Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vrou van die herbergier en haar diensbodes

145 Toe die vrou en die ander kinders dit gedoen het en ook gehoor het dat hulle die oorgeblewe vis in die kombuis moes opeet, word hulle baie bly, omdat hulle almal baie honger gehad het.

[2] Toe hulle die vis begin opeet, kom daar ook enkele dienare en diensmaagde die kombuis binne om hulle aand se brood in ontvangs te neem en op te eet. Die was ook dadelik baie verbaas en vra die vrou van die herbergier waar hulle die visse in hierdie streek gekry het.

[3] Die vrou van die herbergier sê: “Daar het vreemdelinge aangekom wat self vir hierdie visse gesorg het; meer kan ek julle nie sê nie. Maar neem julle aand se brood, en omdat daar nog genoeg visse is, sal ek elkeen van julle, vanweë julle getroue dienste, nog bietjie van hierdie visse daarby gee.”

[4] Dit doen die vrou van die herbergier, en elkeen van die twintig huisbediendes, bestaande uit knegte en diensmaagde, kry soveel dat hulle dit nouliks kon opeet.

[5] Hulle kon maar nie daaroor uitgepraat raak nie en hulle sê (die huisbediendes): ”Daarop moet `n spesiale seën van JaHWeH rus; want jy het ons by ons brood slegs klein stukke vis gegee, vrou van die herbergier, maar die stuk vis blyk telkens groter te word en ons kan dit nouliks opeet, hoe goed dit ookal vir ons smaak!”

[6] Die vrou van die herbergier sê: “Bly dan steeds die huis getrou in alle pligte en vroomheid, dan sal die seën van JaHWeH in alles steeds by ons bly!”

[7] Na hierdie goeie opmerking van die vrou van die herbergier verlaat die huisbediendes die kombuis en begeef hulle ter ruste; want hulle het hierdie dag almal hard gewerk en het moeg geword.

[8] Daarna kom die vrou van die herbergier na ons kamer toe en vertel ons oor die wonderbaarlike vermeerdering van die stukke vis, wat hulle onder die personeel verdeel het vanweë hulle vlyt.

[9] Die herbergier sê: “Luister, my steeds vrome en aan God toegewyde vrou: Vir die Een wat almagtig is, is niks onmoontlik nie, maar ons mense kan maar net die Almagtige steeds bewonder, loof, liefhê, prys en Sy gebooie hou! God kan alles uit Homself, maar `n mens en `n engel kan niks sonder God nie.

[10] Kyk, omdat ons huis steeds in God geglo het en vir sover moontlik onder die vele heidene die ou trou in hart en daad bewaar het, het Hy aan ons gedink, het Hy op wonderbaarlike wyse in hierdie Heiland sigbaar na ons toe gekom en het ons siele geweldig verkwik! Laat ons dus bly soos ons was en steeds regverdig volgens die aan ons bekende gebooie van God handel, dan sal Hy voortaan met Sy barmhartigheid, liefde, mildheid en erbarming by ons bly!”

[11] Daarop sê Ek: "Jy is nog `n egte Judeër uit die ou tyd van Samuel en is daardeur ook verlig, soos `n Judeër dit behoort te wees; maar tog het jy `n klein fout, en dit is dat jy teenoor vreemdelinge, wat geen Judeërs is nie, erg geslote en onvriendelik is; heimlik is jy `n vyand van die heidene, en wel soseer, dat jy hulle almal sou wil vernietig, as jy dit sou kan.

[12] Ek weet wel dat jy so is deur jou ware ywer vir `n waarheid vanuit God, en omdat dit by die ou, ware Judeërs ook steeds voorkom, waarby van hulle geëis word dat hulle die swaard trek teen die vyande van God se volk. Maar dit moet nou nie meer so wees nie, en ook aan alle heidene moet My evangelie verkondig word - wat die vestiging inhou van die ryk van God op hierdie aarde om alle mense salig te maak. Want daar sal tye kom en dit is al daar, dat baie heidene nader by God sal staan as baie Judeërs, wat God met hulle lippe loof en prys, maar wie se harte ver van Hom verwyder is.

[13] Kyk, baie heidene soek nou die waarheid wat die ware kinders van God vroeër besit het vanaf Adam tot in hierdie tyd, en as hulle die waarheid vind, herken hulle dit dadelik, neem dit met `n baie bereidwillige hart aan en kom geheel en al tot `n lewende geloof! En dit is immers ook My wil, spreek die Heer, dat ook die heidene, wat so lank buite hulle skuld in die diepste duisternis van die baie dom bygeloof gesmag het onder die tiranne en hulle heerssugtige priesters met hulle sug na `n goeie lewetjie, salig sal word deur die geloof in die Een, enig ware God.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205