Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die gesprek oor die wynwonder

165 Terwyl die herbergier sy Romeins verstandige opmerkings nog so aan die maak was, kom ons Dismas al aan met die opperstadsregter, bring hom na My toe en sê aan hom: “Dit is die Heer wat wens om u te sien en te spreek!”

[2] Ek sê aan die herbergier: “Sit maar nog twee stoele en twee drinkbekers daarby; want Ek het eintlik na hierdie stad gekom om veral hierdie twee mense `n volkome geldige bewys van My heerlikheid te lewer!”

[3] Dit doen die herbergier onmiddellik, en Ek skink die twee bekers uit die kruik vol en sê aan hulle dat hulle moes drink.

[4] Albei sit die bekers teen hul mond en sê: “O herbergier, waar het jy hierdie wyn vandaan gekry? Dit is tog wel baie uitsonderlik dat `n mens `n slag wyn by jou kry, en dan nog wel die beste keiserswyn van die eiland Ciprus! Sê vir ons, waar het jy dit tog vandaan gekry?”

[5] Ietwat verleë sê die herbergier: “Menere, glo dit of nie - maar ek spreek eerlik die waarheid as ek sê: Uit die waterkelder van my huis! Hierdie heregaste vra om water in plaas van melk, ek het dit uit my waterkelder gehaal en met my eie hande op die tafel gesit, en niemand het die kruik aangeraak voordat ek my beker uit hierdie kruik volgeskink het nie; toe ek egter die beker aan my mond sit, was die inhoud daarvan geen water nie, maar, soos julle self geproe het, die allerbeste en duurste Cipruswyn. Julle weet dat ek nie in wonders glo nie - maar dit beskou ek as `n volmaakte wonderwerk!”

[6] Daarop sê die opperstadsregter: “Laat my saam met jou met die kruik na die waterkelder gaan en die water onmiddellik proe soos ons dit daaruit haal, dan sal dit dadelik blyk of jy so `n wonderbaarlike waterput besit!”

[7] Daarop gryp die herbergier die al leeg geraakte waterkruik en gaan onmiddellik met die opperstadsregter die kamer uit na die waterkelder, wat hom in die binneplaas van die herberg bevind.

[8] Die opperstadsregter skep hoogs-eiehandig die water, proe dit dadelik by die waterput en ontdek dat dit weer dieselfde wyn was.

[9] Vol vreugde bring hy die kruik eiehandig na die ruim gastekamer, sit dit op tafel neer en sê luid (die opperstadsregter): “Dit is werklik `n duidelike wonderwerk, soos die mense op hierdie aarde nog nooit meegemaak het nie! So `n wonder kan `n God wel doen, maar `n mens nooit.”

[10] Dismas, wat nou al die tweede beker wyn leeggedrink en daarby baie vrolik en opgeruimd geword het, deel die mening van die herbergier en die opperstadsregter en sê: “Wat het die ander eiesinnige tempeldwase nou daaraan, dat hulle hierdie egte Heer van die heerlikheid van God met hul duistere, ruwe grofheid tegemoet getree het? Buite voor die poort, en bewaak deur veertien leeus sal hulle waarskynlik van angs en skrik bloed begin te sweet, terwyl ons hier vrolik en opgeruimd die beste Cipruswyn uit die wynkelder van die keiser drink, waarvan ek in my hele lewe nog maar één keer `n bietjie te drinke gekry het, terwyl ek dit hier nou as te ware by die bekersvol kan drink.

[11] Daarom sê ek en bely ek ook dat Hy, wat met Sy wilskrag bliksemsnel die veertien leeus by die stadspoort te voorskyn kan roep en nou vinnig in staat was om die water uit die waterput in die beste Cipruswyn te verander, geen gewone mens is nie, maar in Hom woon werklik die volheid van die goddelike Gees! En die getuienis wat ek nou uitgespreek het, sal met my die graf ingaan; en nou begryp ek ook al U ander wonders, wat U, o Heer, in Jerusalem en ook in ander plekke gedoen het!

[12] Maar hulle daar buite voor die poort, sal dit nouliks ooit begryp; miskien sal die veertien leeus gedurende die nag die duiwels uitdryf wat hulle beheer, en dan sal hulle toegankliker wees vir die goddelike waarheid van vandag. Maar U is die Heer en kan doen wat U wil!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205