Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die uitroei van die heidendom

106 Toe ons onsself voldoende met die oggendmaal versterk het, net soos die Romeinse priesters, bedank die priesters My luid vir hierdie wonderbaarlike maaltyd, en sê toe: “O almagtige Heer en enige ware God, ons glo nou almal sonder twyfel in U en het ook die vaste wil opgeneem om die orige heidene tot die geloof te bekeer; maar ons sien ook dat dit geen maklike werk sal wees nie, omdat veral die gewone volk nog sterk aan die heidense gode hang en hulle beeltenisse aanbid en vereer.

[2] Hier in hierdie stad sal nouliks `n huis te vinde wees wat nie heeltemal vol staan met beskermgeeste van die huis en duisend ander hele en halwe gode nie, waar vir `n deel ook die beskermgeeste van die huis aan behoort, as hulle as skutspatroon (beskermheilige) by die naam van `n familie behoort en as sodanig ook vereer word.

[3] Wel nou, om al die beelde van die duistere heidendom op één slag deur ons gesprekke en onderrig oor U uit die weg te ruim, sal ons wel baie swaar geval; vir U, o Heer, sou dit maklik wees, want U hoef dit maar te wil en dan sal al die onbeduidende afgodsbeelde in die hele stad, van welke materiaal waarvan hulle ookal gemaak is, op één slag nie meer aanwesig wees nie, en dan sou ons dit makliker hê om die volk op die korrekte weg van lig en lewe te bring.”

[4] Ek sê: “Dit sou Ek natuurlik wel kan doen, maar daardeur sou julle werk vir My en My ryk op hierdie aarde nie makliker, maar net baie moeiliker word; want `n erg verstokte en buitengewoon verduisterde gemoed en die vrye wil van die mense laat hulle nie so maklik deur nuwe tekens en wonders breek as wat julle dink nie. Want as My tekens, wat Ek in Jerusalem gedoen het, dit sou kon bewerkstellig, sou alle Fariseërs en skrifgeleerdes saam met die hoëpriester reeds by My gewees het en sou hulle My leerlinge gewees het; maar hulle was baie verduister en verstok, en haat en vervolg My oral as `n opruier en verleier van die volk.

[5] Ek sou ook die tempel en hulle drogmiddele* in één oomblik kon vernietig; maar dit sou die duister en verstokte mense nie in die minste verbeter nie, maar hulle nog hardnekkiger maak in hulle groot boosaardigheid. En daarom laat Ek die tempel nog `n rukkie staan en laat Ek die trots en die heerssug van hulle wat daar woon en van hulle vereerders sover kom, dat hulle hulle teen Rome sal rig, en dit sal die einde wees van Jerusalem, sy tempel en sy inwoners. *(naamlik van die Fariseërs en Skrifgeleerdes)

[6] Ook julle moet daarom by die origens goedmoedige inwoners van hierdie stad en omgewing die oue net so lank laat bestaan, totdat hulleself deur die lig wat hulle uit My gekry het, sover verlig raak dat hulle self insien dat hulle afgodsbeelde niks voorstel nie, en sal hulle as verligtes self aan die werk spring om die ou bedrieëry te vernietig. Want voorlopig is dit voldoende dat die afgode in die gemoed van die mense verwoes en vernietig word; as dit tot stand gebring is, volg die res vanself wel.

[7] Maar om eers met die vernietiging van die ou geloofsmonumente te begin, en daarna eers die buitengewoon ontstelde en geskokte gemoedere en harte met die nuwe lig te wil verlig, dit sou dieselfde wees as wanneer iemand sy ou huis heeltemal sou laat afbreek en verwoes, voordat hy `n tekening gemaak het van hoe die nuwe huis moes lyk.

[8] Waar moet hy intussen woon totdat die nuwe huis klaar is? Maar as hy die nuwe huis gebou het, sal dit maklik vir hom wees om die oue omver te gooi en dit te laat verdwyn.

[9] As Ek nou in één oomblik deur die mag van My woord en wil al julle afgodsbeelde sou vernietig, sou dit nog hierdie selfde dag onvermydelik `n volksoproer teweegbring, wat julle moeilik sou kan besweer, ook al sou julle oral in die hele stad nog so luid en skerp oor die groot toorn van die beledigde gode gaan preek; want die volk sou ten slotte baie kwaai vrae daarmee hê, terwyl hulle voortdurend dieselfde offer-bereidheid en deugsaamheid getoon het en soseer teen die gode gesondig het, dat selfs hulle beelde, wat die volk steeds hoog in ere hou, weggeneem is.

[10] Uiteindelik sou die volk julle van hebsug beskuldig, wat baie dinge van julle ken, en die mense sou sê: “Luister eens, priesters, nie die gode nie, maar julle het dit gedoen! Bring ons die gode terug, anders val julle ten prooi aan ons geregverdige toorn!”

[11] En kyk, onder sulke omstandighede sou julle My leer en die geloof in My moeilik onder die heidene kan verbrei.

[12] Bou dus eers `n nuwe huis vir hulle, dan sal hulle julle self help om die oue heeltemal te verwoes; wat die gode egter in julle woninge aanbetref, wat merendeels van edele metale soos goud en silwer gemaak is, smelt dit, verkoop die metaal en verdeel die geld onder die armes, wat julle sekerlik nie sal verag nie.

[13] My ryk, wat Ek nou op hierdie aarde vestig, is `n ryk van vrede en nie `n ryk van tweedrag, vervolging en oorlog nie; en so moet julle dit ook in vrede onder die mense verbrei en julle nie daarby van `n swaard bedien nie!

[14] As My leer egter eenmaal met die swaard onder die volkere verbrei gaan word, sal dit weldra baie ellendig daaruit sien op hierdie aarde. Die bloed sal in strome vloei, en alle seën sal op treurige wyse gekleur word. Wees daarom almal vreedsame arbeiders in My Naam, en vermy alle getwis en rusie! Werk alleen deur My liefde in julle harte; want in die liefde lê die grootste krag en mag verborge!

[15] Bedink dat julle heidendom weliswaar `n ou, verrotte en lewelose boom is - maar hy het tog nog wel soveel stewige hout gedeeltes en byna versteende wortels, dat hy hom nie dadelik met één bylslag laat vel nie; maar mettertyd, met die korrekte wysheid, geduld en volharding sal hy onder die baie slae met die byl tog moet wyk. Die skerp byl, wat Ek julle nou gee, heet wysheid; vir hierdie byl sal uiteindelik selfs die mees duistere en harde verset moet wyk.

[16] So is My wil; handel daarvolgens, en sal julle deur My liefde in julle, goue vrugte vir My ryk oes!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205