Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer rig enkele woorde tot die karavaan

120 Ek sê: “Sodra julle in Afek kom, sal julle wel meer te hore kry oor die verandering van hierdie voormalige woestyn in vrugbare land. Ons weet almal baie goed hoe dit gebeur het, en ons ken die magtige oorsaak van hierdie verandering. Maar die dag loop sowel vir ons as vir julle ten einde, en ons het geen tyd meer om dit hier vir julle uiteen te sit nie.

[2] Maar laat aan julle dit gesê wees: As farao hom deur die waarskuwings van Moses op dieselfde manier van sy afgodedom sou bekeer het soos die inwoners van Afek hulle tot die suiwer, ware Judeërdom bekeer het, sou hy die bekende plae nie opgelê gekry het nie en sou alle woestyne van Egipte groen geword het.

[3] Die inwoners van Afek het hulle tot die een en enige ware God bekeer, waarvan julle julleself weldra in die groot herberg sal kan oortuig, en hulle het derhalwe as `n ou verdorde tak aan die stam van Abraham weer volkome groen en lewend geword. Die God van Abraham, Isak en Jakob is nog heeltemal dieselfde wat Hy sedert ewigheid was - en vir Hom is alle dinge moontlik!

[4] Hy, wat die hele aarde en alle skepsels deur Sy wil tot bestaan kon roep, sal ook wel so `n klein woestyn van vrugbare aarde en plante en allerlei vrugtebome kan voorsien. Aangesien julle self ook Judeërs is, sal julle die betekenis van My woorde waarskynlik goed kan begryp?

[5] Weliswaar het julle Judeërdom ook al vir die grootste deel `n wêreldse leefwyse geword, en die ou gebeurtenisse, waarvan julle uit die Skrif nog so half en half op hoogte sal wees, is deur julle ook na die ryk van die fabels verwys; maar tog is dit nie soos wat julle wêreldse verstand dit vir julle ingee nie, maar werklik volkome anders!

[6] In julle suiwer wêreldse dinge, waarmee die innerlike gees geen enkele binding mee het nie, kan julle wêreldse verstand wel oordeel en beslis; maar in die goddelike dinge oordeel en beslis alleen `n lewende geloof in God en die suiwer liefde vir Hom en daardeur vir die naaste.”

[7] Die leier sê: “Werklik, vriend, jy is nog `n egte streng gelowige Judeër, waarvan daar by ons ook nog enkeles is; maar ondanks hulle vaste geloof, sien dit daar rondom ons stad tog grotendeels baie onvrugbaar uit, en die goeie JaHWeH skyn Hom nie spesiaal oor ons, inwoners van Damaskus, te bekommer nie!”

[8] Ek sê: “Hy bekommer hom oor julle presies eweveel as wat julle jul oor Hom bekommer!”

[9] Die leier sê: “Ons stuur tog elke jaar ons voorgeskrewe offers na die tempel in Jerusalem, en hulle is tevrede met ons!”

[10] Ek sê: “Dit doen julle weliswaar en julle eer God met julle lippe en beeste, maar julle harte is ver van Hom!

[11] Die ware, deur Moses en die profete verkondigde liefde vir Hom is in julle nie groen en lewend nie, en dit het in julle, net soos in die tempel van Jerusalem, baie woes en dor geword; so is ook alles rondom julle stad woes en dor, en julle sal met al die inspanning van julle hande die woestyne rondom Damaskus nooit in vrugbare landstreke verander nie. Dit het julle ook nie nodig nie, omdat julle met iedereen handel dryf en julle stad goed voorsien van brood en allerlei wêreldse skatte, maar julle daardeur ook steeds verder van God verwyder, terwyl julle in plaas daarvan, as ware Judeërs Hom in julle gemoed steeds meer sou moet nader.

[12] Maar as julle self al verstandig, wys en magtig genoeg geword het om uitstekend in julle eie onderhoud te voorsien, dan hoef JaHWeH God hom ook egter nie spesiaal oor julle te bekommer nie.

[13] Maar reis nou na Afek; daar sal julle miskien ook in julle gemoed ietwat groener begin word as tot nou toe, en sal `n woestyn wat gaan bloei, julle nie meer laat glo dat julle die korrekte weg kwyt geraak het nie!

[14] Wie nie in homself op die goeie weg is nie, is ook in hierdie wêreld nêrens op die goeie weg nie.”

[15] Toe die leier hierdie woorde uit My mond verneem het, sê hy: “Vergeef my dat ek julle so lank opgehou het! Maar ek en die hele karavaan het baie daarby gewen. U is `n groot en uitsonderlike skrifgeleerde van die egte ou stempel; as U na ons in Damaskus sou kom, sou dit in en rondom die stad weldra groen begin word en begin bloei. Maar by ons is dit met die skrifgeleerdheid baie sleg gesteld, en daarom is ook die geloof lou; want waar geen goeie leraars is nie, kan ook geen goeie leerlinge wees nie. Maar ek dank U nou in die naam van die hele karavaan vir die geduld en die moeite wat U vir my oorgehad het; kom `n keer na ons toe in Damaskus, dan sal U uitstekend deur ons ontvang word!”

[16] Ek sê: “Ek Self sal in hierdie persoon, wat nou met jou spreek en soos wat Ek nou is, waarskynlik nie na Damaskus kom nie; maar jy kan verseker daarvan wees dat Ek binnekort `n egte leerling van My daarheen sal stuur!”

[17] Toe Ek dit vir die leier gesê het, bedank hy My nogmaals vir die vriendelikheid wat Ek hom betoon het. Die hele karavaan beweeg toe verder, en Ek trek met My leerlinge ook vinnig weer verder.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205