Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die ontaarding van die Judese leer

180 Toe alle aanwesiges die baie veelseggende opskrif gelees het, was hulle uiters verras en verbaas, veral die drie Romeine en die fariseërs.

[2] Want daar het nog enkele fariseërs Dismas en Barnabas agterna gekom, en die sê self: “Ja, ja, wonderbaarlik om te sien wat daar geskryf staan! Die ou Verbond met Abraham is ten einde en het geen geldigheid en werking meer nie; want ons weet immers almal dat die werking van die Ark van die Verbond al byna dertig jaar gelede so goed as heeltemal opgehou het - net Simon en Sagaria het dit nog in haar gebruiklike krag geken. Die staf van Aäron het nie meer groen geword nie en die sewe toonbrode was deur die motte tot stof stukkend geknaag. Slegs die twee kliptafels het nog gebly; maar wat daarop geskryf gestaan het, het van jaar tot jaar onleesbaarder geword, en daarom was dit noodsaaklik om die hele ou Ark van die Verbond, met uitsondering van die goud daarvan en die twee groot Gérubs, reeds twintig jaar gelede te vernietig en in plek daarvan, deur `n vooraanstaande en uitstekende skrynwerker, van dieselfde hout `n nuwe te laat vervaardig, en ooreenkomstig die vorm van die oue met die goud te beslaan en die twee Gerubs weer daarop te plaas. En in die middel van die Ark, waar die rookpilaar of by tyd en wyle ook `n vuurpilaar opgestyg het, moes die Ark so ingerig word dat mens eers aangesteekte kole daar kon insit en dan wierook en ander welriekende hars daarop kon lê om so `n rookkolom te vorm, wat egter die hele ruimte van die Allerheiligste dermate in alle rigtings gevul het, dat mens dit nouliks daar kon uithou, en die vuurpilaar moes met aangesteekte nafta tot stand gebring word.

[3] Die toenmalige hoëpriester was ewenwel van mening dat dit met die nuutgeboude Ark net so sou gaan as met die opnuut opgeboude tempel na die Babiloniese gevangenskap; maar hy het hom erg vergis. Want met die nuwe Ark van die Verbond gaan dit heeltemal nie meer nie - vandaar dat die latere hoëpriesters ook sonder enige gewetensbeswaar die Allerheiligste teen betaling van `n offer deur die Romeine en Grieke net so laat besigtig het soos elke ander plek; want daar kom niemand wat in die omgewing van die nuwe Ark van die Verbond gekom het, enige kwaad oor nie.

[4] Ons fariseërs en skrifgeleerdes is dit dan ook al lankal duidelik dat dit met die ou Verbond heeltemal afgelope is; alleen moet mens die volk tog in die ou geloof hou so lank dit slaag, en wel veral omdat mens die volk geen beter geloof in die plek daarvoor kan gee nie, en ten tweede om te sorg dat die tempel met sy dienare hul inkomste bly ontvang, waarsonder die tempel, nóg sy dienare verder sou kon voortbestaan.

[5] En dit is ook die vernaamste redes waarom hierdie Majesteit en Heer, wat ons nou herken het as die enig ware Vestiger van `n ewige, nuwe Verbond, deur die tempeldienare soseer gehaat word; want die tempeldienare sien goed in dat Sy leer vol goddelike krag is, maar hulle weet ook maar al te goed dat dit met hulle volkome afgelope is, sodra hulle die nuwe leer volg en dit volledig ingang laat vind by die volk.

[6] Dit sal hul egter - wat hulle baie goed insien - vir die toekoms weinig baat, omdat reeds vele in die volk weet dat die ou Ark van die Verbond haar krag verloor het en die nuwe geen ander krag besit as die wat die mense haar met hul growwe kunste verleen.

[7] Ons, wat self nog met die tempel in verbinding staan, kan pro nóg kontra iets doen, maar ons wil met saligmakende hoop afwag wat hierdie enig ware Heer van die hemel en die aarde sal doen, en in die toekoms sal ons volhard in die volste geloof in Hom en in alle liefde vir Hom. Dat Hy die beste en mees doeltreffende maatreëls sal tref, daarvan is ons almal diep oortuig.”

[8] Na hierdie woorde sê die opperstadsregter: “Ek behoort ook tot diegene wat die nuwe Ark van die Verbond in die tempel gesien het en daarby tot die oortuiging gekom het dat die geloof van die Judeërs van weinig waarde is soos die geloof in afgode van die heidene. Die heidene is tenminste nog bekwamer in allerlei towery en kan die blinde volk nog `n lang tyd met sukses vir die gek hou; maar met die rook- en vuurpilaar in die Allerheiligste in die tempel te Jerusalem is dit sleg gestel, en die priesters van die tempel sorg goed vir hulleself as hulle die blinde volk nog probeer wysmaak dat die ou Ark van die Verbond van Moses nog geheel en al werksaam is. Maar as die volk eenmaal te wete kom dat dit al lankal nie meer die geval is nie, dan beter die priesters in Jerusalem maar gou maak dat hulle wegkom, anders sal hulle nie hul beste dae met die volk meemaak nie.”

[9] Hierop wend hy hom tot My en sê: “Majesteit en Heer, wat ons nou meer as voldoende oorduidelike bewys van U goddelikheid gegee het, sê my of ek korrek gespreek het of nie?”

[10] Ek sê: “Volkome korrek; want geen enkele bedrog kan lank standhou nie, netsoos ook die nag nie, as die son eenmaal opgegaan het.

[11] Dat die tempel met sy dienare en die hele stad Jerusalem al baie binnekort volledig en vir alle tye te gronde sal gaan, daarvan kan jy volkome seker wees; daar sal nie één steen op die ander bly nie! Slegs om één ding kan die Judeërs van Jerusalem bid, naamlik dat hulle groot vlug nie midde in die winter of op `n Sabbat plaasvind nie; want dan sou dit met hul nog veel beklaenswaardiger gaan as in `n beter jaargety of op `n werksdag.”

[12] Toe Ek dit gesê het, verdwyn die letters bo en onder die son, en die newels in die Jordaandal begin op te los, omdat die son begin om met haar strale die landstreke van die Beloofde Land te beskyn.

[13] Die opperstadsregter maak die opmerking: “Dit is jammer dat die inwoners van Jerusalem die son met die woorde daarbo en daaronder nie kon gesien het nie; want dit sou hulle tog sterk tot nadenke moes gestem het oor so `n verskynsel!”

[14] Maar Ek sê: “Juis omdat hulle dit nie sou sien nie, het Ek toegelaat dat al hierdie streke van die Jordaan in `n digte newel gehul word; want diegene wat vreugde beleef aan die duisternis, moet ook hulle loon daarvan ontvang!”

[15] By hierdie geleentheid sien ons `n vlugtende gaselle, wat deur `n jakkals agtervolg word. In `n kort tyd het die jakkals die gaselle ingehaal en hom `n oggendmaal daarmee verskaf, en dit kos hom, ongeveer vyfhonderd treë van ons vandaan, nie veel tyd om met sy buitgemaakte oggendmaal klaar te speel nie. Daarna begeef hy hom baie langsaam verder na die suide, om miskien elders nog `n middagmaal buit te maak.

[16] Maar taamlik hoog in die lug vlieg daar `n Arabiese reuse adelaar, wat vanuit sy hoë posisie baie gou die sluipende jakkals sien; hy laat hom vanaf sy hoogte pylsnel bo-op hom val en dra hom ondanks sy verset hoog die lug in. Toe laat hy hom val op `n plek wat oral baie klipagtig was. Begryplikerwyse besorg dit die jakkals die dood; die adelaar daal vinnig na benede, oortuig hom daarvan dat die jakkals werklik dood was, pak hom opnuut in sy kloue en vlieg met hom in `n suidelike rigting na `n gunstige plek, waar die jakkals saam met die deur hom opgevrete gaselle die reuse adelaar tot ontbyt moes dien.

[17] Na die kort tafereel sê die opperstadsregter: “Majesteit en Heer, die soort taferele van mekaar oor en weer opvreet onder die diere, en die ernstige siekte wat die dood van `n mens voorafgaan, is vir my steeds `n onwyse en wrede aanblik gewees - terwyl die inrigting deur een of verskillende gode tog wys geag moet word. U sal wel weet waarom dit alles so is en moet wees; maar mense soos ons kan hul met die beste wil geen duidelike voorstelling daarvan maak nie!”

[18] Ek sê: “Dit sal vir jou nog wel duidelik word! Na die oggendmaal sal daar wel geleentheid wees om daaroor te praat; maar nou sal ons nog `n oomblik Moses vir sien en ook die engel, wat oor sy lyk gestry het.”

[19] Toe Ek dit gesê het, staan Moses en die aartsengel MigaEl voor My, buig voor My en loof en prys My Naam. Daarna verdwyn hulle, en ons staan op en begeef ons na die stad, waar die oggendmaal al op ons wag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205