Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die gaste herken die Heer

137 Toe die drie Judeërs dit van die herbergier gehoor het, word hulle baie verleë en weet nie wat hulle daarop moes sê of doen nie: Bly of weggaan nie.

[2] Eers na `n tussenpose vra die oudste aan die herbergier, wat juis besig was om aan die drie brood en wyn te gee: “Hoe sien Hy daar dan uit, sodat ons Hom dadelik kan begroet as Hy kom?”

[3] Die herbergier sê: “Neem nou maar brood en wyn tot julle, en wanneer Hy hier sal inkom, sal julle geen moeite hê om Hom dadelik te herken nie! As ons heidene Hom vinnig herken het, dan sal julle, egte, ou Judeërs, Hom nog wel eerder kan herken!”

[4] Hierop neem die drie onmiddellik brood en wyn tot hulle en vind beide rein en voortreflik, en hulle vra die herbergier waar hy die brood en die wyn vandaan gekry het, omdat hulle goed geweet het dat hy hulle nog nooit voorheen iets dergeliks kon aanbied nie.

[5] Die herbergier sê: “Ek het julle so pas al gesê dat die Messias ons ryklik van alles voorsien het, ook vir ons liggaam. Wie `n woestyn deur Sy wil kan laat bloei, sal ook goed in staat wees om ons armes, wat al `n lang tyd na Hom verlang het, van brood en wyn te voorsien! Julle eet nou egte brood uit die hemele netsoos die wyn, wat ook geen vrug van hierdie aarde is nie!”

[6] Toe die drie Judeërs dit ook gehoor het, sê die oudste: “Moses het in die woestyn ook die manna vir die Israeliete van God ontvang, en die rots waarop hy met sy herderstaf geslaan het, het dadelik soet, suiwer drinkwater gegee; maar sulke brood en sulke wyn het Moses nie uit die hand van JaHWeH gekry nie, en ook wou die woestyn in al die veertig jaar nie groen word vir Israel en sy maer kuddes nie. Hier is dus kennelik meer as Moses, Aäron, Joshua, Elia en alle ander profete!”

[7] Terwyl die oudste dit so uitspreek, kom Ek met die drie leerlinge die herberg binne en sê aan die drie: “Die vrede sy met julle! Laat julle nie deur ons steur nie, maar eet en drink en versterk julle met die wyn; want sulke brood en sulke wyn het julle nie in Betsaida en Gadara nie!”

[8] Toe Ek hierdie woorde tot die drie gespreek het, staan hulle onmiddellik op van hulle stoele, buig diep voor My en sê: “Heer! U is die Een vir wie alles moontlik is, en U is ook die beloofde groot Messias, die nuwe groot koning van die Judeërs, wat `n ryk sal vestig wat geen vyand ons tot aan die einde van die wêreld meer sal kan ontneem nie! Daarom: Heil U, die grote Seun van Dawid!”

[9] Ek sê: “Ek vestig wel `n eindelose groot ryk, egter geen aardse nie, maar `n ware Godsryk vir die siel en die gees van die mens, wat ewig sal bestaan; in daardie ryk sal almal die ewige lewe hê wat in My glo en ooreenkomstig My leer sal leef.

[10] Julle verstaan die Skrif goed volgens die letter, maar volgens die mees innerlike gees van die waarheid het julle dit nog nooit begryp nie, as julle dink dat Ek as die beloofde en nou in hierdie wêreld as gekome Messias, die ewige Seun van die ewige Vader, vir die Judeërs `n onverganklike ryk sal vestig op hierdie aarde, waar tog alles, insluitende die aarde self, tydelik en verganklik is. Want nie net hierdie hele aarde nie, maar ook die hele uitspansel wat julle sien, sal vergaan; hoe sou daar dan op hierdie aarde vir die Judeërs `n ewigdurende ryk gevestig kan word? Versterk julle nou dus, sodat julle die innerlike gees van die Skrif kan vat en begryp!”

[11] Na hierdie woorde van My, kyk die drie mekaar verbaas aan, en die oudste sê: “Maar, dit klink heel anders as in die tempel in Jerusalem! Waaraan moet ons ons hou? In die tempel leer die fariseërs en skrifgeleerdes, wat sit op die stoele van Moses en Aäron rondom die hoëpriester, en lees en verklaar vir die volk die Skrif geheel volgens die letter; maar op gesag van hulle woord en hulle wil word daar geen woestyn groen en word daar geen kaal gesteente met vrugbare aarde bedek nie.

[12] Hierdie Heer onderrig heel anders en laat sien dat ons die Skrif nog nooit volgens die gees begryp het nie, en Sy uitsprake is regstreeks in teenspraak met die van die tempel - maar op Sy woord en Sy wil bloei die woestyn en is die gesteentes daarvan bedek met `n korrekte hoeveelheid vrugbare grond; dan moet die volle waarheid dus ook net in Hom te vinde wees!

[13] Ons wil daarom dan ook by hierdie Heer bly en die tempel vir altyd die rug toekeer, laat ons daarom drink op die welsyn van almal wat reeds gedoen het wat ons nou doen!”

[14] Hierop lig die drie hulle bekers en drink dit tot op die laaste druppel leeg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205