Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die merkwaardige sonsopkoms

179 Op daardie selfde oomblik was daar al `n son te sien, egter taamlik hoog bo die horison, wat presies soos die egte son gelyk het.

[2] Die opperstadsregter vra aan My: “Majesteit en Heer, hoe het die son hierdie keer so vinnig bo die horison geklim, dat ons eers iets daarvan gemerk het toe hy al behoorlik hoog vir ons sigbaar geword het? En tog sien ons geen wolke, wat kon verhinder dat die son dadelik by sy opkoms vir ons sigbaar geword het nie!”

[3] Ek sê: “Dit is egter ook geen egte son nie, maar `n afspieëling van die son wat nog onder die horison staan, sigbaar in die spieël van `n volkome rustig geworde luglaag; hierdie son sal egter vinnig verdwyn wanneer die egte opgaan.

[4] Kyk, die beeld van die son lyk soos die natuurlike lig van die verstand van die mens, wat eweneens weldra sal vergaan, as in My die ware son van lewe vir hulle sal opgaan en vir `n klein deel al opgegaan het!”

[5] Daarop sê die fariseër Dismas: “Ek is van mening dat ons son wat nou skyn nog bedriegliker is as hierdie skynson in die ooste, en ek wil geen onheilsprofeet wees nie, maar tog sê ek: Vir ons sal die skynson ook weldra vergaan, en die egte son van die gees en die lewe sal vir die heidene opkom!”

[6] Ek sê: “Ja, daarin kan jy wel gelyk hê - as daar ook geskryf staan dat Ek My lig van die Judeërs sal wegneem en dit aan die heidene sal gee.

[7] Daarom sê Ek vir jou dat Ek dan ook die ou Verbond en die ou Testament sal ophef en sowel vir die Judeërs as vir alle volkere van die aarde `n nuwe sal vestig volgens die orde van Melgisédek, wat `n Koning der konings en `n Opperpriester der opperpriesters was; vandaar dat alle konings en patriarge hom ook almal die tiende moes gee, selfs Abraham nie uitgesonder nie.

[8] En hierdie Melgisédek, vanaf die tyd van Noag tot ver verby Abraham, met wie die Verbond gesluit was deur die aan hom gedane groot belofte, was Ekself. En nou is Ek weer daar as Dieselfde, maar nie om die ou Verbond te bevestig en in stand te hou nie, maar om `n nuwe Verbond met alle mense te sluit, en dan sal Ek ook vir ewig Koning en Heer en Opperpriester bly, geheel en al volgens die orde van Melgisédek.

[9] Die ou opperpriesters moes die bloed van diere offer vir die delging van hul sondes; maar dit was slegs `n voorafbeelding van wat nou gou op `n ander manier sal gebeur. Want die ou opperpriesters moes ook vir hul sondes offer, en daarna vir die sondes van die volk, maar hulle het daarby tog in hul sondes gebly - anders het Ek My volk nie veertig volle jare onder alle moontlike teëspoed in die woestyn gelaat nie.

[10] Aäron en Moses het wel jare lank volgens die voorskrifte geoffer, maar dit het nóg hulle, nóg die volk gehelp, wat in sy sondes volhard het; maar Ek sal Myself nou slegs één keer offer vir alle mense, en diegene wat in My glo sal ook geregverdig en rein word in My oë, en daar sal by hulle geen sonde meer gevind word nie. En nou weet julle waaraan julle met My toe is!.

[11] Moses moes nog op hierdie berg die dood sien, voel en smaak, en op dié plek, waar Ek nou sit, roep hy in sy laaste ure dan ook uit: “Heer, U het `n Verbond met ons gesluit teen die dood en teen die sonde, en sien, ek moet hier sterf sonder om die Beloofde Land van lewe met my voete te mag betree!”

[12] Toe klink daar `n stem bo hom: “Jy sal lewe, maar nie vanuit die wet van die oue nie, maar vanuit die barmhartigheid van My nuwe Verbond, wat Ek met die volkere van die aarde sal sluit!”

[13] En Moses was opgelos en opgeneem, nie deur sy verdienste nie, maar deur My barmhartigheid.

[14] En op hierdie plek sê Ek nou aan julle, Judeërs en heidene, dat Ek nou al `n nuwe Verbond met julle sluit en nog meer sal sluit, wat julle almal binne baie kort tyd sal meemaak. Laat die opgaande son nou teenoor julle My getuienis gee, dat Ek nou geen losse woorde uit Myself met julle gespreek het nie!”

[15] Op daardie oomblik gaan die son op, en daarbo staan in ligtende letters geskryf: “Eer en prysing aan die een, enig ware God in die hoogte van die hoogtes en in die diepte van die dieptes!”, en onder die son: “Melgisédek, die ware Koning van die konings, en Opperpriester der opperpriesters, die enig ware Vader van Sy kinders in die hemel en op hierdie aarde!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205