Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die bevryding en bekering van die fariseërs, wat voor die stadspoort deur die leeus bewaak word

166 Na hierdie woorde word die opperstadsregter eers nuuskierig na die wag buite die stadspoort, en hy vra My of Ek hom na buite wil vergesel, omdat hy baie bang was vir die leeus.

[2] Maar Ek sê aan hom: "Gaan maar gerus saam met Dismas na die stadspoort; geeneen van die diere sal jou enige kwaad aandoen nie!”

[3] Daarop vat die opperstadsregter, netsoos Dismas, die volste vertroue en gaan moedig saam met hom na die stadspoort!

[4] Daar vra diegene wat deur die veertien leeus bewaak word, of hy hulle nie van die verskriklike plaag wil bevry nie.

[5] Die opperstadsregter sê: “Wend jou tot die Heer, wat julle eers so afskuwelik belaster het; want dit is alleen aan Hom geleë om julle van hierdie plaag te bevry!”

[6] Die Judeërs en die paar fariseërs roep: “Vra Hom dan of Hy Hom nie oor ons wil ontferm nie, dan sal ons in Hom glo!”

[7] Toe kom die twee dadelik terug en bring dit aan My oor.

[8] Ek sê: “Wel nou, vergeld julle dan ook nooit kwaad met kwaad nie; dan sal diegene voor die stadspoort bevry wees van hulle kwelling!”

[9] Op daardie oomblik wyk die woeste wagters terug, en hulle wat bewaak was, kom vol geloof na ons toe en word ook vlug gesterk met die water uit die waterkelder.

[10] Toe die Judeërs en die paar fariseërs hulle aan `n ander tafel, nie ver van ons vandaan nie, met die kelderwater versterk het, staan die mees grimmige fariseër op, wat tevore vir My saam met Dismas wou verhinder het om die stad binne te gaan, en sê: “Majesteit en Heer! Nou glo ek ook dat U werklik die Een is op wie alle Judeërs, en ook heidene so lank tevergeefs gewag het!

[11] As U sou verskyn het op die manier soos die meeste profete, te begin by Moses, U aangekondig het, sou ons nooit moeite gehad het om U in volle geloof tegemoet te kom nie; maar U het op so `n manier in hierdie wêreld gekom, dat mens allerminste kon vermoed dat U die beloofde Messias van die Judeërs en via hulle ook van alle mense op aarde is.

[12] Bykans iedereen in Jerusalem ken naamlik U afstamming, aangesien mens U vader en moeder, asook U broers maar al te goed geken het; want hoe gereeld gebeur dit nie dat U vader, wat algemeen bekend staan as `n vaardige timmerman en skrynwerker, by ons in Jerusalem werk te doen gehad het en dat Uself nie selde met hom en U broers as timmerman saamgewerk het nie. Plotseling het U as dieselfde timmerman te midde van verskeie leerlinge as leraar van die volk opgetree, het in Jerusalem onderrig en `n skerp getuienis aan ons gegee. Daarom sal U goed kan begryp dat ons haat teen U enorm moes toeneem, toe U, elke keer wat U in Jerusalem verskyn het, ons by die volk in verleentheid gebring het en teen ons getuig het dat ons geen dienare van God, wat ons nie sou ken nie, maar net verskeurende wolwe in skaapsklere en derhalwe dienare van Beëlsebub sou wees; sodoende sou ons die volk nie by die lig en daarom ook nie in die hemel kon binnelaat nie en sou ons self ook nie na binne gaan nie, en so was daar nog `n groot aantal ergerlike verkleinerende getuienisse, wat ons met ons eie ore gehoor het of wat ons getrou deur ander meegedeel was.

[13] Daarom sal elke weldenkende mens goed begryp dat ons U nooit vriendelik kon bejeën het nie en dat ons haat teen U steeds meer moes toeneem, omdat U veragtende woorde oor ons ook steeds meer toegeneem het.

[14] Bowendien het U nog buitengewone wonders gedoen en die volk daardeur sonder enige moeite geheel en al van ons afgekeer en ons inkomste in die twee en `n half jaar oor die geheel met meer as tweeduisend pond goud verminder het. En ook het U die volk laat glo dat U die Seun van die een lewende God is, waardeur U tot ons groot ergernis die ou wet van Moses `n swaar slag toegedien het, omdat daar staan: “Ek alleen is julle God en julle Heer, in wie julle moet glo, op wie julle moet bou en vertrou. Buite My is daar geen God nie; daarom moet julle ook geen ander gode langs My hê nie!”

[15] Maar nou het U gesê dat U God se Seun is en dat die enig ware God in die hemel U Vader is, wat U alleen gesien het en ken, maar verder geen mens nie - en ons, dienare van die tempel, wel die allerminste.

[16] Daarby kom nog dat Dawid baie anders oor die koms van die Messias gespreek het as wat U koms plaasgevind het, aangesien hy gesê het: “Maak die deure wyd en die poorte hoog, sodat die Koning van die ere by julle kan intrek! Wie is die Koning? Dit is JaHWeH Sebaot!”

[17] Nou sal U met U natuurlike gesonde verstand al goed insien en begryp dat U, in U posisie as timmerman in Galilea, ondanks al U wysheid aangaande die Skrif nie as koning van die ere gesien kan word nie, selfs nie eers as `n profeet nie, omdat daar immers uitdruklik geskryf staan dat daar uit Galilea nooit `n profeet sal opstaan nie!

[18] Heer, vergeef my dat ek U nou heel vrymoedig en openhartig die redes uiteengesit het waarom U so gehaat is by vele, verreweg die meeste fariseërs, hoë priesters, Leviete en ook ander Judeërs, wat dit vir die tempel opneem, en waarom ook Uself deur U baie uitsonderlike wonders nie alleen geen goeie indruk gemaak het nie, maar hulle daardeur maar net steeds meer teen U die harnas ingejaag het. Ook ek behoort voorheen tot hulle en netsoos my kollegas was ek van mening dat U U wonderdoenery by die deur ons bowenal gehate Essene geleer het, ons met hulle hulp te gronde wou rig en vir die Essene `n uitgebreide invloedsfeer wou skep - en wel om redes dat die Romeine, wat ons meesters en voortdurende vyande is, hulle veel met hierdie sekte ophou en hulle alle moontlike voorregte en voordele skenk, omdat hulle hierdie Essene baie goed en doeltreffend vir al hul heerssugtige doeleindes kan gebruik.

[19] Ons weet egter hoe die Essene hulle wonders doen en het self in die geheim die een en ander van hulle geleer, en daarom kon ons nooit welwillend en vriendelik teenoor U wonders gestaan het nie, omdat ons ook by hulle soortgelyke dinge gesien het. Want in ons - so gesê - blinde woede wou ons nooit die tyd neem om U dade en die van die Essene krities te vergelyk nie, en ek beken eerlik dat daar vir my hier in hierdie ou heidense stad vir die eerste keer `n egte lig oor U opgegaan het.

[20] Die twee tekens wat U hier gedoen het, plaas die tekens wat U hiervoor gedoen het, eers in die korrekte lig, waardeur alle ander tekens geen enkele betekenis meer het nie en rig U vir ons ons oë in volle erns tot die Een wat, soos Dawid aangekondig het, na ons toe sou kom. Want ten eerste kom daar in hierdie hele streek geen leeus voor nie, omdat hierdie diere meestal net in Afrika tuishoort, en so `n ongedierte hoogs selde na Arabië afdaal en baie gou weer teruggaan as dit in die uitgestrekte woestyne geen voedsel vind nie; maar op `n wenk van U staan daar dadelik veertien sulke ongediertes voor ons! So-iets sou al heel moeilik gaan as die ongediertes hier in die land in groot getalle tuishoort. U, wat die Heer oor alle skepsele is, moet hulle dus werklik geskape het, dit kan nie anders nie!

[21] En as U dit kon doen, dan kon U ten tweede ook maklik die water uit die kelder van hierdie herbergier in prima Ciprus keiserswyn verander het, waarvan ek slegs één keer - by `n dinee van ons koning Herodus - `n klein bekertjie vol te proe gekry het.

[22] Of U my naam weet en ken, of nie, dit maak nie vir my saak nie; maar U sal hom verseker ook wel ken. Maar ek gee U hier die versekering, dat ek en al hierdie metgeselle van my nooit meer in `n vergadering van die Hoë Raad ons stem teen U sal verhef nie. Ons sal die vele ander weliswaar nie die mond kan snoer nie, omdat ons onsself veels te magteloos daarvoor voel; maar - soos gesê - ons sal in ons hart steeds in U glo, wat daar ookal gebeur! Maar, soos gesê, uit ons mond sal daar nooit meer `n stem teen U opklink nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205