Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Dit ontstaan van die wind

96 Ek sê: “Wat jy My nou wil vra weet Ek al, daarom wil Ek jou die stel van die vraag bespaar en jou dadelik met die antwoord op jou vraag tegemoet kom.

[2] Kyk, die wind, wat nou taamlik koel begin waai, het die vraag in jou opgeroep! Jy sou graag wil weet waar die wind oorspronklik vandaan kom en waar hy heengaan; maar dit is vir jou moeilik om te begryp, ook al is dit vir My baie maklik om dit vir jou te sê.

[3] So verneem ook baie mense die waai van die wind, maar hulle weet nie waar hy oorspronklik vandaan kom en waar hy heengaan nie, en nog minder vat en verstaan hulle waar die geestelike wind in hulle hart vandaan kom en waar dit heen gaan. Daarom is hulle dan ook steeds vol onbegrip in hulle hart en ken hulle nie eens hulle siel en nog minder die gees daarin nie, en My as die oer- en hoofwind van die lewe kan hulle glad nie ken nie.

[4] Kyk, niks in die materiële skepping kan ontstaan en voortbestaan sonder `n geestelike grondslag nie, en so kan ook die wind, wat nou waai, dit verseker ook nie doen nie! 

[5] Ek het julle al op die Olyfberg `n aanwysing gegee en by `n ander geleentheid `n nog uitvoeriger aanwysing aan My leerlinge dat hierdie aarde net soos elke ander hemelliggaam `n dierlik-organiese lewe het en sodoende ook al die natuurlike verrigtinge en verskynsels van die organies-dierlike lewe te siene gee. Ten eerste moet sy gevoed word, en wel soos byvoorbeeld ook `n groot dier. En omdat sy `n dierlike lewe het, moet sy ook `n soort hart, longe, milt, lewer, niere, maag en, kortom, op analogiese wyse al die ingewande hê, wat ook by `n volmaakte dier nodig is om te lewe. En as die aarde dit alles in haarself het, spreek dit ook vanself dat daar aan die oppervlakte alle moontlike uitinge van haar inwendige organiese-dierlike lewe deur julle bewoners van die oppervlak van die aarde, waargeneem sal word.

[6] Die aarde haal dus ook asem, en wel al om die ses uur. Ses uur het sy nodig om in te asem en ses uur om uit te asem. Wel nou, die in- en uitasem word op die hele aarde waargeneem, en wel vier keer, deur middel van `n periodieke wind wat, hoewel dit vir die hele aarde op dieselfde tydstip voortgebring word, aan die oppervlakte nie gelyktydig waargeneem kan word nie. Want vanweë die daaglikse draai van die aarde om haar as en wat deur hierdie beweging van die aarde steeds wisselende stand van die son bo die aarde, kan dit van die ooste tot aan die weste nie gelyktydig middag of môre, aand en middernag wees nie.

[7] Baie ver hiervandaan in die ooste is dit nou al middernag, en baie ver in die weste, byvoorbeeld in die lande waarvan Ek julle vroeër gesê het dat hulle aan die anderkant van die groot oseaan lê, sal dit nou so rondom die middaguur wees. Kortliks: op die hele omtrek van die aarde is nou byvoorbeeld alle ure van die dag verteenwoordig, en so kan `n lewensuiting van die aarde nie op één en dieselfde uur van die dag waargeneem word nie, ook al vind dit vir die aarde op één en dieselfde oomblik plaas.

[8] Die wind wat nou waai is afkomstig van so `n asemhalende lewensuiting van die aarde. Maar julle moet julle dit nie so voorstel, asof die aarde `n mond of `n neus het en dat dit deur hierdie organe uitgestote asem nou miskien vanaf die noord- of die suidpool hier aangekom het nie. Nee, dergelike winde ontstaan veeleer maar net, deurdat die aarde wanneer sy inasem wyer word, wat in die besonder voelbaar is onder die seë, wat haar meer swakker deel is, hierby neem haar omvang sodanig toe dat die see oral enkele handbreedtes styg en by die uitasem, waarby die aarde weer kleiner word, saamtrek, daal die see weer net soveel as wat hy gedurende die inaseming opgestyg het. En kyk, die daling en styging van die seespieël bring dan ook die periodieke beweging tot stand van die atmosferiese lug wat die aarde omgewe en wat julle nou as wind waarneem! Want wind is niks anders as maar net `n dikwels meer of minder heftige strominge van die lug; ook die heftigste stormwind is niks anders nie. Maar die oorsake waardeur die lug tot strominge gebring word kan verskillend wees; om dit alles op te noem en presies te beskryf sou verskeie dae daarvoor nodig wees.

[9] Dat winde wat uit die noorde kom, koud is, en winde wat uit die suide kom, warm is, word veroorsaak deur die klimatologiese omstandighede. In die noorde van die aarde is dit koud, omdat daar soveel sneeu en ys is, en daarom kan ook geen warm wind daarvandaan kom nie. Na die suide toe word dit, deurdat die sonstrale meer loodreg op die aarde val, steeds warmer en aan die ewenaar van die aarde selfs bloedig, soos julle ook reeds uit ervaring weet, en daarom is die uit die suide komende winde dan ook warm; in die groot sandwoestyne word dit deurgaans versengend warm. In die eintlike en diep suide word die suidewind vanweë die aanwesige poolys en die sneeu ook weer baie koud, net soos die noordewinde dit hier op die noordelike halfrond is.

[10] En daarmee, vriend Markus, is hierdie verklaring van die natuurlike oorsaak van die ontstaan van die winde voorlopig voldoende; meer hieroor sal jou eie gees jou op die regte tyd meedeel, asook aan elkeen wat in die gees wedergebore word.

[11] Maar dat daar op die agtergrond geeste aan die werk is by alles wat daar op die aarde en ook op alle ander hemelliggame gebeur, het Ek al vir julle getoon, en daarom kan ons hierdie verklarings nou beëindig.

[12] In latere tye sal daar egter maar al teveel ondersoekers van alle natuurverskynsels opstaan en alles afweeg en goeie berekeninge maak, en dit sal vir die bestry van baie verkeerde idees en die vernietiging van die swart bygeloof seker goed en nuttig wees; maar tog sal baie van dergelike ondersoekers dermate ver afdwaal dat hulle die geestelike standpunt heeltemal sal kwytraak en in die dooie materie sal rondswerf, en dit is dan ook nie meer iets goeds nie.

[13] `n Mens moet weliswaar van alle dinge en verskynsels die ware oorsaak sien; maar hy moet dit vanuit sy lewende gees ontvang, sodat hy alles in die gees en in die volle waarheid sien en derhalwe die geestelike lewensgrondslag nie daarby verloor nie. As die mens met sy insig op die standpunt staan, kan hy sy medemens met sy lesse oor alle moontlike dinge en gebeurtenisse werklik en eg van nut wees, maar as suiwer natuurkundige kan hy meer kwaad as goed doen; want wat sou dit `n mens baat as hy alle dinge ter wêreld sou besit en begryp, maar daarby skade sou ly aan sy siel? Sou dit vir hom in die ander wêreld dan tot enige nut wees?” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205