Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die materialistiese ondersoek van die natuur

97 (Die Heer:) “Kyk, by die ou Egiptenare het daar ten tye van die latere farao`s ook `n aantal suiwer uiterlike natuurondersoekers en natuurkundiges bestaan, en nou nog vul die werke wat hulle geskrywe het, groot sale en kaste en planke! Julle sou verseker `n paar eeue daarvoor nodig hê om al die boeke en rolle en tablette deur te lees. Kyk, die siele van die natuurkundiges sit ook aan die ander kant hulle ondersoeke en soeke voort, val van die een dwaling in die ander, laat hulle deur geen engel iets leer nie en bly in hulle waan en soek die oergrondslag van die krag maar net in die materie, wat vir hulle so goed as heeltemal nonbestaande nie; want hulle eindelose geswoeg vind maar net plaas in hulle skynmaterie, wat uit niks anders bestaan as slegs uit hulle vlugtige en baie wisselvallige inbeelding en fantasie nie!

[2] Dat dit met die siele so gestel is, kan julle wel van My aanneem; maar dan vra Ek: Wat se lewensnut het dit vir hulle opgelewer? Kyk, heeltemal geen; want solank as wat hulle in hulle waan volhard, kan daar vir hulle tog sekerlik nooit enige lewensheil opbloei en tot `n ryp vrug word nie! Daarom dien ook hier `n louter navorsing in die dinge van die natuur maar net in sover `n verbygaande aardse nuttige doel, waar hulle daaruit dinge vir die mens kan ontwikkel wat vir wêreldse doeleindes te gebruik is; maar al die baie uitvindinge, wat in die toekoms nog deur die natuurkundiges ten uitvoer gebring sal word, sal net solank die stempel van onvolmaaktheid dra as dit nie deur sulke mense uitgevoer word, wat die krag van die natuur van die materie alleen vanuit die verligtende en waaragtige geestelike grondslag leer ken het nie en daardeur ook ware heersers oor die algehele natuur is, waarvan julle `n voorbeeld gesien het by die sewe Egiptenare.

[3] Maar mense wat dit eenmaal ver gebring het in die ware kennis van homself en van die hele natuur en haar krag, sal iets baie anders en beter as aardse dinge kies as die vervaardiging van allerlei kunsmatige en materiële nuttige dinge, masjiene en produkte; want geestelike mense sal altyd boonop daarna strewe om steeds nader aan My te kom en hulle die volheid van die ewige lewe hulle eie te maak. Want slegs dit kan vir die ware denker en siener `n reële waarde hê, omdat dit `n ewige besit is, maar alles van hierdie wêreld maar net vir sover dit hom behulpsaam kan wees by die bereik van die groot hoofdoel.

[4] Maar vir die een wat nou sê: “Kyk, ek besit baie goedere, en groot skatte bring allerlei nuwe en knap dinge ten uitvoer; want ek sorg dat ek vakmanne uit alle windstreke kry wat in staat is om allerlei dinge te maak!”, sê Ek op My beurt: Hoe lank sal jy dit eintlik nog alles joune kan noem? Kyk, môre al kan jou siel uit jou liggaam geneem word, en wat sal sy dan saamneem van alles wat jy nou nog joune kan noem? Ek sê vir jou: Enkel en alleen die waaragtige goeie wat jy op hierdie wêreld vir `n ander gedoen het! Maar as jy dit nie gedoen het nie, dan sal die baie goedere, skatte, kosbare dinge wat hier agtergelaat is, aan die ander kant `n hoë en moeilik oorkombare skeidingswand vir haarself vorm tussen My ryk en haar wese, omdat daar aan haar kant baie gekerm en tandegekners sal wees. 

[5] Laat elkeen van julle dus veral die ware ryk van God en sy geregtigheid soek, wat bestaan uit die ware en lewende liefde tot God en uit die daadwerklike liefde tot die naaste, en al die ander sal, as dit nodig is, as `n vry gawe daaraan toegevoeg word.

[6] Laat die winde waai en die wolke hulle weë gaan en moenie vir alle natuurverskynsels op hierdie aarde meer aandag hê as vir die van die innerlike lewe nie; want die vrugte vir die ewige lewe sal slegs uit die laasgenoemde voortkom. En nou het ons ook oor die punt voldoende gespreek, en julle sal My ook begryp het.” 

[7] Markus sê: “Ja, Heer en Leraar, wat U nou gesê het, het ons almal sekerlik begryp, en U het in U onderrig nogmaals duidelik gemaak dat U die enigste Skepper, Heer, Instandhouer en Bestuurder is van alle dinge in die sintuiglike waarneembare wêreld en in die geesteswêreld. Ek is U opnuut vir ewig alle dank daarvoor verskuldig. Nou weet ons vir eens en vir altyd duidelik wat se voorkoms ons aarde het, wat sy is en hoe sy ingerig is. 

[8] Weliswaar het ons ook op die berg en met die grootse uiteensetting van die ses skeppingsperiodes, die aarde wel baie skitterend deur U uitgelê gekry; maar nou het ons van haar teenwoordige gesteldheid `n baie duidelike en korrekte voorstelling gekry, en dit is vir ons ook van groot belang. Ons sal dit nou met verloop van tyd en deur ons invloed op die onderwys aan die jeug wel sover bring dat mens die aarde nie meer sal beskou as `n groot sirkel met lande nie, maar as `n groot bal, en dat die dag en die nag tot stand kom deurdat die son daagliks om die aarde sirkel, maar net omdat die aarde selfstandig draai om haar as deur haar middelpunt, in `n tyd van 24 - 25 van ons ure. O, dit is `n baie groot voordeel vir ons ware onderwys; ons sal ook alle moeite doen om daarvoor te sorg dat ons kinders in die eerste instansie in alle opsigte `n so waar as moontlik onderwys sal kry.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205