Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die lieflingspys van die Heer

93 En Lasarus sorg onmiddellik vir alles. Toe daar weer brood en nuwe wyn op tafel geplaas word en ons iets daarvan neem, kom Martha My vra, wat Ek die liefste vir aandete sou eet.

[2] Ek sê: “Kyk net, My liewe Martha! Die mense wat My woord hoor en daarvolgens lewe is My liefste voedsel en ook My liefste drank! Het julle hierdie woorde nou goed begryp?”

[3] Op `n enigsins angstig verblufte toon sê Martha nou: “Maar Heer en Leraar, U wil tog nie sê dat U mensvleis wil eet nie?”

[4] Ek sê: “Wel, My liewe vriendin, jy is nog nie so diep deurdronge in die dinge van die gees nie! Bedoel Ek nou voedsel vir die gees of voedsel vir die liggaam, as Ek sê dat die mense My lieflingsvoedsel en My lieflingsdrank is, wat My woord hoor, dit ter harte neem en daarvolgens lewe en handel? Ek sê jou en ook almal wat hier is: die mens leef nie alleen van brood en wyn nie, maar veeleer van elke woord wat uit God se mond kom, as hy daarvolgens handel; en sodoende is God se woord `n uiterste voortreflike voedsel vir die hele mens, terwyl die brood van hierdie aarde maar net sy sterflike liggaam voed en tewens nie sy siel en sy gees nie. 

[5] Maar soos God ook deur die woord die hoofvoedsel is vir die algehele mens, so is dan ook die mens wat God ken, Hom bo alles liefhet en Sy wil doen, eweneens `n goeie en baie verkwikkende spys vir die ewige liefde in God. Wanneer julle dit nou begryp het, mag julle ons vandag as aandete `n goeie gereg van welbereide visse op die tafel sit!”

[6] Martha sê: “O Heer en Leraar, nou het ek goed begryp dat U so pas maar net geestelike voedsel en `n geestelike drank bedoel het, en ek dank U van ganser harte vir U groot geduld met My; maar aangesien U ook U verlange na `n goed bereide gereg van edel visse uitgespreek het, moet ek U nou wel eerlik beken dat die vis voorraad juis vandag heeltemal op is. By die middagmaal was alles wat nog daar was, opgeëet en U versoek het my nou in groot verleentheid gebring. Wat moet ek nou doen?”

[7] Ek sê, met `n vriendelike gesig: “Ja, My liewe Martha, dit is inderdaad `n enigsins vervelende geskiedenis! Waar moet jy nou soveel edel visse vandaan kry sodat dit voldoende sal wees vir ons almal?”

[8] Martha sê, nog meer verleë as voorheen: “O Heer en Leraar, dit weet ek werklik nie; maar U kan My wel raad gee en help!” 

[9] Ek sê: “Ja, dit sou Ek sekerlik kan doen, wanneer jy dit eg en vas sou glo!”

[10] Martha sê: “O Heer en Leraar, ek glo immers alles! U is immers die ewige liefde en waarheid self en wat U sê en wil, gebeur ook altyd verseker en gewis!” 

[11] Ek sê: “Gaan dan maar eers in die vywer kyk wat hulle uit `n groot klip uitgehol het, in julle kombuis, wat altyd deur `n stromende fontein gevoed word, dan sal jy daar soveel visse vind dat dit voldoende sal wees vir vandag en môre!”

[12] Na hierdie woorde van My, haas Martha haar saam met haar suster Maria en begelei deur Maria van Magdala na buite na die groot kombuis, waar hulle die vywer vol met die beste visse uit die Jordaanrivier aantref en hulle verbasing daaroor was groot. Hulle kom vinnig weer terug en vertel die wonderwerk aan elkeen en aan hulle dankbare verbasing kom bykans geen einde nie.

[13] Maar Ek sê vir Martha: “O, verbaas jy jou maar nie te veel daaroor nie, want Ek het immers al baie tekens voor julle oë gedoen; gaan nou maar berei `n goeie aandete vir ons!” 

[14] Toe Ek dit gesê het, haas Martha en ook Maria die kamer uit na die kombuis en stel daar alles in bedryf, sodat die aandete in `n uur se tyd uitstekend berei is. Dit was egter `n deur sterre verligte aand en in die weste was nog die laaste strale van die ondergaande son te sien, wat ons goed deur die oop vensters kon waarneem, en die Romeine uiter spesiaal die wens om nou `n wyle in die ope lug aan My sy die sterrehemel en verskillende verskynsels van die aand te bekyk en gade te slaan. 

[15] En Ek sê: “Goed, laat ons dan `n uur lank na buite gaan, daar sal baie te sien, waar te neem en te ontdek wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205