, maar net `n Judeër is, wat as sodanig by ons geen besondere aansien geniet nie, wat het julle dan teëgehou om Hom en vir julle so groot en eindelose verhewe landgenoot nie dadelik te herken as Die Een wat Hy sonder enige twyfel is nie?! Is dit nie ook `n eer vir julle dat ons, in aardse opsig, magtige Romeine, vir Hom, wat volgens Sy uiterlike geboorte `n Judeër is, erken en prys as `n Heer en Leraar oor alle meesters van die wêreld nie? Daardeur gee ons immers ook getrou, openlik en waaragtig te kenne dat Hy ons Romeine in die gees van alle waarheid volkome oorwin het; en vir die bekentenis sal ons onsself ook nooit skaam nie, omdat dit ons maar net tot die grootste eer strek dat Hy ook ons as Sy kinders opgeneem het onder Sy almagtige en vaderlike septer! En julle Judeërs hou in julle hoogmoed en in julle groot blindheid maar net die een beraadslaging na die ander hoe julle Hom, die Almagtige Heer van alle heerlikheid, kan gryp en selfs doodmaak! Sê nou vir ons heidene, hoe dit by julle selfs ook maar denkbaar kan wees!” 

[7] Na hierdie heftige toespraak van die Romein Markus word die Fariseërs nog meer skugter en weet nie wat hulle hom kon antwoord nie.

[8] Maar die Romein dring daarby aan om tog te sê wat hulle maar kon of wil, en daar sou hulle niks kwalik geneem word nie; want vry en eerlike mense mag hulle ook teenoor God altyd vry en eerlik sonder terughoudendheid uitspreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205