Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die wonderbaarlike oggendmaal

105 Nou kom daar `n bode uit die stad om ons mee te deel dat die oggendmaal gereedstaan; en van louter verbasing oor die totaal veranderde omgewing, kon hy egter nouliks `n woord uitbring. Daarom sê Ek vir die herbergier waarom hierdie man, wat ook `n dienaar van die huis was, wat deur My genees is, na ons toe gekom het, waarop ons onsself dadelik na die stad begewe. Die priesters volg ons te voet die stad in, omdat die liefde vir My, wat in hulle ontwaak was, hulle met alle geweld na My toe trek.

[2] Toe ons almal die huis van die herbergier binnekom en ook dadelik aan tafel gaan sit, sê die een hoofpriester vir My, toe hy sien dat Ek die oggendmaal tot My neem: “O Heer, Almagtige en hoogste Wyse! Dit is tog ook `n wonder dat U aardse voedsel tot U wil neem, aangesien immers alles wat op hierdie aarde voeding heet, ook `n werk is van U woord en wil! U sou hier tog ook kan sê: “Hierdie tafel word in alle reinheid met spys en drank uit die hemele gedek!”, en dit sou gebeur as U dit wil! Want kyk, ons heidense voedsel is in die oë van `n streng Mosaïse Judeër onrein, en tog eet U saam met U leerlinge na hartelus daarvan!”

[3] Ek sê: “Kyk, vir die reine is alles rein, en dus seker ook vir My! Waar Ek mense ontmoet wat vol goeie wil is en daardeur ook al vir die grootste deel rein van hart is, is ook hulle voedsel rein; want Ek Self reinig dit vir almal, en so word niemand daardeur verontreinig nie.

[4] Maar omdat jy al glo dat Ek deur My woord en My wil `n tafel met rein voedsel en rein drank vanuit die hemele kan laat dek en voorsit, kan jy aan die tafel hiernaas gaan sit, en dit sal gebeur soos wat jy glo!

[5] As die tafel straks met spys en drank gevul is, eet en drink sonder vrees en skroom; want sulke spys en drank sal julle versterk en baie moedig maak in die stryd teen die vors van die nag en van die leuen en die bedrog ten opsigte van heidene en Judeërs!”

[6] Hierop gaan alle priesters aan die genoemde tafel sit, wat op dieselfde oomblik met die fynste byssus (tafeldoek) gedek en van die benodigde eetgerei voorsien was. Die skottels staan egter nog leeg voor die verbaasde gaste en in die kristalbekers skitter nog geen wyn nie, en Ek sê vir die priesters: “Kyk, julle tafel is nou eintlik al voorsien van die suiwerste spys en die suiwerste wyn uit die hemele, wat julle weliswaar nog nie met julle oë kan sien en ook nie met julle tong kan proe nie; maar tog is dit alles al daar!

[7] Maar nou wil Ek die geestelike met die materie omhul, en daar sien julle al allerlei spyse en die beste wyn, en nou kan julle daarvan eet en die wyn drink”

[8] Nou weet die priesters heeltemal nie meer wat hulle moes dink nie, en hulle put hulle uit in die lofprysing en eer van My Naam.

[9] Daarna begin hulle te eet en kon die goeie smaak van die spyse, wat alles op Romeinse wyse voorberei was, nie genoeg loof nie, en ook vind hulle die wyn so buitengewoon voortreflik, dat hulle almal verklaar dat hulle nog nooit sulke wyn geproe het nie.

[10] Ons herbergier word ook baie begerig om iets van die wonderbaarlike voedsel van die tafel van die priesters te proe.

[11] Maar Ek sê vir hom: “Vriend, wees nie al te gretig daarna nie; want wat jy aan ons tafel eet, dit het een en dieselfde oorsprong, dieselfde smaak en dieselfde krag - want ook hierdie spyse is My woord en My wil.”

[12] Toe die herbergier dit van My gehoor het, sit hy sy nuuskierigheid van hom af weg en was ook so heeltemal tevrede.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205