Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Kultus en Priesterdom

88 Daarop sê die Romein Markus: “Vir hierdie nou volkome openhartige toeligting van jou is ek jou baie erkentlik, en ons Romeine sal binnekort goed weet wat ons met `n dergelike priesterdom moet doen. Wanneer die mens hulle maar net vanweë die winsgewende funksie aan die priesterskap wy en nie vanweë die ewige waarheid uit God nie, word dit tyd om `n dergelike slegte priesterdom met wortel en tak uit te roei en dit deur `n beter en waaragtiger priesterdom te vervang!

[2] As baie ervare Romein dink ek nou so, en die Heer Self gee My dit in my hart: Voortaan geen priesterdom, geen tempel en geen Sabbatte, geen feesdae, en herdenkingsdae en geen jubeljare en geen olympiades meer nie - maar elke mens moet daarna strewe om volgens die leer van die Heer `n goeie leraar vir sy medemens en `n egte vader vir sy kinders te word! Die tempels moet omvorm word tot liefdadigheidsinstellings vir die arm mense; en die Sabbatte, feesdae en ander niksseggende herdenkingsdae moet verander word in dae van weldade, dan sal alle mense mekaar weldra as ware broeders in die Heer omarm en liefhê! 

[3] Maar solank `n mens homself nog onder `n bepaalde goddelike aansien priester sal laat noem en hulle as sodanig deur sy medemens sal laat eer en betaal, solank mense tempels sal bou, Sabbatte en ander feesdae sal hou en met allerlei seremonies plegtig sal vier, sal dit vir die mensdom sleg daaruit sien. Is van God uit nie elke dag `n dag van JaHWeH, waarop mense God in hulle harte gelowig en bo alles liefhebbend moet bely en aan die naaste geestelik en liggaamlik goed doen nie? Ek huldig nou hierdie mening, wat vry is van elke vooroordeel en ek glo dat elkeen wat nadink ook die mening, wat ek nou uitgespreek het, toegedaan sal wees.”

[4] Daarop sê die Skrifgeleerde: “Vir jou mening, hoë Romein, is volgens die menslike verstand baie te sê; maar ons moet ook rekening hou met wat God deur die groot profeet Moses ingestel het, want daar word uitdruklik gesê: “Ses dae moet julle werk; maar op die sewende dag, die Sabbat, moet julle rus en julle van al die swaar, slaafse werk weerhou; julle moet hierdie dag wy aan JaHWeH God, en Hom alleen dien op die manier, soos wat deur Aäron aan die volk voorgeskryf is.

[5] Wanneer jou opvatting nou realiteit sou word en mens die insettinge van Moses sou ophef, sou dit tog soveel beteken as: die God wat tot Moses gespreek het en nou nogmaals in die wonderbaarlike Nasarener persoonlik tot ons spreek, sou met Homself in teenspraak wees!

[6] Ek is ook teen `n kaste-agtige priesterdom, maar by elke volk moet daar tog oudstes en rabbi’s wees; want nie elke mens het die gees en die talent om hom tot `n ware rabbi te ontwikkel nie, en al het `n gewone mens so nou en dan gees en talent, dan ontbreek dit hom aan tyd en die regte metodes! Daarom het Moses die stam Levi bestem vir die priesterskap en aan die ander stamme die tiendes opgelê, waaruit hierdie stam onderhou moes word, sodat hulle hulleself geheel en al aan die leraarskap sou kon wy.

[7] Maar ek is nou ook van mening dat die noodsaaklike volksleraars nie dadelik uit die stam van Levi hoef voort te kom nie, omdat dit na `n kastestelsel trek, maar elke mens wat die gees, talent en tyd besit, sou die reg moet hê om homself ook in goddelike sake tot `n leraar te ontwikkel; maar as hy dan `n bekwame leraar geword het, moet die gemeente wat hy as leraar dien, hom ook onderhou en uit agting en liefde nie toestaan dat hy naas sy leraarskap sy brood met die graaf en die ploeg in die sweet van sy aangesig moet verdien nie. 

[8] Wat jou opvatting egter oor die tempel en die ander feesdae buiten die Sabbat aanbetref, is ek dieselfde mening toegedaan as jy; want dit het Moses nie ingestel nie. Maar vanweë die volk is die één dag per week toestaan noodsaaklik dat hulle op die dag byeenkom op `n geskikte plek en daar oor God en Sy wil onderrig word, sodat hulle nie verval tot volslae goddeloosheid of smerige afgodery nie. Dit is nou my mening, en ons wil graag hê dat die Heer en Leraar nou ook Self Sy mening daaroor vir ons laat hoor.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205