Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die bekentenis van die oudste

138 Toe hulle nou heel vrolik geword het, wend die oudste hom weer tot My en sê: “Majesteit en Heer uit die hoogste hoogtes van die hemele! U sal Jerusalem tog ook wel besoek het? Het hulle U ook in die tempel herken, netsoos ons hier? Wat sê hulle oor U verskyning in hierdie wêreld?”

[2] Ek sê: “Die groot, uiters selfsugtige blindheid van die Judeërs in Jerusalem sal die goddelike lig nie herken en ook geen deel daaraan hê nie; want die lig sal van die Judeërs weggeneem en aan die heidene gegee word.

[3] Ek het al verskeie kere in die tempel geleer en wonders gedoen, en van al diegene wat hulleself groot ag en hulle deur iedereen hoog laat prys, het niemand in My geglo nie; en so gebeur dit nou ook as `n getuienis oor hulle, dat My lig hulle ontneem en ryklik aan die heidene gegee word, wat ook oor hulle geskryf staan.

[4] Kyk na hierdie heidene, en praat ook eers met die vele heidene van ander dorpe en stede, en vra hulle wat hulle van My dink. Werklik, julle sal by hulle baie lig ontvang!

[5] Maar gaan net na Jerusalem en baie ander Judese stede en dorpe, dan sal julle verbaas staan oor die mees smadelike oordele oor My! En tog het Ek oral dieselfde suiwer lewenswaarheid geleer en groot tekens gedoen. Wat moet Ek nou met dié ontaarde soort Judeërs doen?”

[6] Die oudste sê: “Majesteit en Heer, doen met hulle wat U met die inwoners van Sodom gedoen het!”

[7] Ek sê: “Nou nog nie; want daar is nog enkele regverdiges in die stede en dorpe. Maar dit sal nie meer lank duur nie, omdat die weinige regverdiges terwille van My Naam en My leer sodanig deur die blinde en hoogmoedige, trotse wêreldse mense vervolg sal word, dat daar ten slotte nie één regverdige in My lig in so `n stad sal kan bly nie; dan sal hulle maat vol wees en sal dit met hulle nog veel slegter gaan as wat dit eens met Sodom en Gomorra gegaan het. Maar ons laat dit nou met rus en praat oor iets anders!

[8] Sê My eers, of julle nog niks oor My en My optrede ter ore gekom het nie! Want twee jaar gelede was Ek ook in die omgewing van Gadara gewees en het daar die twee erg besete mense bevry van hulle vele bose geeste, wat hul vervolgens van `n kudde varke meester gemaak het saam met hulle in die meer gestort het. En het julle nie gehoor dat Ek ooit in die omgewing van Betsaida in `n woestyn `n paar duisend mense met slegs `n paar brode en visse sodanig gevoed het, dat daar na die spysiging verskillende mandjies oorgebly het wat hulle nie kon opgeëet het nie?”

[9] Die oudste sê: “Ja, Majesteit en Heer, daaroor het ons almal wel baie oor gehoor praat, en ons beskou die Wonderdoener - wat volgens wat die mense sê - `n Nasarener was en wel die seun van Josef die timmerman, wat ek persoonlik goed geken het - as `n magiër, wat Sy wonders stellig by die berugte Essene geleer het en wat Jesus heet.

[10] Destyds het die blinde volk so geoordeel, en ons kon ons ook nie so maklik iets anders voorgestel het nie; want wat kan ons van die Seun van `n timmerman uit Nasaret anders dink as dat hy `n heel handige magiër was, wat die ou leer van die Judeërs geken het en Homself aan die maklik te misleide volk as `n profeet voordoen om hulle na Hom toe te trek met `n bedoeling wat Hy alleen ken?

[11] As onsself getuie was van die dade van U, sou ons sekerlik anders oor U geoordeel het - al sou U ook tien keer die Seun van Josef gewees het!

[12] Maar nou is onsself getuies van U daad, wat geen enkele Esseen nie, maar alleen God kan verrig, en al is U nou as mens die Seun van Josef, die timmerman uit Nasaret - wat U ook wel sal wees - dan bring dit ons geloof in U nie in die minste van wysie af nie, en is en bly U vir ons die beloofde Messias!

[13] Neem hierdie bekentenis van ons nie onwelwillend aan nie, en weerhou U seën nie van ons nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205