Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die begrip ewigheid

155 (Die Heer:) “Dat Ek met julle egter nog nooit oor `n algemene dag van opstanding en oordeel gespreek het nie, sal julle jul almal wel kan herinner - maar wel oor `n spesiale jongste dag vir elke mens, wat aanbreek op die oomblik dat sy siel haar liggaamlike, aardse beproewingsomhulsel verlaat. Die opwekking sal ewenwel nie by iedereen dadelik die verkryging van die ewige lewe tot gevolg hê of andersom die ewige dood nie - waarby egter opgemerk moet word dat julle die woord “ewig” nie as `n eindeloos voortdurende tyd moet beskou nie; netso het ook die oneindigheid van My skeppingsruimte nie uitsluitend betrekking op die ruimte, wat ewenwel nêrens `n begin of `n einde het nie, netsoos God Self, van wie die ruimte uitgaan, en wat oral in alle rigtings vervul is van die werk van Sy liefde en wysheid en van die mag van Sy wil.

[2] Die ewigheid is in die geestelike wêreld weliswaar te vergelyk met die tydsduur in die materiële wêrelde; dus aan die anderkant in die gees is dit, dit wat hier die tyd is. Daarmee is egter absoluut nie gesê dat in die ewigheid geen verandering sal plaasvind nie, maar daarmee is net aangedui dat die waarheid en die lewe ewig en onveranderlik dieselfde is; die valse en onware bly as teenstelling tot die ewige waarheidslig en lewe derhalwe ook ewig bestaan, sonder dat `n wese daardeur gedwing sou wees om ook ewig in die teengestelde toestand te bly. Want julle weet dat God as die ewige liefde, wysheid, mag en krag ook ewig nooit werkeloos kan en sal wees nie, maar dat Hy uit Homself ewigdeur skeppings te voorskyn sal roep, sodoende Sy gedagtes sal beliggaam en die vanuit Sy liefde en wysheid na `n toekomstig selfstandige bestaan sal lei, waarvoor in die ewigheid tyd genoeg en in die eindelose ruimte plek genoeg is.

[3] En so lank daar `n skepping sal bestaan, sal daar teenoor die goddelike suiwer geestelike ook `n materiële skeppingsobjek bestaan, wat in sekere sin teenoor die suiwer Godheid die duistere lewensproefobjek vorm. Daarmee is egter nie gesê dat die duistere objekte vir die hele ewigheid duister en sleg moet bly nie, netso min as wat hierdie hele aarde en die hemel met sy sterre, wat vir julle sigbaar is, ewig sal bly soos wat julle dit nou alles sien nie; maar hy sal vergaan en met verloop van tyd van die tye geheel en al opgelos word, en in plaas daarvan sal `n nuwe skepping kom. Daarom sê Ek nou al vir julle: Kyk, Ek maak alle dinge nuut, en julle almal sal nog My helpers aan die nuwe skepping wees!

[4] Julle is nou weliswaar hier begrens, sowel wat tyd as wat ruimte aanbetref, maar tog bevat julle ewige en oneindige dinge in julle; dit begryp julle weliswaar nou nog nie heeltemal nie, maar eenmaal sal julle geheel en al begryp hoe selfs die kleinste sandkorreltjie iets dergeliks in hom dra. Want laat iemand van julle wat kan reken, eers probeer om `n sandkorreltjie in stukkies te deel, en laat hy dit vir My sê as hy daarmee klaar is! Ek glo dat daardie werk vir elke rekenkundige, ook vir die beste, nog te lank sou gaan duur, omdat hy ewig nie daarmee sou klaarkry nie. Soos wat die oneindigheid egter selfs in die kleinste ding aanwesig is, so is dit ook met die ewigheid.

[5] As Ek dus oor ewigheid en oneindigheid praat, moet julle dit ook in die korrekte betekenis verstaan - maar nie soos julle kortsigtige wêreldse verstand dit vir julle ingee nie.

[6] Kyk, hiermee het Ek julle nou manlik en vaster voedsel gegee, omdat Ek wel sien dat enkele van julle al min of meer die vermoë het om daardie voedsel te verteer!

[7] Wanneer julle in My Naam in die wêreld sal uitgaan om My evangelie aan die volkere te verkondig, sal julle dit vir die kinders ook as melkvoedsel moet voorsit. Want as julle met leringe soos hierdie sou begin, sou die mense julle as waansinniges beskou en gladnie luister na wat julle sal leer en sê nie - waaroor julle jul egter heeltemal geen sorg hoef te maak nie, want julle sal altyd in die mond gelê word hoe en wat julle moet spreek. Al die res sal My Gees dan doen by almal wat deur julle My Gees ontvang en daarin wedergebore word. En daaruit sal dan ook die waarmerk bestaan, dat My woorde nie uit die mond van `n mens nie, maar uit die mond van God tot julle gekom het. En nou, My Simon Juda, is jy nou meer verlig as voorheen?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205