Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die werking van kragte

171 (Die Heer:) “Het jy in jou lewe wel eens `n werkende krag gesien?

[2] Jy sê: “Absoluut nie! Kragte sien en voel mens wel altyd werk, maar hulle self sien, dit het nog niemand geluk nie. Ons sien wel dat groot storms en orkane groot geweld uitoefen - maar waaruit die krag en die geweld bestaan, dit weet ons nie. En ook moet `n bepaalde krag ons mense aan die bodem van die aarde ketting, anders sou ons onsself immers wel vry in die lug kan verhef wanneer ons maar sou wil - wat egter nie die geval is nie, soos die daaglikse ervaring ons leer. Hierdie krag werk één stuk deur; maar geen menslike oog het ooit gesien hoe dit daaruit sien en hoe dit werk nie.”

[3] Goed; nou vra Ek jou verder of jy al eens `n draer gesien het wat die lig van die son na hierdie aarde bring! Of het jy die band al gesien, waarmee die hemelliggame sodanig met mekaar verbind is, dat hulle voortdurend op dieselfde afstand rondom hul groter hemelliggame moet beweeg? Of het jy al eens die kragte gesien, wat sowel in plante as in diere werk en allerlei dinge voortbring?

[4] Kyk, dit is vir jou alles wêreldvreemde dinge, louter vrae wat jy langs jou regsfilosofie al lankal aan jouself kon gestel het, en waarop jy miskien wel `n veel verstandiger antwoord sou gekry het dan op jou filosofiese, kritiese regverdigheidspitsvondighede!

[5] Wel nou, om uiteenlopende redes kan geen enkele nog so kunstig, gekonstrueerde lewensmasjien vir `n ewige bestaansduur geskape word nie; want die skep van sulke duursame materiële lewensmasjiene sou vir die Skepper beteken: Homself in oneindig veel dele verdeel, geleidelik aan swakker word en Homself onbekwaam maak om verder te skep!

[6] As Hy egter `n lewensmasjien skep met as enigste doel dat `n vonk van Sy oerlewe hom daarin sterker en stewiger maak om tot `n eie godgelyke vryheid en selfstandigheid te kom, daarna die lewensmasjien aflê en hom deur die liefde en wysheid daarin volkome verenig, dan gaan daardeur nie net niks van die oerskeppende fundamentele lewe verlore nie, maar die Skepper en die skepsel win daardeur oneindig veel, wat nou natuurlik nie vir jou te begryp is nie.

[7] Wanneer jy egter in jou siel in die ware Gees van God wedergebore sal wees, sal dit vir jou duidelik word hoe die Liefde van God deur die liefde van Haar kinders vir Haar steeds magtiger in Homself word, netsoos die Liefde van God in die kinders.

[8] God was van ewigheid `n suiwer en volmaakte gees en kan daarom niks anders wil nie as dat al Sy skepsele mettertyd langs die deur die Skepper voorsiene weë weer die ene word wat Hyself is - net met die verskil dat hulle, voordat hulle in sekere sin tot materiële bestaan geroep word, niks anders was as net groot gedagtes en idees van die Skepper nie. Die het Hy toe met die mag van Sy wil, met verloop van baie lang tye in `n sekere sin op sigself bestaande, buite Homself geplaas en hulle `n omhulsel gegee, waarbinne hulle hulleself geleidelik aan steeds meer moes beskou en leer ken en deur My hulle tog nog altyd deurdringende krag hul sin vir selfstandigheid en vryheid in hulleself moes laat ontkiem.

[9] Vriend, as die kiem nie ook in jou sou bestaan nie - waarvan jy as uiterlik sintuiglik georiënteerde mens weliswaar niks van weet nie - sou jy nie die Skepper verwyt het nie; want alleen die onverwoesbare lewensin in jou het jou, onbewus vir jouself, daartoe aangesit, en Ek het vernaamlik terwille van jou na hierdie streek gekom, om jou in woord en daad te toon hoe ver en laag jy nog agter die pilaar van lewe en lig staan! En nou het ons voorlopig genoeg woorde oor en weer gebruik, en ons sal terwille van jou ook tot enkele feitlikhede oorgaan.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205