Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer stel aan die opperstadsregter enkele vrae wat tot nadenke stem

170 Ek sê: “Ja, My beste opperstadsregter! As wêreldse regter het jy baie goed gespreek, en elkeen wat, soos jy, net van wêreldse dinge verstand het, kan hierdie dinge ook maar net so sien! Maar desondanks verkeer jy, wat die lewe van die mense en alle ander skepsele betref, in `n ongelooflik ernstige dwaling.

[2] Na die skyn te oordeel - wat egter altyd bedrieg - sou jy natuurlik wel gelyk hê, maar wat die innerlike lewenswaarheid betref, absoluut nie; want alles wat jy op die wêreld al as lewende waarneem, is in die sfeer van sy lewe duisend maal onverwoesbaarder as alles wat jy vir jou as onverwoesbaar kan voorstel.

[3] Jou belangrikste stelreël kom daarop neer dat jy aan die siel van `n mens, na die afval van sy liggaam, geen voortbestaan meer toeken nie.

[4] Op daardie punt sou Ek jou met één enkele verskyning uit die gebied van die anderkant tot `n heeltemal teenoorgestelde geloof kan bring; maar daarvoor het ons nog tyd genoeg - Ek wil jou eers langs `n ander weg tot `n heeltemal ander oortuiging bring!

[5] Ek sal jou nou baie kort vrae stel, wat jy maklik kan beantwoord, en jou eie antwoorde sal jou weldra tot `n ander visie oor die wysheid van die Skepper bring, en dan sal jy self oor jou huidige mening moet lag.

[6] Sê My, My beste vriend, het jy in jou lewe al eens gesien en meegemaak dat `n egte groot sukkelaar, wat nouliks kan praat en nog veel minder kan skryf, reken en teken, in staat is om `n ontwerp te maak, aan die hand waarvan daar onder sy persoonlike leiding `n keiserlike kasteel gebou sou kan word, wat iedereen tot verbasing sou bring?

[7] Jy sê by jouself: “Nee, die boumeester moet goed toegerus wees met alle kennis daarvoor, want sonder dit is hy onmoontlik in staat om `n enorme keiserlike kasteel te bou!”

[8] Kyk, vriend, hieruit moet jy aflei dat `n mens of God, wat in staat is om `n groot keiserlike kasteel te bou, onmoontlik dommer kan wees as die sukkelaar wat Ek aanhaal!

[9] `n Enorme keiserlike kasteel is natuurlik wel `n verbasingwekkende werk, wat die Heer daarvan seker eer aandoen; maar dink jy dat met die bou van `n hele wêreld, soos wat die aarde is, nog aansienlik veel meer wysheid en krag vereis as die bou van die majestueuse, kunstige keiserlike kasteel?

[10] Nou sê jy alweer by jouself: “Seer sekerlik! Maar hoe die Krag ook mag heet, wat `n hele wêreld soos die aarde tot bestaan gebring het met alles wat daarop, daarbo en daarin is, hulle moet tog in die volle bewussyn van haar skeppende krag en diepgaande kennis bestaan het en nog steeds voortbestaan; want as hulle nie sou voortbestaan nie, sou haar werk, netsoos dit van `n mens, maar al te gou `n volslae ruïne moet word.

[11] Maar as hierdie skeppende Krag in die volle besit van haar groot wysheid so `n geweldige werk kan voortbring, sal sy met die voortbring van skynbaar klein werk op so `n hemelliggaam, waarskynlik nie minder wys gewees het nie. Of het jy wel eens gesien dat iets, wat in homself dood is en nie bestaan nie, iets lewends buite homself tot bestaan kan roep?

[12] Jy sê: “Nee, so-iets is ondenkbaar en selfs op logiese gronde onmoontlik!”

[13] Goed, sê Ek jou; dink jy dalk dat daar minder voor nodig is om die kleinste wurm tot bestaan en lewe te roep as `n hele aarde, die maan en die son?

[14] Ek sê vir jou: As jy in staat is om die mees eenvoudige wurmpie tot `n lewende bestaan te roep, dan is jy netso goed in staat om `n hele aarde, die maan en die son netsoos die oorblywende sterre tot bestaan te roep! Want die sigbare, liggaamlike lewensmasjien van selfs die mees onbeduidende wurmpie is in haar organiese bou so kunstig, dat jy jou nie die minste voorstelling daarvan kan maak nie. As die uiterlike lewensmasjien nie so kunstig en wys ingerig was nie, hoe sou mens daarin dan `n substansieële sieletjie kan plaas, en hoe sou die sieletjie haar dan van die lewensmasjien kan bedien om haar verder te ontwikkel?

[15] En as diegene wat die wurmpie in die lewe roep, self nie `n volmaakte meester oor alle kragte en al die lewe sou wees nie - hoe kan hy so `n masjien dan tot lewe bring? En hy sou self, behalwe `n meester oor alle kragte en al die lewe tog ook sonder meer die ewige lewe self moet wees - want hoe sou hy die wurmpie andersins self tot lewe kan bring?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205