Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die toelaat van wantoestande en verval onder die mense

147 Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, ek het U heeltemal begryp en dit is vir my nou volkome duidelik wie ek in U voor my het! My seun, wat deur U barmhartigheid en mag genees is, het U dadelik na sy wonderbaarlike genesing volkome korrek beoordeel en U herken as die Een wat U sonder enige twyfel ook is.

[2] My ou fout sal ek van nou af aan geheel en al aflê en my gedrag teenoor Judeërs en heidene presies ooreenkomstig U heilige ware raad verander.

[3] Maar vir mense soos ons is één ding moeilik te begryp, naamlik waarom op hierdie aarde die geheel goeie en ware steeds deur die bose en valse gereeld volledig onderdruk en onderwerp moet word en eers weer te voorskyn kom, maar steeds sporadies, wanneer die bose en valse noodgedwonge hulleself uit vertwyfeling die skerp swaard op die bors begin te sit.

[4] Hoeveel duisend maal duisende mense smag in die grootste nood, duisternis en veelvoudige vertwyfeling, kan hulleself nie help nie en kla hulle hele lewe lank! Ons, die weinige mense wat nog in die oerwaarheid staan, kan alleen maar diepe medelye met hulle hê, maar hulle met die beste wil van die wêreld nie help nie. Ja, iemand wat honger het, kan ons met ons klein oorvloed wel versadig, iemand wat dors het te drinke gee en iemand wat naak is klee, en ook as dit nodig is, iemand wat verdriet het, bietjie skrale troos gee - maar daarmee is al ons hulp ook ten einde!

[5] Alleen U, o Majesteit en Heer, wat die nood van alle mense op hierdie aarde maar al te goed ken, sou die hele geestelike en ook liggaamlike nood van alle mense net so vinnig kan verhelp soos U my seun van al sy lyding afgehelp het; maar dit gebeur deur U - soos die Skrif self ons leer - maar heel selde.

[6] O Majesteit en Heer, waarom moet dit eintlik so wees op hierdie aarde? Is die meeste mense dan werklik deur U bestem om te val en slegs weiniges vir die opstanding?”

[7] Ek sê: “Dit is verre - nie één mens is deur My bestem om te val nie; maar elke mens is eers werklik mens deur sy vrye wil, wat aan hom deur My gegee is, en hy dien homself te oefen, te beproef en te bepaal in die goeie en ware, wat Ek hom altyd getrou geopenbaar het. En dan gebeur net dat die mense hulle deur die bekorings van die wêreld, waarin op verborge wyse die ryk van Satan heers, maar al te gou gevange laat neem, My ondanks My voortdurende vermanings, geleidelik aan vergeet, My gebooie in die wind slaan en hulle ten slotte met die voete vertrap. Van die naasteliefde gaan hulle oor na eieliefde, word traag in alle goeie werk en in die traagheid begin hulle te bedink hoe hulle dit moet aanlê om alle ander mense vir hulle te laat werk en hulle blindelings te laat gehoorsaam.

[8] By daardie soort oorwegings neem hulle baie gou hulle toevlug tot allerlei bedrieglike kunste, bedryf dit teenoor hulle nuuskierige medemense en bied hulleself aan deur allerlei valse towerwonders en misterieuse woorde baie gou as deur die Godheid besielde profete.

[9] Die ander mense begin die leeglopers dan te glo en hulle as `n soort hoër wese te beskou; hulle voel hul gelukkig as hulle reëlmatig by hulle kan wees en hulle allerlei offers kan bring, en uiteindelik vra hulle die bedrieërs selfs of die hulle in beskerming wil neem.

[10] En kyk, onder sulke omstandighede het die bedrieërs al hulle doel bereik; deur hulle niksdoen en hulle bedrieglike kunste word hulle aldeur magtiger, hulle verdraai My openbarings tot hulle voordeel, word heersers oor hulle verblinde medemense en gee hulle wette, waarvolgens hulle medemense uiteindelik alleen vir hulle moet werk en desnoods ook nog al hulle besittings, bloed en lewe vir hulle tiranne moet insit en opoffer.

[11] Steeds wanneer dergelike ontwikkelings op dreef kom, word die volk deur My vermaan en gewaarsku deur middel van profete wat werklik deur My in die gees gewek is, soos dit ten tyde van Samuel gebeur het, toe die volk van die Judeërs ook `n koning wou hê soos die omringende heidense volkere dit gehad het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205