Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

`n Geesverskyning

173 Die opperstadsregter sê: “Laat my dan my vader sien en spreek, wat al twaalf jaar gelede gesterf en wat ek baie gemis het, omdat hy vir my `n buitengewoon liewe en opregte vader was!”

[2] Ek sê aan die opperstadsregter: “Dit geskied ooreenkomstig jou wens!”

[3] Op daardie selfde oomblik staan die vader van die opperstadsregter in die gastekamer, sigbaar vir alle aanwesiges.

[4] Sy seun herken hom onmiddellik en sê aan hom: “Dus lewe jy werklik verder na die dood van jou liggaam?”

[5] Die vader sê: “Nou glo jy dit goed, omdat ek gedwing is om so aan jou te verskyn deur die mag van Hom wat by jou is, en jy sien my nou omdat Hy jou innerlike gesig geopen het; waarom het jy jou nog lewende moeder en jou drie susters nie geglo, wat my kort na my heengaan gesien en gespreek het? Daarby het ek hulle in kort bewoordings onthul dat die lewe van die siel na die dood van die liggaam heel anders daaruit sien as die oordeel wat die mense in die kort aardse lewe, hoe dan ook, daaroor het!

[6] Die slegste daaraan toe is diegene wat vir die kort lewe, gladnie glo in `n voortlewe van die siel na die afval van die liggaam nie; want die geloof, wat hulle van hier saamgeneem het, behou hulle aan die anderkant nog baie lank en hulle verwag nog altyd die ewige vernietiging, wat egter nooit meer kan en sal volg nie.

[7] As gevolg van die verkeerde geloof is hulle ook lui en traag om iets ten behoewe van hul vooruitgang aan die anderkant te onderneem, en so lewe hulle aan die anderkant - soos ek te hore gekry het - gereeld nog enkele duisende jare lank en laat hulle selfs deur die mees verligte geeste nie van hul onsinnige geloof afbring nie. Sorg dus daarvoor, my seun, dat jy nie met so `n verkeerde geloof van die wêreld skei nie!”

[8] Hierop sê die opperstadsregter: “Werklik, vader, dit is jy! Want jy het nou dieselfde woorde met my gespreek as met my moeder en my susters; ek het hulle opgeskryf en bewaar hulle nog as `n heiligdom by my, hoewel ek tot nou toe maar weinig geloof daaraan geheg het. Ek wou jou ook self sien en spreek; maar daardie geluk wou my nie ten deel val nie.”

[9] Daarop sê die vader aan hom: “Hoe sou dit ook kon plaasgevind het? Want hoe gereeld ek ook na jou toe gekom het, was jy nooit tuis nie en was altyd besig in die uiterlike wêreld met haar lig, en daar is dit onmoontlik vir ons om aan iemand te verskyn en hom te onderrig. Want soos ons nou is, is ons nie meer die verskyning wat deur `n ander krag bewerkstellig word nie; ons is derhalwe self die krag wat innerlik in alle elemente werksaam is. Die elemente kan die sintuiglik ingestelde mens goed waarneem - maar die werksame krag, wat die eintlike, ware in haarself is, kan `n uiterlik, op jou lykende mens netso min waarneem as welke ander krag ook wat in die materiële wêreld werksaam is - tensy hy in homself in sy ware wese sou terugkeer en daardeur sy innerlike gesig sou ontsluit, dan sou hy ook die ware wese van die werksame kragte gewaar word, hulle in hul ware wese aanskou en ook daarmee in kontak kan tree!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205