Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

RafaEl as leraar in die astronomie

14 Buite bring RafaEl hulle na `n groot, oop plek by die meer, wat vir die Romeine as militêre oefenterrein dien en in die nag deur niemand meer betree word nie.

[2] Midde op die plek aangekom sê RafaEl vir die drie: “Daar is altyd twee weë om tot `n groot en belangrike insig te kom: Die eerste is die lang, vervelende en moeilike weg deur wyd uiteenlopende verklaringe, wat byna nooit tot `n einde wil en kan kom nie; die tweede, die klein en doelmatige weg is die deur middel van voorbeelde. En dit wil en kan ek nou by julle toepas!”

[3] Die kommandant sê: “Dit sal nie maklik wees om ons treffende voorbeelde te gee van iets waarvan ons nog geen enkele idee het nie.”

[4] RafaEl sê: “Dit is my saak, omdat ek dit in my mag het wat aan my deur die Heer verleen is - let dus goed op na alles wat julle nou sal sien! Ek sal julle eers die hele aarde, dit wil sê haar oppervlak, presies soos wat sy nou is, in `n sodanige grootte voor oë stel, dat julle haar maklik sal kan oorsien.”

[5] RafaEl het dit nog nie gesê nie, of daar sweef al `n klein aardbol, maar net twee en `n halwe manslengte in deursnee, voor die oë van die buitengewoon verbaasde Romeine; deur `n eie lig was dit so goed verlig, dat mense ondanks die gevorderde aandskemering op die oppervlak alles goed kon onderskei en, bekende plekke ook onmiddellik kon sien lê en herken soos wat dit voorgestel is.

[6] Die aardbol draai ook om sy as, maar om dit vinniger te kan oorsien, in verhouding natuurlik baie vinniger as die egte aarde. Alle kontinente, en `n byna ontelbare groot aantal eilande, alle seë, net soos ook alle mere, riviere, berge en dale was lewenseg te sien, en wat die drie daarvan ken, word ook dadelik deur hulle herken as dit wat dit voorstel.

[7] Toe die Romeine hierdie aardbol byna `n uur lank baie aandagtig bekyk het, waarby RafaEl hulle alles met enkele woorde begryplik uitlê, en hulle so `n korrekte voorstelling van die aarde gekry het, sê hulle al drie: “O, wat is die mense tog nog blind en hoe het hulle nie `n belaglike dom voorstelling van die aarde wat hulle dra en voed nie!”

[8] Hierop sê RafaEl: “Kyk, soos wat julle deur die voorbeeld die korrekte kennis oor die hele aarde vinniger kan verkry as wanneer `n ervare aardkundige dit met baie woorde hoe duidelik aan julle sou uiteengesit het, so sal ek julle nou ook die verhouding van die aarde tot die maan, die son en die ander planete duidelik maak! Ons sal die aardbol nou verder van ons af weg in die lug plaas, en die maan as haar begeleier sal op, na verhouding `n korrekte afstand hier voor julle oë weergegee word.”

[9] Toe RafaEl dit gesê het, was die maan ook al - egter volgens verhouding `n klein bal - voor die verbaasde oë van die Romeine tot `n goed sigbaar en maklik te herkende bestaan geroep.

[10] Eers word die kant wat steeds na die aarde gekeer is, van bokant na benede noukeurig in oënskou geneem en ook verklaar, vir sover dit nodig was, en daarna eers die agterkant, waarby dit ook nie ontbreek aan die korrekte verklaring nie.

[11] Toe sê die kommandant: “Dit is vergeleke met ons aarde wel `n treurige wêreld! Die mense, soos wat jy dit uitlê, wat slegs aan hierdie kant lewe, kan geen groot wysheid bereik nie, omdat hulle op so `n klein, uiters skraal wêreld slegs in baie beperkte mate die dinge kan aanskou wat God geskape het, en omdat hulle deur hulle orde van dag en nag, dit geheel en al ongelyk en verskillend is ten opsigte van die van die aarde, ook byna geen tyd kan kry om selfs die weinige op die klein wêreld met aandag te bekyk en te bestudeer, vergelykings te maak en daaruit die nodige lering te trek nie. Hulle sal wel die meeste soos ons ape lyk?”

[12] RafaEl sê: “Dan vergis jy jou geweldig, ook al het dit daar vir jou verstand die skyn van! Ek sou jou nie met `n maanbewoner wil laat omgaan nie; want dan sou jou innerlike wysheid seker aan die kortste end trek!

[13] Julle mense van hierdie aarde het weliswaar baie uiterlike ervaringe en dus ook baie uiterlike kennis; maar die innerlike kennis van die lewe ontbreek julle, en dit is onbeskryflik meer belangriker as al die uiterlike, skreeuerige, ydele beuselagtigheid.

[14] Die maanmense staan daarenteen sterk in die innerlike, beskouende lewe, waarin hulle ook julle bewoners van hierdie aarde baie goed ken; maar hulle het slegs selde enige welbehae in julle, omdat julle jul deur jul uiterlike gerigte mentaliteit te ver van die innerlike waarheid van die lewe verwyder het. Hulle sê van julle dat julle dooie siele is. As dit nou so met die maanbewoners daar gaan, staan hulle sekerlik op `n hoër lewensvlak as jou aardse ape.”

[15] Die kommandant sê: “As dit met die bewoners van die maan inderdaad so gestel is, neem ek my oordeel natuurlik onmiddellik terug en vra ek hulle via jou baie kere om vergewing.”

[16] RafaEl sê: “Laat dat maar vir wat dit is, en laat ons na ons saak terugkeer! Na die aarde het ons nou die maan goed leer ken*. Maar hoe is dit met hierdie twee hemelliggame in verhouding tot die son? Voordat ek julle dit geheel kan laat begryp, moet ek julle in kort nog bekend en vertroud maak met die planete, wat julle, ten minste wat die naam betref, ken. *[Dit word uitvoerig beskrywe in die boek “Aarde en maan” van Jakob Lorber.]

[17] Daar is weliswaar nog enkele planete wat ook by hierdie son, wat die aarde lig en warmte skenk, hoort en hulle net soos die aarde lig en warmte van haar ontvang. Maar ek sal my beperk tot net die planete waarvan julle die naam ken, en hulle vir julle in hulle ware gedaante één vir één voor oë stel. Daar is byvoorbeeld Mercurius, die planeet wat die naaste aan die son staan!”

[18] Onmiddellik sien die drie Romeine hierdie planeet en bewonder die taamlike ooreenkoms met baie op ons aarde, en RafaEl gee daarby uitgebreide verklarings.

[19] Toe die drie vinnig klaar was met Mercurius, kom Venus aan die beurt en daarna Mars, wat die drie aanvanklik sonder enige skroom bekyk. Maar omdat hulle daar, in plaas van hulle oorlogsgod, ook maar net `n planeet sien, wat taamlik baie soos die aarde lyk, word hulle ook vinnig vertroud daarmee. Na Mars kom in ooreenkomstige grootte Jupiter met sy vier mane aan die beurt, waaroor die drie Romeine hulle baie verbaas. RafaEl verklaar hulle in kort die belangrikste daarvan, waardeur hulle sy mag en wysheid baie hoog prys. Daarna laat hy Saturnus tevoorskyn kom, wat by die Romeine nog meer bewondering ontlok as alle voorgaande planete*. En RafaEl hou hulle langer besig by hierdie uitsonderlike planeet met sy verklarings, as by een van die voorgaande, met uitsondering van die aarde. *[Hierdie planeet word uitvoerig beskrywe in die boek “Saturnus” van Jakob Lorber.]


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205