Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Watter invloed die uitbreiding van die evangelie het. Oor die wederkoms van die Heer

152 Met hierdie uitleg van My was die herbergier volkome tevrede, en hy was eens daarmee.

[2] Maar enkele van My leerlinge, veral die by My aanwesige leerlinge van Johannes (die doper), sê: “Heer, as dit altyd so sal gaan soos dit sedert die tyd van Noag tot nou toe gegaan het, dan is die aarde tog eerder `n kweekskool vir die hel as vir die hemel! Want wat sal dit baat om die volkere die evangelie te verkondig om hulle tot egte boete of tot ommekeer van hulle ou duisternis na U lewenslig te bekeer, as Satan dadelik daarna weer sy ou spel sal voortsit, waaraan ons nie hoef te twyfel nie?

[3] Want behalwe ons, wat U ware leerlinge is, sal daar maar al te gou `n hele boel valse leraars en profete opstaan en van U maak wat hulle wil, en die mense sal hulle netsoos in alle tye deur allerlei bedrieglike kunste en towerwonders sodanig deur hulle laat mislei dat ons, U egte leerlinge, langs en onder hulle ons lewe nie seker sal wees nie.

[4] Wat sal U huidige neerdaling die mense in die algemeen baat? Weiniges sal wel met angs en bewing in U Naam glo en in die verborgene ook volgens U leer handel en leef - maar wee hulle in hierdie wêreld, as hulle as sodanig deur die ander herken word! Dan sal daar waarskynlik geen einde aan die vervolging kom nie, totdat die klein aantal van diegene wat U eg bely van hierdie aardbodem weggevee sal word!

[5] As die Israeliete in U teenwoordigheid `n goue kalf kon gemaak en dit vereer en geprys het - hoeveel te meer sal die teenswoordig geheel verstokte mense en sondaars van allerlei soort dit doen! Heer, het ons gelyk of nie?”

[6] Ek sê: “Enersyds wel - maar andersyds nie; want van nou af aan sal Ek diegene wat My eg bely tot aan die einde van die tye wel sodanig beskerm en bewaar, dat die mag van Satan hulle weinig of niks sal kan doen nie.

[7] Maar sorg daarvoor dat julle dit na My nie onderling oneens word nie, omdat Ek ook vir julle jul vrye wil en julle vrye insig moet laat! As julle dit oneens word, en die een dit en die ander dat as beter synde aanprys, dan sal julle self die eerste steen lê vir die valse profetedom en veelvuldige splitsings veroorsaak in die leer wat Ek aan julle verkondig het.”

[8] Nou sê die leerlinge weer: “Heer, dit sal, wat ons betref, nooit gebeur nie, aangesien ons getuie is van U leer en U dade!”

[9] Ek sê: “Dit is julle wel, maar tog sal daar van nou gereken geen jaar verbygaan en sal julle jul vir My vererg, My verloën en verraai! Waarlik Ek sê julle nog meer: Wanneer Ek as julle Herder binnekort gedood word, sal julle as My skape verstrooid raak. Ek sal julle na My opstanding wel weer bymekaar bring en julle voorsien van alles, die wêreld instuur om alle mense My evangelie oor die koms van die ryk van God op hierdie aarde te verkondig, en julle sal vele aanhangers kry - maar uit hierdie aanhangers sal weldra volgelinge opstaan, wat in julle voetstappe sal staan en eweneens in My Naam sal onderrig.

[10] Diegene wat geroep is sal niks bederf nie, maar langs hulle die vele wat nie geroep is nie, des te meer, en dan sal daar weldra rusie en twis onder hulle intree, en elkeen van hulle sal dit laat voorkom dat hy die volle, suiwer waarheid leer; My leer sal weldra soos aas wees, wat die aasvoëls al van ver ruik, waarnatoe hulle vlieg en hulle dit tot op die bene opeet om hulle liggaam te versadig.

[11] Die geraamte sal dan nog wel oorbly, maar slegs weiniges, wat wys sal wees deur My Gees, sal onderken hoe die vlees, waarmee die bene vroeër bedek was, daar volgens waarheid uitgesien het. Die meeste sal egter nog so lank aan die geraamte bly knaag, tot hulle daarby verhonger.

[12] Dan sal daar op die aarde natuurlik baie rusie wees en tandegekners, en die mense wat so lank in die duisternis was, sal in hulle nag die troebel dwaalligte agterna hardloop, in die mening om daardeur `n egte lig te verkry; maar die herhaaldelike uitdoof van sulke dwaalligte sal hulle langsamerhand in hulleself tot die oortuiging bring dat dit bedrog is.

[13] Kyk, dan sal Ek wederkom soos `n helder bliksem, wat van die ooste na die weste lig versprei en alles verlig wat daar in, op en bo die aarde is; en dan sal die tyd kom, dat die valse leraars en profete niks meer sal bereik by die mense wat deur die bliksem verlig is nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205