Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die filosofiese vraag van die kommandant

10 Nouliks het Ek dit vir Ebal gesê, of die kommandant staan onmiddellik op van sy stoel en kom met `n vriendelike gesig na My toe. Toe hy by My kom, sê hy: “Groot en magtige Heer op die misterieuse gebied van U kuns en wetenskap, waardeur U alle geheime kragte van die natuur aan U onderwerp, ek het julle gesprekke met gespanne aandag beluister en daaruit afgelei dat julle almal tot die Judese godsdienstige kultus behoort, wat baie goeie, maar daarnaas baie slegte dinge bevat, waaruit dit langsamerhand die baie misbruike van julle priesters in nog baie erger mate ontwikkel as die by ons heidene, soos wat ons deur julle regsinniges genoem word.

[2] Maar hoe dit ookal sy, U, magtige Heer, skyn baie dieper ingewy te wees in julle godsdiens as die origens ook baie wyse Ebal?! Ek begryp net nie wat U daarmee wou sê toe U sê dat U alleen die grondbeginsel van alle bestaan, lewe en voortbestaan is nie! U sou die waarheid en die ewige lewe wees; wie in U glo en U liefhet, sou nooit die dood sien, voel en smaak nie. En so sou U ook daardie een wees wat die siele op die jongste dag tot die ewige lewe sal opwek, en nog meer van dergelike dinge.

[3] Is dit alleen maar U wyse manier van spreek, of is U self daardie geheimsinnige “ek”, wat homself aan ons mense aanbied as die grondslag van alle wesenlikheid, lewe en bestaan? Ek is geen leek in die ou Griekse wysheid nie, en U sou met my ook goed kan spreek vanuit U wysheid, wat ek nou graag van naderby sou wil leer ken!”

[4] Ek sê: “Kom sit saam met jou twee ondergeskiktes aan hierdie tafel; en ons sal sien hoe ver julle gebring kan word!”

[5] Hierop roep die kommandant dadelik sy twee ondergeskiktes na ons tafel.

[6] Toe hulle by ons kom, sê Ek vir die kommandant: “Sê nou eerlik wat jy van My wil weet! Maar praat nie oor dit wat Ek netnou net met vriend Ebal bespreek het nie; want jou verstand sal dit bevat nie!”

[7] Toe die kommandant dit van My hoor, raak hy in `n groot verleentheid, en hy weet nie wat hy My eintlik moes vra nie. Na `n oomblik se nadenke sê hy: “Volmaakte magtige Heer, in welke skool, wat ek vas en seker nie ken nie, is U eintlik opgelei?”

[8] Ek sê: “In My hoogste eie skool, en wel sedert ewigheid; want voor daar nog enige bestaan was in die eindelose ruimte, was Ek daar wat My mees innerlike Gees betref en Ek het die ewige oneindigheid gevul!”

[9] Toe die kommandant dit hoor, kyk hy My verbaas aan en sê: “Is U innerlike dan groter as U uiterlike? U praat wartaal! Hoe moet ons dit begryp? Wat bedoel U daarmee?”

[10] Ek sê: “Die volle waarheid; maar omdat daar in jou tot nou toe nog geen waarheid is nie, kan jy hierdie vernaamste waarheid ook nie begryp nie. Maar luister, Ek sal meer aan jou onthul!

[11] Kyk, in die begin van elke begin en voor die bestaan van elke bestaan was die Woord! Die Woord was by God, want God Self was die Woord, en alles wat daar is en wat die eindelose ruimte vul, waaroor julle wyses al gespreek het, is deur die Woord geskape en sonder die Woord is daar niks geskape nie.

[12] Die ewige Woord het nou vanuit Homself vlees aangeneem en het nou as `n mens na Sy mense in hierdie wêreld gekom, en Syne herken Hom nie! En jy is ook `n mens en herken die ewige Woord nie in My nie, omdat jy blind van hart is. - Het jy dan nie die profete van die Judeërs gelees nie?”

[13] Die kommandant sê: “Gelees het ek hulle wel, net soos baie ander dinge; maar wie kan dit begryp? Julle priesters begryp dit nie; hoe sou ek as Romein dit moet begryp? Dit is net so onbegryplik geskrywe soos U nou vir my oor Uself gespreek het!

[14] Ek sien goed dat ek nooit duidelikheid by U sal kry nie; laat ons, as U dit goedvind, liewer oor ander dinge praat! Sê my tog, wonderlike, oppermagtige Heer, in watter land is U eintlik gebore, en tot watter volk behoort U, wat U liggaam aanbetref!?”

[15] Ek sê: “Kyk - hier naas My sit die moeder van My liggaam; praat met haar daaroor!”

[16] Daarop wend die kommandant hom tot Maria, en sy vertel hom baie omstandig en uiters presies alles, vanaf haar ontvangenis tot aan My twaalfde jaar, en hoe wonderbaarlik alles steeds met My was.

[17] Die verhaal laat die drie Romeine erg verstom staan, en hulle weet nou nie wat hulle eintlik van My moes dink nie. Want hulle glo lankal nie meer in hulle gode nie, en nog minder in die God van die Judeërs; hulle leef volgens die leer van die Epicurus, (lui lekker lewe) en `n Godheid was vir hulle `n onding. Maar nou ontdek hulle goddelike eienskappe aan My, en hulle weet nie hoe om dit te verenig met iemand wat volgens hulle mening ook net maar tydelik as mens leef en bestaan nie.

[18] Daarom vra die kommandant My: “Groot Heer en Majesteit! Sê my nou of U, wat U liggaam aanbetref, ook sal sterwe, en of U ewig sal voortlewe?”

[19] Ek sê: “Nog maar `n klein tydjie - en dan sal Ek, soos wat Ek nou is, weer daarheen terugkeer waar Ek vandaan gekom het, en die wat Myne is, sal vir ewig by My wees.”

[20] Die kommandant sê: “Wie is hulle wat U U s`n noem, en waar is die plek waarheen U binnekort na sal terugkeer?”

[21] Ek sê: “Myne is diegene wat in My glo, My liefhet en My gebooie hou; die plek is egter nie soos wat die plekke op hierdie aarde is nie, maar dit is die ryk van God, wat nou deur My onder die mense en in die harte van die mense gevestig word.

[22] Die ryk van die ware, ewige lewe bereik mens nie langs die breë heerweë van hierdie wêreld nie, maar alleen langs `n baie smal pad, en dit heet deemoed, geduld, selfverloëning en uit alle bekoringe van hierdie wêreld uitgaan, en volledige oorgawe aan die wil van die een, enige ware God.”

[23] Die kommandant sê: “Waar kan mens te wete kom wat God wil hê, en hoe lui U gebooie eintlik, wat die wat U s`n is, moet hou?”

[24] Ek sê: “My wil is God se wil en My gebooie is God se gebooie. Wie My wil doen en dus My gebooie hou, wandel op die goeie weg na die ryk van God! Jy kan dit ook doen, dan sal jy ook op die korrekte weg na God se ryk wandel!”

[25] Hierop staan die kommandant van sy stoel af op, loop na een van My leerlinge en vra hom hoe hy oor My dink.

[26] Hy sê: “Ons dink alles van Hom wat Hy jou self gesê het! Hy is die Heer, en ons is Sy leerlinge. In Hom woon die volheid van God; buite Hom is daar geen God nie!”

[27] Met hierdie woorde verlaat die kommandant die leerlinge en begeef hom weer na My.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205