Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die voortdurende inspanning van die Heer vir die mense

12 Ek sê: “Vriend, jy het jou wel die een en ander eie gemaak deur die Griekse filosofie te lees, maar die boeke van die ou Egiptenare het jy nooit deurgrond en van die Skrif van die Judeërs sedert Moses wat jy maar vlugtig enkele brokstukke gelees het, en ook dit het jy nooit begryp nie!

[2] Kyk, Hy wat nou in My met jou praat, het ook al so met die eerste mensepaar van hierdie aarde gespreek en hulle dieselfde gebooie gegee wat Ek nou weer gee aan julle mense, wat die een ware God en Heer heeltemal vergeet het. Maar die met `n volkome vrye wil begiftigde mense laat hulle maar al te maklik verblind deur die wêreld en haar verleidende gees, vlug weg van God en handel volgens dit waarin hulle sin het. Daardeur raak hulle siele verduister en hulle harte raak verhard.

[3] Ek het altyd bodes uit die hemele gestuur om die verblinde mense te onderrig; maar slegs weiniges het ag geslaan op hulle - die groot massa wou niks van hulle hoor en weet nie.

[4] Van tyd tot tyd wek Ek deur My Gees manne en jongmanne op, wat die volk onderrig en alle moeite doen om hulle na die ou waarheid terug te bring. Slegs sommiges luister na hulle, en nog minder mense laat hulle iets daaraan geleë lê; die groot massa vervolg hulle egter, martel hulle en maak hulle selfs dood.

[5] Ek het ook nie nagelaat om `n baie ontaarde volk met groot en klein tugtinge en gerigte te besoek nie. Dit bring egter ook slegs aan weiniges vir klein tydjies `n verbetering; maar al te gou tree die slegte wêreldse gees weer in My plek in.

[6] Toe die Israelitiese volk ten tye van Moses op Sinai in die woestyn onder bliksem, donder en vuur weer opnuut wette van My gekry het, luister hulle aanvanklik onder vrees en bewing wel na My van veraf goed hoorbare woorde - maar toe die verkondiging `n langer tyd duur, raak die volk gedeeltelik gewoond daaraan en trek nie veel meer daarvan vir hulle aan nie. `n Ander deel kry egter genoeg van My aanhoudende onderrig en vra My om My wil, in plaas van aan die hele volk, slegs aan Moses te openbaar - hulle sou die wil dan goed van hom hoor en opvolg; die volk wou hulle intussen egter verwyder van die berg Sinai, omdat dit daar al te hewig gegaan het, en in `n ver daarvandaan geleë dal hulle woonhutte bou.

[7] Na `n lang gesmeek word dit aan die volk toegestaan; maar dit duur nie lank vir die volk om My en die groot gebeurtenisse op die berg Sinai geheel en al te begin vergeet nie, van die baie goud wat hulle uit Egipte saamgeneem het, `n kalf giet, toe daar rondom dans en aan hom goddelike eer bewys.

[8] Ek maak dit aan Moses duidelik, stuur hom na die volk, wat glad nie meer aan My gedink het nie, en laat hulle met geweld tugtig op die manier wat Moses dit later noukeurig beskrywe het.

[9] Daarop keer die volk wel weer na My terug; maar daar was steeds baie wat hulle deur allerlei slegte wêreldse begeertes laat verlei het om die een of ander gebod van My te oortree en so teen My verordeninge te sondig.

[10] Daar moes tydelike straf deur Moses vasgestel word vir die oortreding van My gebooie en verordeninge, om die volk in bedwang te hou.

[11] Toe die volk later vanuit die woestyn die Beloofde Land binne gelei word en dit as te ware uit My hand in besit neem, word dit vir `n geruime tyd deur wyse rigters, wat steeds met My in verbinding en kontak gestaan het, bykans volledig deur Myself eregeer; onder My persoonlike regering word hulle groot en magtig, en hulle welstand was groter as die van enige ander volk ter wêreld.

[12] Toe word hulle oormoedig en kyk hulle na die glans van ander volkere, wat op tirannieke wyse deur `n wêreldse koning oorheers word. Die ydele wêreldse glans verblind die volk - hulle wil ook glans, word ontevrede met My regering en verlang inmiddels van My Gees vervulde rigter Samuel `n wêreldse koning, en so begin die grootste en grofste van alle sonde.

[13] So val die volk steeds dieper, hoewel Ek nooit nagelaat het om hulle steeds deur gewekte en van My Gees vervulde profete te vermaan om hulle lewe te verbeter en boete te doen en om die gevolge duidelik te maak, wat hulle deur verstoktheid sou kon verwag nie; en so het Ek tot nou toe met die volk gehandel en het nou Self in die vlees gekom.

[14] Maar kyk nou net na die meer as groot aantal Judeërs wat, in plaas van om My aan te neem en in My te glo - aangesien Ek My tog oral deur ongehoorde wonders en tekens bokant elke twyfel verhewe kenbaar gemaak het as Die Een wat Ek verseker is - My haat, vervolg, en trag om My te gryp en die liggaam van My te dood!

[15] Maar as daar nou op die manier te alle tye en oral van My kant sonder onderbreking vir die geestelike ontwikkeling van die mense gesorg is, soos wat Ek jou nou in kort getoon het - hoe kan jy, `n met baie verstand begiftigde Romein, My dan vra waarom Ek nou eers na julle mense toe gekom het om die ryk van God, wat die ryk van die ewige lewe is, by julle weiniges te vestig!?

[16] Reis maar na alle lande wat jy ken en waarvan die bewoners nog enigsins in hulle hart die vermoë het om My leer aan te neem, en stel jou daarvan op hoogte of hulle selfs in hierdie tyd nie op hoogte is van My aanwesigheid hier en My werksaamheid nie!

[17] In baie lande en ryke wat jy nog nie ken nie, het die beter mense innerlike visioene van wie nou hier is en wat gebeur. Slegs werklike dierlike mense, wat in die mees verborge uithoeke van die aarde lewe, kan geen berig oor My ontvang nie, omdat hulle nog lank nie in staat is om dit op te neem nie; maar mettertyd sal daar ook vir hulle gesorg word.

[18] En so sien jy, dat die vraag wat jy My gestel het, heeltemal sinloos was. As jy My verder nog vrae wil stel, vra My beter dinge, wat jou meer van nut sal wees as wat jy my nou gevra het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205