Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die organisasie van die leerlinge van die Heer

134 Toe die leerlinge dit gehoor het, sê Simon Juda aan My: “Majesteit en Heer, noudat ons onsself in twee groepe verdeel het, moet elke groep dan nie `n leier hê nie?”

[2] Ek sê: “Wanneer het die suiwer Liefde en die volle, helder Waarheid uit die hemele ooit `n leier nodig gehad?

[3] Die Liefde, asook die Waarheid in haar hoogste suiwerheid en volmaaktheid is immers in Hulleself soseer die allerhoogste, dat daarbo nie nog iets hoërs voor te stel en aan te neem is nie!

[4] En as die Liefde en Waarheid uit My in elkeen van julle is, wat Ek nou in My Naam uitstuur - wie van julle sou dan `n leier van sy broer wil wees? Waaraan wil jy jou enige leierskap meet, as jy sê en ten diepste glo dat alleen Ek die Heer is - terwyl ook alle ander dieselfde sê en glo? Wie van julle wil, as jy dit aanneem en glo, die eerste wees?

[5] As `n goeie redenaar sê en bewys dat drie geheel dieselfde dinge en nogeens drie geheel dieselfde dinge saam ses van sulke geheel gelyke dinge is, en `n tweede en `n derde, vierde, honderdste goeie redenaar sê en bewys presies dieselfde - vra jou dan eers af: Wie van hulle moet die mees voortreflike wees, en wie van hulle sou deur die honderd goeie redenaars tot `n oorbodige leier bo hul gekies moet word, en waarom?

[6] Kyk, Ek alleen is die Heer! Julle is onder mekaar almal heeltemal gelyke broeders, en geeneen van julle moet meer of minder wees nie; want elke nog so geringe leierskap wek in die gemoed van die leier die sataniese heerssug en bederf dan maar al te gou die suiwer liefde en die daaruit voortvloeiende waarheid vol lewe, wat dadelik by die eerste konings maar al te duidelik geblyk het en nou in die tempel in Jerusalem steeds meer en duideliker blyk.

[7] Wie van julle egter absoluut die eerste van My leerlinge wil wees, laat hy die laaste en minste wees van hulle en hulle aller kneg en dienaar! Want so is die orde in My hemele onder My engele!

[8] Waarlik, Ek sê vir julle: Almal wat hulle op hierdie aarde op een of ander manier as leiers sal laat roep, sal dit aan die anderkant swaar te verduur kry! Want die moeilikste lewensopgawe vir `n hoogmoedige - wat bykans elke leier uiteindelik word - is dat sy gemoed verdeemoedig word.

[9] Bly daarom almal volkome gelyke broeders, en laat geeneen van julle ook maar die minste voorkeur bo die ander wil hê nie; dan sal alle mense aan die feit, dat julle mekaar as ware, volkome gelyk geregtigde (met dieselfde status) broeders liefhê en respekteer, sien en weet dat julle werklik My leerlinge is.

[10] As julle dit nou volgens volle waarheid begryp en in julle opgeneem het, vertrek dan nou en handel ooreenkomstig My wil!”

[11] Toe die leerlinge die duidelike antwoord van My gekry het, bedank hulle My daarvoor en begeef hulle dadelik op pad; en in die sewe dae het hulle in die genoemde plekke vele heidene en ook hulle priesters tot My bekeer.

[12] Net met Judas Iskariot het diegene wat na Edrei getrek het, enkele probleme gehad vanweë sy onverbeterlike geldsug; maar omdat ook Thomas hom by die groep wat na Edrei gereis het, bevind, word daar vinnig `n einde gemaak aan sy geldsugtige pogings; en die hele uitstuur het goeie vrugte opgelewer.

[13] En wat het Ek die sewe dae lank met die drie leerlinge gedoen wat by My gebly het, en met die inwoners van die dorp?

[14] Oor die algemeen neem Ek hier - soos hiervoor al opgemerk - rus vir My liggaam, wat ook van vlees en bloed was; maar tog verloop hierdie sewe dae nie in so `n volkome ledigheid soos wat iemand hom stellig sou voorstel nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205