Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die korrekte wyding van die Sabbat

90 (Die Heer:) “Maar net vir die kinders kan die gemeente `n eie skoolgebou oprig en daar één leraar, of by `n groter gemeente, na gelang die behoefte, ook meer ervare en deugsame leraars aanstel, wat die jeug die lees van die Skrif en ook die rekenkunde, die selfstandige skryf en nog meer nuttige kennis moet bybring. As hulle dit elke dag gewetensvol en met redelike vlyt en ywer gedoen het, is ook elke dag die Sabbat en gewy; en die rabbi van die gemeente sal dit ook doen, wanneer hy so `n skool reëlmatig besoek en leraars en leerlinge aanspoor tot vlyt en ywer en hulle van tyd tot tyd in My Naam goeie lesse gee. Maar wat hy dan moet sê, daarvoor sal goed deur My gesorg word.

[2] Eweso is dit ook goed as `n gevestigde gemeente naas die skoolgebou vir die kinders `n vergadergebou opstel, waar hulle van tyd tot tyd in My Naam kan byeenkom. Maar in so `n ruimte moet dan nie enkel en alleen die aangestelde leeraar die reg hê om te praat en te preek nie, maar elke manlike gemeentelid, as hy deur My Gees daartoe aangespoor word. Want in so `n gebou moet nie net oor die Skrif en oor die profete en oor My gepreek word nie, maar ook oor ander dinge wat bydra tot `n diepere en ware kennis van God en wat die liefde tot God en die naaste tot lewe wek; en dan moet diegene spreek wat deur My Gees in hom, daartoe aangespoor word, en sowel die gemeente as die leeraar moet na hom luister. As julle dit sal doen, op watter dag ookal, dan wy julle die Sabbat ook in die ware sin van die woord.

[3] Daarmee wil Ek egter nie sê dat julle daarom die orde van die tyd en die tel van die ure, die dae, die weke, die maande en die jare heeltemal buite beskouing moet laat nie; dit kan en moet julle in elke geval ook doen. Maar julle moet nie bepaalde dae, omdat dit in die week of in die maand of in die jaar die soveelste sal wees en hierdie of daardie naam dra, dit beter en heiliger hou as andere dae nie; want die getal en die naam is gladnie van belang nie, maar slegs die lewe en handel volgens die geopenbaarde wil van God.

[4] Want vir iemand wat op `n Sabbat teen sy naaste gesondig het, was die Sabbat werklik geen Sabbat vir hom nie! Maar vir iemand, wat op `n ander dag iets goeds vir sy naaste gedoen het, was ook hierdie dag `n volmaakte Sabbat.

[5] Daarom moet onder My ware navolgers voortaan alles volkome vry wees, en niks kan `n dag tot `n ware Sabbat verhef anders as enkel en alleen dade, wat uit die ware en lewende liefde tot God en die naaste voortkom. Foei, wat `n skande is so `n dom menslike reël wat dit tot `n skending van die Sabbat bestempel as mens `n arme en verdrukte ook op die Sabbat hulp verleen! Foei, `n skande is sulke priesters wat die volk leer dat God welbehae sou hê aan hulle weersinwekkende geskreeu en aan hulle offer seremonies, wat maar net `n gruwel in My oë is, soos wat dit ook altyd was!

[6] Daarom moet die Sabbat nou eers `n ware werkdag word en elke seremonie moet bestaan uit die suiwer handeling volgens My woord; dit sal Ek altyd met welgevalle aanskou en Ek sal die ware Sabbat-heiligers ook met al My barmhartigheid en liefde beloon. - So spreek die Heer nou!

[7] Maar diegene wat die Sabbat sal wy op die manier soos wat die tempeldienare dit nou ook doen en al sedert `n lang tyd gedoen het, en wat die Sabbat `n bepaalde magiese heiligende werking toeskryf, net soos aan bepaalde feesdae en dae van die nuwemaan, die moet deur die vurige vloed van My geregverdigde toorn verteer word! - Ook dit het die Heer nou gespreek, vir wie alle dae, weke, maande en jare volkome gelyk is.

[8] Het julle nou begryp hoe My mening lui, geldend vir alle tye en ewighede? Want waarlik, waarlik Ek sê vir julle: die hemel en aarde, wat julle nou sien, sal eenmaal verbygaan; maar My woorde sal bly tot in ewigheid! Dit is nou My mening!”

[9] Toe die Fariseër dit van My hoor, weet hy nie wat hy My daarop kon antwoord nie; die Romeine het egter heimlike leedvermaak, omdat Ek deur My woorde ingestem het met die opvatting van Markus, maar buitengewoon ingrypende veranderinge in die opvatting van die Skrifgeleerde aangeraai het. Die Fariseërs merk dit egter en vererg hulle heimlik, hoewel hulle niks daarvan laat blyk nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205