Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer neem Sy intrek in `n herberg by Betsaida

121 Ons bereik nog voor sonsondergang `n stad nie ver van Betsaida nie; in die plek en ook in die omgewing waarin Ek vroeër al eens onderrig en tekens gedoen het.

[2] Die inwoners van hierdie plek was meesal herders en vissers; want alle genoemde plekke, waar Ek vanaf Genésaret deurgetrek het, is as te ware in `n groot halwe sirkel, min of meer in die omgewing van die Meer van Galilea en langs die Jordaan, waar die rivier vanuit die meer suidwaarts stroom.

[3] Die ligging van hierdie stede en ook hulle naam is nie so belangrik nie, maar baie belangriker is wat Ek daar geleer het, net soos dit wat Ek daar gedoen het; die laaste is ewenwel - Nota Bene - in hierdie tyd vir die grootste deel vergete, terwyl baie wat van mond tot mond oorgelewer was, so misvorm geword het, dat geen jota daarvan meer waar is nie. Maar dit is nie soseer of eintlik nie meer belangrik nie, want soos gesê, slegs die trou bewaarde leer, wat die waarheid van al die waarhede is, is die allerbelangrikste en van lewensbelang.

[4] In die klein plekkie, wat soos gesê, ons nog voor sonsondergang bereik het, vind ons by die merendeels arm inwoners `n baie vriendelike ontvangs.

[5] Daar was ook `n klein herberg, waarin alles wat in `n herberg moet wees, baie arm gesteld was.

[6] Van brood en wyn was daar heeltemal geen sprake nie; gedroogde vis, `n bepaalde soort wortel, gedroogde vye, pampoene, haselneute en skaapkaas is al wat beskikbaar was.

[7] Die herbergier, wat `n Griek en `n baie goeie en geduldige mens was, het `n taamlike groot gesin gehad, waaronder ook drie seuns, wat almal ouer as twintig was. Die drie het elke week na die meer van Galilea getrek, wat `n dagreis van die klein plekkie verwyderd was, daar visgevang en dit getrou na die herberg toe teruggebring.

[8] Hierdie keer was hulle ook al twee dae gelede van die huis af weg om vis te vang, maar het nog nie soos verwag, teen die aand van die derde dag van hul vertrek, huiswaarts gekeer nie, en daarom was die herbergier, sy vrou en kinders angstig besorg dat die drie miskien iets oorgekom het.

[9] Die herbergier bekla dadelik sy nood teenoor My en verontskuldig hom ook vir die feit dat hy hierdie aand, behalwe kaas en skaap- en bokmelk niks aan te bied het, as sy drie seuns nie gou met `n vrag vis huis toe sou kom nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205