Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die wynwonder in die Romeinse herberg

164 Toe ons daar binnekom, kom die eienaar van die herberg, `n Romein in hart en niere, ons dadelik vriendelik tegemoet, sê aan ons om plaas te neem en vra ons wat ons wens.

[2] Ek sê aan hom: “Die dag het weliswaar al gevorder tot byna sonsondergang, en behalwe die bietjie brood, het ons sedert vanmôre niks tot ons geneem nie - maar tog is dit nog bietjie te vroeg vir `n aandete; daarom kan jy voorlopig wel bietjie brood en wyn vir ons op tafel sit!”

[3] Die herbergier sê: “My beste vriende, brood het ek wel, netsoos gerookte vark- en skaapvleis, en ook melk het ek nog in voorraad - maar voëls, vis en wyn is in hierdie stad maar selde te kry en baie duur dinge op die tafel van reisigers; want van hier na die diep Jordaandal is dit ten eerste baie ver en die weinige voetpaaie van hier tot daar is uiters moeilik begaanbaar, en daarom is ons nie in staat om uit die geseënde westelike landstreke iets goedkoop en eetbaar te haal nie. Ons grond is, soos julle onderweg self opgemerk het, maar heel min vrugbaar deur gebrek aan grond en water. Ons stadsbronne wat nog water bevat, is waterkelders, en hier ver vandaan is `n fontein. Voordat `n mens in die gebied van die fonteine van die Arnon kom, tref mens nie gou êrens `n fontein aan nie, en die lê nog ver hiervandaan. Daarom sal ek brood en melk vir julle voorsit.”

[4] Ek sê aan die herbergier: “Gee ons in plaas van melk, liewer water uit jou waterput!”

[5] Die herbergier doen wat Ek wens, bring `n groot klipkruik vol vars water uit die waterput en sit `n paar garsbrode voor ons op tafel, terwyl hy sê: “Dit is die enigste graansoort wat hier nog taamlik ryklik groei, maar met koring geluk dit hier baie moeilik. Want hoe vroeg mens dit ookal in die winter saai, in die daaropvolgende voorjaar verdor hy nog voordat hy rypword. Daarom moet ons die koring vir ons eie gebruik uit Damaskus haal, welke stad hier ver vandaan lê, of ons moet die koring heeltemal uit Babilonië haal, wat nog verder hiervandaan lê as Damaskus. Maar gars het ons self genoeg, en langs melk en vleis is dit die vernaamste bestanddeel van ons voeding. Daarom moet julle genoeë neem met dit wat ek julle kan aanbied!”

[6] Ek sê: “Alles wat deur God geseën is, is goed!”

[7] Die herbergier sê: “Ek het al dadelik gemerk dat julle Judeërs is, omdat julle geen verlange kenbaar maak na die goeie varkvleis wat ons het nie - maar ek glo, as daar `n egte God bestaan, dat Hy ook die varkvleis geseën het en nie net die vleis van hoenders, skape, bokke en beeste nie! Ek is `n eerlike Romein en hou my aan die wette van Rome, wat ek baie goed vind, hoewel hulle slegs van mense en nie van gode stam nie.

[8] Wat baat dit `n mens ook by bepaalde goddelike wette, wat steeds in duistere en onbegryplike bewoordings geskryf is en deur die priesters na willekeur en in hul eie belang uitgelê word? Laat die gode dus wette vir hulleself gee soveel hulle wil; ons mense, wat deur ervaring wys geword het, sal onsself wel wette gee, en het dit ook gedoen, wat ons kan begryp en ook opvolg. Ons belangrikste gode is goeie, vrugbare jare en die kragte van die elemente, wat sulke jare tot stand gebring het; en nou wens ek dat ons brood en water vir julle goed smaak en geval!”

[9] Ek sê: “Beste herbergier, sit vir ieder van ons ook nog `n beker neer, waarvan jy daar genoeg sal hê!”

[10] Daarop sit die herbergier eweveel klei drinkbekers voor ons neer as wat daar van ons aan tafel sit.

[11] Ek sê nog aan die herbergier: “Vat vir jouself ook nog `n beker, en drink saam met ons!”

[12] Die herbergier doen dit in die veronderstelling dat hy eers sy water moes drink om ons aan te moedig, sodat ons dit ook durf drink. Hy skink sy eie beker dus eers vol en begin te drink; maar na die eerste sluk sit hy dit verras neer en sê vol verbasing: “Maar wat is dit dan, my beste heregaste? Ek het julle tog maar net water gebring, en noudat ek dit proe, is dit sonder twyfel uitstekende wyn, soos wat ek dit slegs één keer op die eiland Ciprus gedrink het.”

[13] Ek sê aan die herbergier, nadat Ek ook My beker vol geskink het: “Drink nou maar, netsoos ons almal; want waar jy die wyn vandaan het, daar sal jy nog wel meer voorraad hê!”

[14] Die herbergier sê: “O ja, my beste heregaste, my waterkelder is nog vir meer as die helfte vol water, en as dit in plaas van water alleen sulke wyn bevat, het ons voldoende wyn vir meer as `n jaar! Maar hier het `n wonder gebeur, en nou glo ek vir die eerste keer in wonders, hoewel ek vanaf my kindertyd nooit daaraan geglo het nie, ofskoon ek in my jong jare gereeld genoeg allerlei wonders gesien doen het deur bepaalde priesters en towenaars. My vader was naamlik self goed tuis in sulke kunste en het my by alles `n goeie verklaring gegee, en sodoende het ek as eerlike, welopgevoede Romein `n teregte ongeloof in en weersin aan alle wonderdoenery en towery gekry. Maar met die water van my waterkelder het `n wonderwerk gebeur! Maar hoe en deur wie, dit maak ek nou nie uit nie; mettertyd sal dit wel duidelik word, omdat dit `n goeie en geen kwade wonder is nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205