Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die bedenkinge van die kommandant oor die goddelikheid van die Heer

11 Die kommandant gaan weer op sy stoel sit en vra in Romeins aan sy twee ondergeskiktes wat hulle mening oor My was, na alles wat hulle gehoor het.

[2] Een van hulle sê: “Dit is moeilik vir ons om `n oordeel daaroor te vel! Met die buitengewone mag van Sy wil wat ons daar bokant in die lug ervaring opgedoen het, het ons geen ander bewyse nodig dat daar in hierdie man `n goddelike krag moet woon nie, anders kon hy ons nie sonder enige hulpmiddel in die lug ophef en ons daar hou nie. Ons het egter al te ver van die geloof in `n almagtige goddelike wese afgeraak, omdat ons gode vir die sintuie en die verstand van elke denkende mens volslae onbeduidend blyk te wees; en nou kom ons plotseling `n reële God in die gestalte van `n mens teë en weet nou nie wat ons van hom moet dink nie. Ek dink dat dit nie sommer op één slag te begryp is nie.

[3] Ons het egter reeds in Bethlehem en ook in die omgewing van Jerusalem baie oor hierdie Man gehoor en by ons self gedink dat Hy of wel self `n God sou kan wees of `n seldsame groot magiër, soos wat dit byvoorbeeld uit die skool van die Essene voorkom. Maar wat ons nou hier self meegemaak het, gaan baie verder as ons vroeëre vermoedens. Hier hou alle magie op, en in die plek daarvan tree `n onmiskenbare goddelike krag en almag in!

[4] Daarby kom nog ten eerste die getroue verhaal van sy moeder, hoe hy liggaamlik op hierdie wêreld gekom het en oor sy lewe, en dat hy nooit iets op een of ander skool hoef te geleer het nie, omdat hy reeds met die hoogste wysheid toegerus in hierdie wêreld gekom het, en ten tweede wat hy nou oor Hom self beweer. En ek self kan egter nie daar verby kom om hom in volle erns te beskou as wat hyself teenoor ons sê om te wees nie, al is dit ook vir ons Romeine `n onbegryplike manier, en wat ook die man, waar jy netnou mee gespreek het, oor hom getuig het. Dit is my mening, en ek dink dat ek my nie vergis nie.”

[5] Die kommandant sê: Ek wil jou oor die geheel geneem geen ongelyk gee nie; maar op die agtergrond het ek tog `n paar belangrike bedenkinge; as die man dit kan oplos, sal ek jou mening deel en ook daarby bly.”

[6] Hierop rig die kommandant hom weer tot My en sê: “Groot Heer en Majesteit, ek is nou byna sover dat ek U sal aanneem soos wat al hierdie wat U s’n is, U aangeneem het; maar tog het ek nog `n paar aansienlike bedenkinge. As dit opgelos is, is ek ook gewen.

[7] Die bedenkinge van my is die volgende: In U woon dus in erns die volheid van `n enige ware God!? As dit so is - waarom het U al die tallose mense so lank op U laat wag?

[8] U sê dat alleen hulle wat U s’n is, wat in U glo, U liefhet en U gebooie onderhou, die ewige lewe in U Godsryk sal ontvang. As dit so is, en as alles wat daar bestaan deur die mag van U ewige woord geskape is, net soos alle mense wat helaas te eniger tyd geleef het sonder om U te ken - wat nie hulle skuld kon gewees het nie- hoe sal dit dan gaan met die mense wat U nooit kon geken het nie? Hoe sal dit daar met die ewige lewe van hulle siel in U Godsryk uitsien? Hulle wat nie in U kan glo, U nie kan liefhê en ook U gebooie nie kan hou nie, omdat hulle niks oor U te wete kon gekom het nie.

[9] Kyk, dit is my goed gefundeerde bedenkinge! As U dit vir my kan oplos, sal ek ook vas in U glo, U meer as een van U s’n liefhê en U gebooie onderhou; want ek is `n egte Romein en geen Griek, wie se trou nie standvastig is nie! Maar ek is ook iemand wat nie so maklik iets aanneem en glo, wat vir my nie as `n diamantharde waarheid onomstootlik bewys is nie. Los derhalwe my twyfel op!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205