Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Waartoe siektes dien

112 (Die Heer:) “En kyk ook eens na `n mens op hierdie wêreld, wat liggaamlik kerngesond is! Omdat die mens so gesond is, misbruik hy sy gesondheid deur allerlei onmatige sinlike genot en onnodige kraginspanning.

[2] Daar kom wel ervare mense na hulle toe wat egter vir hulle sê: “Vriend, vriend, misbruik jou gesondheid tog nie so nie - want dit gaan deur so `n onnatuurlike en onverstandige leefwyse vinnig en maklik verlore; en as dit eenmaal weg is, kan geen arts en geen geneesmiddel jou dit weer teruggee nie en sal jy jou lewe lank `n sieklike en lydende mens bly!” - Maar die gesonde mens steur hom nie daaraan nie en bly daarmee deurgaan.

[3] Na enkele jare egter, oorkom `n ernstige liggaamlike siekte hom en word hy aanvanklik ontsettend kwaad vanweë die siekte, wat buitengewoon hinderlik vir hom is. Hy laat artse kom, en hulle slaag daarin om hom weer te genees, ook nie heeltemal nie, maar tog so dat dit draaglik is. Na sy genesing sê die artse baie ernstig vir hom: “Vriend, wees nou verstandig en val nie weer terug in jou ou leefwyse nie, anders oorkom jy opnuut `n siekte, nog baie erger as hierdie waarvan ons jou ternouernood gered het, en jy sal hierdie keer moeiliker gehelp kan word!”

[4] Die geneesde neem hierdie raad wel `n tydlank in ag; maar dan bekruip sy begeerte hom opnuut. Hy begin weer in stryd met die orde te lewe; en hoewel hy al duidelike waarskuwings bespeur dat hy opnuut ernstig siek sal word, steur hy hom tog nie daaraan nie en sondig verder teen sy al sterk verswakte natuur.

[5] Hy kry dan ook noodsaaklikerwys `n nog erger siekte en kry ontsettende pyn. Die artse kom nogmaals en probeer hom genees. Maar hierdie keer wil dit hulle nie so vinnig geluk nie, en hulle maan hom tot geduld; want omdat hy nie hulle raad opgevolg het nie, moet hy dit nou aan homself toeskryf dat hy deur sy ou ligsinnigheid `n baie erger en langer durende kwaal gekry het.

[6] Hierdie mens moet nou meer as een jaar lank ly en word baie swak en vertwyfeld; maar na een jaar gaan dit weer ietwat beter met hom, en hy sweer by alles wat vir hom gewyd is dat hy die raad van die artse en ander verstandige en ervare mense nooit meer in die wind sal slaan nie.

[7] Ja, hierdie tweede, baie bittere ervaring het die mens al aansienlik verstandiger en behoedsamer gemaak, en hy kom weer op sy krag. Maar as hy weer heeltemal goed voel, dink hy by hom self: “Og, as ek myself slegs één keer `n ou genot gun, sal dat seker niks maak nie!” Hy doen dit ook één keer, en kom hierdie keer nog heelhuids daarvan af. Maar omdat hy die keer heelhuids daarvan afgekom het, dink hy weer: “Wel nou, omdat daar gladnie fout gegaan het nie, sal dit my `n tweede en derde keer ook nie skaad nie!” En so sondig hy `n tweede, derde en ook vierde keer.

[8] En kyk, die ou siekte werp hom opnuut vir enkele jare sodanig op die bed, dat geen arts meer in staat is om hom te help soos die eerste en die tweede keer nie.

[9] Na vier lang jare van bitter lyding gaan dit beter met hom, meer deurdat hy gewoond geraak het aan die lyding deur die geneesmiddels, en nou eers sien hy in dat al sy hewige lyding `n barmhartigheid van God was, waardeur hy in soverre van al sy ligsinnigheid genees is, dat hy daardeur sy siel tog suiwerder en voor God welgevalliger kan maak; want deur die lyding van die liggaam, word die siel van die mens deemoediger, geduldiger en ernstiger en wen haar aan krag om die sinlikheid van die vlees meester te word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205