Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die bedenkinge van die kommandant oor die skoonhede van die natuur

101 Daarop gaan die priester na sy kollegas, wat al met vurige verlange op sy terugkeer wag. Toe hy by sy kollegas kom, vertel hy hulle alles wat hy gesien en meegemaak het, en hulle staan volkome verbaas.

[2] En een van hulle, `n ou Griek, sê: “Wat het ons verder nog nodig? Die man is `n God; ons sal doen wat Hy voorgeskryf het, en ons sal lewe.”

[3] En so word die heidense priesters in die stad Afek in hierdie aand My leerlinge, en hulle lê die volgende dag by My hulle belydenis en hulle gelofte af.

[4] Ons begewe ons na die vertrek van die priester egter ter ruste en rus goed tot die oggend.

[5] Soos altyd bevind Ek My ook hierdie keer met My leerlinge en die kommandant al ruim `n uur voor sonsopgang buite; en omdat dit `n baie helder oggend was, geniet ons vanaf `n heuwel buite die bergstad `n buitengewone mooi uitsig en menige verrassende mooi oggendskouspele.

[6] Terwyl die kommandant en ook ons herbergier naas My heeltemal verruk die mooi natuur bewonder, sê die kommandant na `n tydjie van salige bewondering vir My: “Heer en Majesteit, dit is die mense nouliks kwalik te neem dat hulle langsamerhand die wêreld gaan liefhê en ten slotte selfs goddeloos begin te word; want wat die mens met al sy sintuie waarneem in sy aanvanklike duidelik natuurlike toestand, neem hulle met `n dikwels onweerstaanbare mag gevange, en selfs die mees geestelike leringe en woorde kan hulle nie van vandag tot môre verlos van die boeie wat die tallose bekoringe van die wêreld vir hulle aangelê het nie. Soos wat die oggend vandag met tallose bekoorlikhede versier is, was dit seker al tallose kere gewees. En dat die mense by die aanblik van sulke skoonhede tot allerlei merkwaardige fantasieë gekom het, is vir my nou baie goed te begryp; en dat hulle hulleself steeds meer daarin verdiep het en wortel geskiet het, kom ook deur die mooi en steeds wisselende beeld van die natuurlike landskap.

[7] Om hulle heeltemal van alle bekoorlikhede van die wêreld te kan terugtrek, het `n mens wel `n hoogste graad van heldhaftige selfverloëning nodig.

[8] Ek stel myself nou voor dat mense wat nie in sulke bekoorlike streke van die aarde woon en lewe nie, vir suiwer geestelike en derhalwe bonatuurlike waarhede waarskynlik ontvankliker is as mense wat inwoners van `n pragtige land is.

[9] Ek kyk alleen maar na die ou, uiters treurige oggende in Egipte. Solank die mense hulleself nie deur hulle vlyt gekultiveer het nie, was daar `n groot aantal geestelik gewekte mense; maar sodra die vlyt van die mense die steriele natuur van die groot land baie begin verfraai het, verloor hulle hulle geestelike ingesteldheid ook steeds meer en neem die natuurlike gesindheid maar al te gou die oorhand. Daar ontstaan allerlei afbeeldinge en daaruit allerlei gode, en die gees van die mens, wat sy grootste lewensgoedere is, gaan heeltemal verlore; en Moses self moes die al te sinlik geworde volk Israel byna veertig jaar in `n onherbergsame en in `n natuurlike opsig, gladnie die mooiste woestyn nie, vashou om hulle ontvanklik te maak vir die innerlike goddelike-geestelike.

[10] Ek is derhalwe ook van mening dat hierdie aarde vir `n groot deel eintlik tog te bekoorlik en mooi is vir die geestelike ontwikkeling van die mens.

[11] My geval hierdie oggend natuurlik onbeskryflik goed; maar ek voel ook wat vir `n betowerende magtige indruk dit moet maak op `n gesonde, jong gemoed.”

[12] Ek sê: “Jy het aan één kant wel gelyk, maar aan die ander kant nie! Want as Ek die mense nie sodanig uitgerus het, dat hulle as gevolg van hulle vrye wil, hulle insig en hulle verstand vir hulleself moes ontwikkel en My Gees in hulleself moes soek nie, het Ek hulle ook wel as poliepe in die duistere afgrond van die see kon laat rus. Maar so kan dit nie wees nie, omdat die mens `n volkome vry wese is en homself moet ontwikkel.

[13] Kyk, hierdie hele groot en mooi wêreldse natuur is daarom vir die mens uiters noodsaaklik vir die ontwikkeling van hulleself; want sonder die natuur sou dit met sy denke, gevoel en belewenis baie maer daaruit gesien het en sou hy hom nie ver bokant die ryk van die diere verhef het nie! Maar omdat die aarde so buitengewoon veelvoudig met allerlei skepsels toegerus is, moet die mens dit nou eenmaal met `n verwonderde welgevalle begin beskou, en vanuit die beskouing en vergelyking van die verskillende dinge in alle ryke van die natuur van hierdie aarde en so ook van die steeds wisseling van dag en nag en die verskillende jaargetye en ook van die sterre aan die hemel kom die mens noodgedwonge tot steeds dieper nadenke en begin hy daardeur ook die fundamentele oorsaak van al die bestaan van so tallose baie dinge te soek en na te vors. En as die mens deur sy eie werksaamheid eenmaal so ver gekom het, kom Ek hulle ook tegemoet en openbaar Ek My steeds meer en steeds duideliker aan hulle.

[14] Daarom, My vriend, is dit baie goed dat die aarde, waarop die mense geroep is om God se kinders te word, in alle opsigte so mooi en buitengewoon met verskeidenheid toegerus is!

[15] Maar natuurlik moet die mens hierdie mooi wêreld nie met teveel liefde in hom opneem en met al sy sintuie daaraan hang nie; want daardeur word hy materialisties in sy siel en verwyder hy hom steeds verder van wat hy moet nastrewe, en word hy blind, duister en sleg in die kort lewe van sy beproewing van sy vrye wil.

[16] Hoe moeilik sulke mense op die korrekte baan van die lewe te bring is, dit leer die ervaring van alle tye, en jyself het al baie ervaringe daarmee opgedoen en sal nog baie opdoen.

[17] Maar nou kom daar enkele priesters na ons toe met diegene wat Ek gister onderrig het, en hulle wil sien en te wete kom wat se persoon Ek eintlik is; want die priester wat Ek al onderrig het, het by hulle `n liggie ontsteek en hulle gedwing om diep na te dink. Ons sal die soekers daarom na ons toe laat kom en hulle laat vind wat hulle soek, naamlik die waarheid van die lewe!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205