Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die versoek en die belofte van die priesters

102 Terwyl Ek met die kommandant daaroor spreek, het die priesters al by ons aangekom en begroet ons vriendelik.

[2] Daarop sê hulle wat al deur My onderrig was, vir hulle metgeselle: “Kyk, daar staan die groot en verhewe Wonderman, na wie se wil alles in alle gehoorsaamheid hulle moet voeg en in wie se woorde die diepste waarheid en wysheid heers! Daarom kom van ons af, aan Hom ook alle eer, alle prysinge en alle lof toe!”

[3] Ek sê: “Vriende, Ek het nie in hierdie wêreld gekom om My deur die mense te laat eer, prys en loof nie, maar met die bedoeling dat alle mense deur My en in My, Hom terugvind en herken wat julle deur julle eie skuld kwytgeraak en geheel en al misken het, en dat julle Sy wil leer ken en daarvolgens handel en lewe. Wie My werklik wil eer, prys en loof, moet My leer aanneem en daarvolgens handel en lewe!

[4] Maar solank julle jul yster, klip en hout afgode vereer, sal julle die ware lewenslig uit God nie bereik, Hom nie in My herken en derhalwe ook geen deel hê aan Sy ryk nie, wat in My uit die hemele nou op hierdie aarde gekom het.”

[5] Hierop sê een van hulle, wat nog sterk aan die veelgodery hang: “Dit sal alles wel klop wat U sê, en ons sou, wat ons betref, met ons gode ook wel gou gedaan wees; maar wat sal die volk dan doen, en wat sal hulle vir ons sê, aangesien ons diegene was wat met alle oortuigingskrag en ook met allerlei tekens die volk die gode as werklik bestaande aangeprys en hulle aangepor het om hulle te vereer? Die volk hang nog sterk aan dit wat hulle van kindsbeen af hulle eie gemaak het, en dit sal moeilik wees om dit wat hulle gehad het, heeltemal te ontneem en in die plek daarvan iets anders en beters te gee.”

[6] Ek sê: “Dit hang alles af van wat julle wil! Selfs `n kind begryp die waarheid eerder as iets wat vals en derhalwe `n leuen is; `n volwasse mens sal daarom die waarheid ook nog des te makliker begryp en dit met liefde hulle eie maak. Dit kom nou dus maar net daarop aan wat julle wil, en dan sal My wil julle help om in My Naam `n goeie werk tot stand te bring.

[7] Maar verwag van My geen dwang nie; want wat My aangaan, het elke mens `n volkome vrye wil en kan doen wat hy wil. Maar wee diegene wat later die waarheid wel herken het, maar tog ter wille van wêreldse voordeel dit uit hulleself verban het, wat nie volgens die grondbeginsels daarvan gehandel het nie, maar dit uiteindelik nog met vuur en die swaard vervolg het. Werklik, vir hulle sou dit beter gewees het as `n meulsteen om hulle nekke gehang word en hulle in die see verdrink word, daar waar dit op die diepste is!

[8] Dat julle gode en julle deur mensehande vervaardigde afbeeldinge niks voorstel nie, en die manier waarop julle daarna kyk nog duisendmaal minder, dit is duidelik; want wat daar volgens die ou leer in ooreenstemming nog enige innerlike, geestelike lewende betekenis het, is al sedert `n baie lank tyd in die digste en duisterste onsin gehul en het daarmee ook in die grofste leuen verander.

[9] As Ek julle nou opnuut die volle waarheid oor die een, enige ware God bring en julle Sy wil bekend maak, gee ook die volkome betekenislose afgode op en verwyder hulle beelde - en neem die waarheid aan!

[10] En as julle dit aangeneem het, gee dit ook aan hulle wat al baie lank daarna honger en dors, dan sal hulle daardeur nie julle vyande word nie, maar net julle egte vriende; want as hulle julle nie vervolg het toe julle hulle louter slegte dinge onderrig het nie, dan sal hulle julle des te minder vervolg wanneer julle hulle in My Naam goeie dinge sal gee vir die aardse lewe, maar meer nog vir hulle lewe aan die ander kant.

[11] Maar hoe Ek heet en wie Ek eintlik is, dit sal julle alles weldra te wete kom.”

[12] Hierop sê een van die heidense priesters: “Luister, wonderbaarlike Heer in die krag van U wil en woord! Gister het U kort na U aankoms in ons herberg alle siekes by die herbergier genees, van welke daad ons baie gou volledig op hoogte was en waarvan ons nou ook glo dat dit alleen moontlik is om so-iets te doen met die sekere hulp van `n ware God. Dat U sulke hulp steeds kan verwag is maklik voor te stel en ten slotte ook te begryp; en aangesien dit by U sekerlik die geval is, sou ons nou graag wil dat U ook hier `n teken van die mag van U woord en wil aan ons laat sien! As ons ook `n bewys daarvan het, sal ons vandag nog al ons gode vernietig en in die tempel van Zeus aan die een, enige ware God `n offer bring op die manier van Moses en Aaron.”

[13] Ek sê: “So `n offer het die een, enige ware God nie net van die Judeërs nie, maar van alle mense, skepsels en dinge waarlik nie meer nodig nie. In al die offers was, in die innerlike, suiwer geestelike betekenis, alleen Ek Self uitgebeeld en die Godsryk, wat Ek nou nie vir vlees en bloed, maar vir die siele en die gees van die mense op hierdie aarde vestig.

[14] Maar as Ek nou Self voor iedereen se oë hier onder julle mense rondwandel, dan is die Skrif vervul en is daar verder niks meer nodig wat My sou moet uitbeeld op `n wyse wat met My ooreenstem nie.

[15] Die nuwe, My welgevallige offer moet vir die hele toekoms enkel en alleen hieruit bestaan, dat julle mense in My glo, in My God bo alles liefhet en julle medemens soos julleself deur julle aan My gebooie te hou.

[16] Julle moet vir My geen tempels van hout, klip en van goud en silwer bou en My daar vereer met allerlei ydele, betekenislose seremonies nie, waarin Ek nooit enige welbehae gehad het en nooit sal hê nie; die egte tempel, waarin julle My moet vereer, moet julle harte wees wat My liefhet! Alleen die offer van diegene wat My in sy hart `n offer bring deur die werke van die liefde vir My en vir sy naaste, sal by My waarde hê, en Ek sal hulle beloon met die ewige en salige lewe in My hemele.

[17] Julle moet derhalwe ook geen feesdag of werklose rusdag ter ere van My instel nie; want elke dag is van My, en julle moet elke dag aan My dink en goed doen in My Naam.

[18] En as jy My om iets vra, sonder jou af in `n kamertjie en bid in die verborgene, en Ek sal julle bede verhoor - so spreek JaHWeH God Sebaot tot julle mense.

[19] Weg met alle tempels, afgode, met alle feesdae en met al die sinlose en waardelose seremonies; maar rig in plaas daarvan `n ware, aan My `n welgevallige tempel op in julle harte, en bring My offers van suiwer onbaatsugtige liefde! Maak die skade goed wat deur julle toedoen aan die arme, blinde en vir die merendeels deur julle verloënde en bedriegde mense berokken is, en julle sal die barmhartigheid van God deelagtig word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205