Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die Laaste Gerig

156 Simon Juda sê: “Majesteit en Heer, hierdie keer het ek alles wat U nou uitgelê het, baie duidelik begryp, beter as ooit tevore; maar ek moet beken dat U te groot wysheid my byna verpletter het. Vir U is dit wel maklik om oor dergelike oneindige groot dinge nog makliker te praat as `n huisheer oor sy huisraad, maar ons aardse verstand voel daarby die hele gewig van U eindelose alwetendheid teenoor ons eie volkome onbeduidende onwetendheid.

[2] O Heer! U sal `n groot massa van U ewige liggees oor ons moet uitstort, voordat ons sal begryp wat U ons tot nou toe alles geopenbaar het! Ek dank U vir U groot barmhartigheid, wat U ons nou bewys; maar tog sien ek ook in dat ons nie in staat sal wees om al die groot geheime, wat U ons al uit die natuurlike wêreld geopenbaar het, en daarnaas die nog grotere uit die geestelike ryk, ook aan ons leerlinge deur te gee nie.”

[3] Ek sê: “Dit is voorlopig ook gladnie nodig nie, maar My Gees sal dit wel doen by vele wat Ek daartoe sal roep. Vir die kinders van hierdie tyd is dit voldoende dat die mense in My glo, dat Ek, wat hierdie liggaam van My betref, uitgegaan het van God die Vader en dat elke mens deur daardie geloof sal oorgaan tot die ware kennis van God, tot die ware liefde vir Hom en vir sy naaste en daardeur ook tot die ewige lewe.

[4] En so sal julle die basuine wees wat iedereen sal hoor, ook diegene wat in die grafte is en wat deur die see gevange gehou word vanweë hulle eindeloos vele dwaashede en sondes, en hulle sal vry word en met die kleed van lewe beklee word. Want wie deur die basuin gewek word, word nie ten dode opgewek nie, maar ten lewe; wie egter die geskal van die basuin nie wil hoor nie, sal ook opgewek word, maar in die nag van sy graf, en in gevangenskap van die see bly tot die tyd dat hierdie hele aarde deur die vuur aangesteek word. Want netsoos ten tyde van Noag sal hulle in die huwelik tree en ten huwelik gegee word en hul nie bekommer oor die stem van My gewektes nie. Die eersgenoemdes sal Ek dan egter in één oomblik van die aarde wegruk en die laasgenoemdes met al hulle lieflinge prysgee aan die alles vernietigende vuur, aan die ontstaan waarvan die dan lewende onboetvaardige mense self die allermeeste sal bydra.

[6] En kyk, dit sal `n laaste oordeel op hierdie aarde wees, waarvoor spoedig na julle in die kleine `n eerste begin gemaak sal word! Maar julle moet natuurlik ook nie dink dat so `n vuur onmiddellik in alle plekke en streke van die aarde tegelyk sal uitbreek nie, maar hier en daar, so geleidelik aan, omdat die mense nog altyd tyd en ruimte sal kry om hulle lewe te verbeter.

[7] Nou kom die vraag egter weer by julle in stilte op hoe dit daarna met die losbandige siele sal afloop. Dink wat dit betref maar net aan wat Ek julle so pas gesê het, naamlik dat daar in My Vader se huis baie wonings en opvoedingsinrigtings is, dan sal julle jul daardeur sonder moeite kan voorstel wat daar verder met sulke siele sal gebeur!

[8] Wat Ek nou vir julle gesê het, moet julle egter vir julle hou; want die mense, soos wat hulle nou is, kan die dinge nie vat en begryp nie! Daarom het die Judeërs, toe hulle in die tyd van die konings steeds duisterder en halsstarriger geword het, die laaste drie boeke* wat reeds aan julle bekendgemaak is, nie meer kon begryp nie en hulle as apokrief weggedoen het. *(Naamlik die 6de en 7de boek van Moses en die profetiese aanhangsel; sien deel 6, hoofstuk 216:6.)

[9] Die Essene, wat aan julle bekend is, kon hulle nog op die regte oomblik meester daarvan maak en het vir hulleself ook baie aardse voordele daarmee behaal, wat natuurlik netso min My wil was as wat die mense hulleself met behulp van alle vermoëns wat Ek hulle gegee het, hulle volop in alle sondes sou begeef en My geheel en al sou vergeet. Maar desondanks het die mense allerlei goeie en slegte ervarings ryker geword, het toe op verskillende tye tog weer na My toe teruggekeer en het hulleself daardeur weer tot verbetering en na die lig berei. En so sal daar ook deur die Essene nog `n juiste lig onder vele mense kom.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205