Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vraag oor die opwekking van die gelowiges op die jongste dag

153 Daarop sê Simon Juda, wat ook Petrus genoem word: “Heer! U het ons herhaalde kere gesê dat alleen iemand wat werklik in U glo en volgens U leer leef en handel die ewige lewe sal ontvang, en dat U hom op die jongste dag sal opwek! Kyk, Heer, dit is twee beloftes uit U mond, wat vir my, ondanks U veelvuldige verklarings, nog nie heeltemal duidelik is nie.

[2] Hoe sal dit met die tallose mense afloop, wat nog lank niks oor U sal hoor en verneem nie? Is hulle net op aarde om met hulle liggame die uitgestrekte bodem van hierdie aarde te bemes vir `n uiteindelike beter menslike geslag?

[3] Want by die mense kan daar vanselfsprekend geen opwekking deur U op `n jongste dag plaasvind nie, aangesien hulle - buite hulle skuld - onmoontlik in U kan glo en volgens U leer kan leef; en so bekyk is `n jongste dag, waarop U alle lewendes en dooies wil opwek, altyd iets hard en raaiselagtig in U leer, ondanks die vele toeligtings wat U al gedeeltelik daaroor gegee het. Want die een keer lyk dit asof dit `n algemene dag is wat nooit eers sal kom nie, en die ander keer `n spesiale dag vir elke mens wat na die groot wêreld aan die anderkant oorgaan.

[4] Maar hoe dit ookal sy, ek begryp tog nie waarvoor daar nogmaals `n opwekking nodig is vir diegene wat tog al in U Naam leef nie.

[5] Vir die eintlike dood lyk `n opwekking vir my noodsaaklik; maar wanneer en waarvoor moet hulle na die opwekking nog meer dood word as wat hulle al daarvoor was? Of sal U evangelie eers na die opwekking aan hulle verkondig word?

[6] Kyk, o Heer, gee U vir ons nou eindelik eers `n volledige uitleg daaroor, sodat ons nie steeds heimlik moet dink dat U van die duisend mense slegs één vir die ewige lewe en negehonderd-nege-en-negentig vir die ewige dood geskape het nie!”

[7] Daarop sê Ek: “Luister, My Simon Juda! Ek glo dat jy op hierdie punt, waaroor jy voortdurend twyfel, nooit duidelikheid sal kry nie, ook al sou jy in die volledige besit van My Gees wees! Ek het julle tog al verskeie kere gesê dat Ek nog veel te sê het vir julle - maar dat julle dit nou nog nie kan verdra nie, dit wil sê met julle verstand begryp en verstaan nie; daarom sal Ek My Gees vir julle stuur en die oor julle uitstort, en die sal julle eers in alle Waarheid en Wysheid binnelei!

[8] Ek hoef nou maar net `n bietjie hoër teenoor julle te gryp met My leer, dan sê julle: “Nou het U weer in gelykenisse en beelde gespreek!”, en omdat julle nie in staat is om My leer te begryp nie, noem julle dit hard. ”Wie kan dit vat en begryp?”

[9] Weet julle dan nie dat julle nou met betrekking tot My leer soos klein, onmondige kinders is nie, wat mens met melk voed, omdat hulle nog geen harde en kragtige voedsel tot hulle kan neem en verteer nie?

[10] As julle na My daarop sal uitgaan om My evangelie onder die mense te verbreed, dan sal julle dieselfde doen as wat Ek nou met julle doen en met ander mense, wat ons ontmoet.

[11] Of wat sou julle daarvan dink, wanneer daar in `n skool vir kinders, `n baie wyse skrifgeleerde sou kom en `n voordrag oor die mees verhulde teksgedeeltes van die profete sou gaan hou vir sy jong en swak toehoorders - wat geeneen van die toehoorders natuurlik sou kan begryp nie? Sou die baie wyse skrifgeleerde dit hom uiteindelik nie moet laat welgeval wanneer sy toehoorders hom toeroep nie: “Hooggeleerde en wyse vriend, leer ons tog liewer eers lees, desnoods skryf en reken; en kyk dan eers of ons dan nie iets van jou hoë wysheid sal kan begryp nie!”?

[12] En kyk, so `n teregwysing sou Ek Myself van julle moet laat welgeval, as Ek julle My evangelie in die suiwer hemelse lig sou wil voorhou. Want as julle alreeds nie die dinge van hierdie wêreld begryp nie, wat tog so duidelik voor die hand liggend is, hoe sou julle dan iets begryp, as Ek met julle oor dinge sou spreek wat geheel en al van anderkant en hemels is?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205