Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

`n Voorspelling van die Heer oor die Laaste Tyd

115 Nou sê Pellagius: “Ja, o Heer en Majesteit, ons dank U almal vir die lig, wat hom natuurlik nie daarvoor leen om `n goeie menslik hart vrolik te stem nie. Maar tog is dit goed dat `n slegte mens hom self rig, verdoem en geheel en al vir altyd van die goeie afsonder.

[2] Maar as mens in die geval baie magtige engele geeste vanuit die hemele sigbaar na sulke mense toe sou stuur, wat hulle hulle onreg duidelik sou aantoon en hulle sending ook deur groot tekens sou bevestig, dan sou dit tog baie vreemd moet loop as hulle nie in hulleself sou keer en hulle bekeer nie!”

[3] Ek sê: “Ja, My vriend, dit strek jou hart tot groot eer dat jy so dink; maar die wens wat jy nou uitgespreek het, is op hierdie wêreld, asook by tyd en wyle in die ander wêreld al baie dikwels deur My ten uitvoer gebring en die van hulle wat nog steeds te red was het ook steeds `n uitstekende en dikwels lang aanhoudende invloed, maar op hulle wat al heeltemal verstok het en sleg was, geen invloed nie.

[4] Kyk net na die verhaal oor Sodom en Gomorra! Toe het daar werklik engele uit die hemele na Lot toe gekom - en wat het hulle bereik? Lees maar, dan sal jy dit sien! Lees, wat daar ten tye van Noag gebeur het! Wie, behalwe Noag met sy mense, het hulle daaraan gesteur? Wat doen Moses nie ten opsigte van die tirannieke farao nie - en hy word steeds maar boser en laat niks na om Moses en die Israeliete net so lank so erg moontlik te vervolg, totdat die see hulle saam met sy leër verswelg! Kyk na die verhaal oor Jerigo! Daar het onder Joshua groot tekens gebeur, en behalwe `n hoer, steur niemand hulle daaraan nie! Lees dan die verhale van alle groot en klein profete, dan sal jy sien hoe weinig hulle met die eintlike verstokte sondaars van God se orde bereik!

[5] Maar laat ons nie kyk na al die dinge wat op hierdie aarde in die vervloë tye gebeur het nie, maar laat ons na die groot ongekende huidige tyd kyk!

[6] Kyk net na My leerlinge! Wie is hulle? Merendeels arm vissers! Hier is ook wel enkeles uit Jerusalem, wat My nou al vir `n geruime tyd volg. Maar waar is die eintlike groot gebieders van die stad, wat tog ook My woorde gehoor het, en waar Ek as die Heer Self in geselskap van een van die grootste engele uit die hemele voor hulle oë die grootste tekens gedoen het, net soos die engel naas My?

[7] Wat het dit egter alles tot stand gebring? Wel, dat hulle My nou een stryk deur met die grootste haas vervolg en probeer om My dood te maak!

[8] Uiteindelik sal Ek dit ook nog - soos wat Ek jou al duidelik gemaak het - aan My laat gebeur, dit wil sê, aan My liggaam, en sal Ek op die derde dag weer opstaan, na al My vriende toe kom en hulle troos en versterk - en tog sal die verstoktes hulle niks daarvan aantrek nie, maar ook My vriende met dieselfde haas vervolg, en wel net so lank tot die maat van hulle gruwels vol geraak het en Ek hulle van die aarde sal wegvee.

[9] In die toekoms sal Ek tot aan die einde van die wêreld My bodes vanuit die hemele stuur, sodat My woord nie vernietig sal word en te veel swart gemaak word deur die slegte kinders van hierdie wêreld nie; maar ook julle sal ter wille van My Naam min of meer vervolg word, tot die tyd dat Ek weer sal kom soos `n bliksem, wat van die ooste tot die weste alles wat daar op aarde is en goeie of bose dinge baie helder sal laat verlig.

[10] In die tyd sal Ek`n groot sifting oor die hele aardbodem laat gaan, en alleen die goeies en reines sal behou word.

[11] Daaraan kan jy goed sien dat Ek aan jou wens vanaf die allereerste begin van die mens steeds baie getrou aan voldoen het, dat Ek sekerlik nou ten seerste daaraan voldoen het en eweso tot aan die einde van die tye van hierdie wêreld daaraan sal voldoen; maar die wil van die mens sal nogtans steeds vry bly, en elke mens sal in elke tyd die beproewing van die liggaamlike lewe moet deurmaak, en sal hom self in alle begeertes en luste van die vlees soveel moontlik moet verloën en hy sal in alles deemoedig en geduldig moet wees, om aldus My ryk in homself waarlik te behoed en te voltooi. Want iedereen wat na My toe wil kom, sal ewe volkome moet wees soos wat Ek Self is; en om daarvoor te sorg dat hy dit ook kan word, het Ek Self in lewende lywe na julle toe in hierdie wêreld gekom om julle almal die weg daarheen te wys.

[12] Laat julle jul dus nie verlei en verblind deur die wêreld, deur haar materie en die luste van julle vlees nie, sodat die oordeel van die wêreld, met haar materie en haar vlees, nie in julle ontwaak en daarmee die eintlike hel, wat die ware, tweede dood van die siel is nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205