Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die almag van die Heer en die beperkinge daarvan

109 Die herbergier sê: “O Heer, dat ek en die priester U om die bewatering van hierdie streek gevra het, was tog nie ongeregverdig, nie goed of onwaaragtig nie?”

[2] Ek sê: "Nee, heeltemal nie; maar as julle My in die vervolg om suiwer aardse dinge sou vra, sou dit volgens My orde nie so geregverdig, goed en waar wees nie, omdat te groot aardse voordeel steeds nadelig vir die siel sal wees.

[3] Ek het egter nie in hierdie wêreld gekom ten behoewe van die liggaam nie, maar alleen ten behoewe van die siel van die mens; daarom moet julle My veral net dit vra wat julle siel tot egte, ewige voordeel strek. Want wat vir `n nut sou dit vir `n mens hê as hy alle dooie skatte van hierdie wêreld sou wen, maar daardeur aan sy siel sekerlik die grootste skade sou ly? Hoe sou hy dit kan red uit die dood en die oordeel van die wêreldse materie?

[4] Julle sê by julleself nou wel: “Heer, by U is alle dinge baie goed moontlik, en ook die materie van hierdie aarde is U werk!” Daarin het julle wel gelyk - maar tog sê Ek julle dat nie alles by die mens vir My moontlik is en moontlik mag wees nie; want as dit vir My by die mens alles moontlik sou gewees het, het Ek nooit Self as volmaakte mens na julle in hierdie wêreld toe hoef te gekom het om julle met My hoogste eie mond te onderrig nie.

[5] Want Ek het die mens `n vrye wil gegee en in sy verstand die ware en goeie getoon en daarnaas die slegte en boosaardige, sodat hy dit self kan ondersoek, rigting gee en ontwikkel; want daardeur word hy eers `n mens en geen dier, wat deur My mag vasgehou en gerig word, wat ooreenkomstig My dwingende wetmatighede moet handel soos wat dit in hom geleë is en wat derhalwe geen vryheid, selfbepaling en wat geen toevertroude selfstandigheid in hom het nie.

[6] Afgesien van sy liggaam, het die mens egter van My af geen dwingende wet nie, maar `n geheel vrye wet in sy wil en `n volkome onbeperkte verstand gekry, waarmee hy alles kan ondersoek, beproef, begryp en onthou en dan dit tot riglyn vir sy handeling kan neem wat hy as waar en goed ondervind.

[7] Ondersoek julle dus ook alles, behou dit wat julle waar en goed bevind het, en handel en leef daarvolgens; dan sal julle jul daardeur tot ware, as My altyd en ewig geliefde kinders ontwikkel en net soos Ek vry en selfstandig word!

[8] As julle jul sodoende My wil, wat julle nou ken, volledig eie gemaak het en daardeur ook sterk geword het in die lewende geloof in My, sal die hele skepping julle ook onderdanig wees, net soos aan Myself, en sal julle nooit meer `n oortreding kan begaan en kan sondig voor My ewige orde, wat die grondslag van al die ontstaan, wese en bestaan is nie. Daaruit sal dan ook die ware en uiters salige ewige lewe van julle siel bestaan, en waar Ek sal wees, sal ook julle as My geliefde kinders by My wees en werk soos Ek.

[9] Omdat die mens die hoogste saligheid kan bereik, moet hy volgens sy volkome vrye wil en onbegrensde verstand en insig homself rigting gee en homself bepaal en ontwikkel ooreenkomstig My wil, wat Ek aan hom bekend gemaak het - en Ek kan en mag met My almag sy vrye wil nie aan bande lê en hom tot handeling dwing soos met `n ander skepsel wat nog onder die oordeel is, wat julle nou alles grondig en volgens waarheid sal insien.

[10] Vir My is by die mens dus nie alles moontlik, soos wat julle jul dit voorgestel het nie, omdat Ek met My almag nie in die volledige wilsvryheid van die mens kan ingryp, as die mens ooreenkomstig My ewige en onveranderlike orde vir ewig mens moet word en bly nie.

[11] As julle dit nou goed begryp het, sal dit vir julle ook vinnig heeltemal duidelik en begryplik word wat julle My veral moet vra, en as julle My vol vertroue om iets goeds gevra het, sal dit julle ook in die korrekte mate gegee word. Vra dus steeds om dinge wat bevorderlik is vir die ware welsyn van julle siel, en maar selde en weinig om dinge ten behoewe van julle liggaam!

[12] Daarmee wil Ek egter gladnie sê dat julle My nie in liggaamlike nood om hulp kan bid nie. Ja, Ek sê julle bowendien nog dat julle, as julle jul naaste uit liefde vir My en in My Naam liggaamlike weldade bewys, daarvoor tot heil van julle siel baie ryklik met geestelike goedere beloon sal word, en dat julle, as julle deur die werke van die liefde in die lewende geloof in My sal bly, van My die krag sal ontvang om deur die oplê van julle hande die siekes te genees en hulle, wat deur bose geeste besete geword het, waar daar veral in hierdie tyd baie van is, van sulke kwellinge te bevry.

[13] Maar die dinge sal julle alleen kan bewerkstellig in die volste en werklike vaste geloof in My. Kortom, met My sal julle tot alles in staat wees, maar sonder My tot niks! Bly daarom voortdurend in My deur die liefde en deur die geloof, dan sal Ek eweso in julle bly met My liefde, waarheid, mag en krag!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205