Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vergeefse poging om `n tiran op te voed

114 (Die Heer:) “Gaan maar net na die vroeër getoonde heerssugtige tiran, wie se denke en strewes alleen daarop gerig is om die hele wêreld te verower, alle ander regeerders tot sy laagste slawe te maak en hulle deur alle volkere op aarde as `n oor alles gebiedende God te laat eer en aanbid, bring `n magtige oorlogsleër byeen, oorval hul lande, neem al hulle stede en kastele af, neem ten slotte homself gevange en sê vir homself: “Kyk eens, trotse en baie hoogmoedige dwaas van `n koning, wat die hele wêreld wil verower en alle ander heersers van die volkere tot slawe wil maak - nou is jy in my mag en moet jy jou volgens my wil voeg! Ek wil egter nie hard op jou wees nie, maar ek wil jou barmhartigheid voor reg laat wedervaar, as jy jou in jou gemoed self verdeemoedig en `n mens word wat vir al sy medemense die goeie wil en die onreg, wat jy so ongehoord dikwels aan hulle bedrywe het, wil goedmaak. Ek sal jou weliswaar in versekerde bewaring neem en alle rigtings gadeslaan wat van jou gedagtes en strewinge uitgaan. As ek merk dat jy heeltemal verander het, het ek die mag en die goeie wil om jou weer na jou ryk te bring en as ware regeerder op die troon te plaas, tot heil, maar nooit meer tot onheil van die volkere wat onder jou tirannie gelewe het nie!”

[2] En kyk nou verder, My vriend Pellagius! Jou gevangene sal jou daarop belowe om alles te doen wat jy hom ook maar sal opdra, omdat jy beloof om hom in ruil daarvoor sy ryk en sy troon terug te gee. Maar dink jy dat sy gemoed daardeur geheel en al anders sal word? Vir die skyn, ja, maar in werklikheid verseker nie; want as jy hom weer op die troon plaas, sal sy hele strewe in die geheim daarop gerig wees om hom op jou te wreek. Want om `n hoogmoedige en trotse koning soseer te laat verdeemoedig dat hy van die hoogste skitterende troon ver benede die bedelstaf beland, beteken dieselfde as om `n volmaakte duiwel van hom te maak, wat in die ryk van die ewige duisternis bykans nooit meer te help is nie.

[3] As so `n mens heeltemal van die grootste woede en die onversoenlikste wraaksug vervul is, of hy nou koning is of slaaf, is hy nie meer te bekeer en te verbeter nie. Dit is die beste om dergelike mense met alle geduld te verdra en hulle by geleentheid te vermaan, soos wat Ek dit Self al gedoen het deur die mond van My baie profete.

[4] As hulle hulleself - soos dikwels die geval was - nie daaraan steur nie, moet mens enkele baie gevoelige tugtinge oor hulle laat kom, waarby dit vir hulle ten minste half duidelik word dat hulle dit self veroorsaak het; as hulle hulleself tog nie verander nie, moet mens hulle volledig van die aarde wegvat, wat natuurlik altyd alleen My toekom, omdat Ek as enigste altyd die duidelikste sien wanneer die maat van die gruwels van so `n mens vol is.

[5] As jy goed nadink oor wat Ek jou nou oor die hel gesê en getoon het, sal dit vir jou wel duidelik word wat die eintlike hel is, en hoe en waar dit is.

[6] Soos `n goeie en volgens God se wil `n deugsame en vroom mens die hemel die ryk van God onverwoesbaar in hom dra, so dra ook die uitgesproke teenstander van God se orde die hel onverwoesbaar in hom; want dit is immers sy liefde en sy onwrikbare wil en sodoende ook sy lewe. - Het jy dit nou begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205