Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die voorbeeld van `n vereniging van dierlike siele

185 (Die Heer:) “Jy het nog gesien hoe die reusagtige adelaar hom ten slotte meester maak van die jakkals, wat hom reeds met die gaselle versadig het, daarmee omhoog vlieg en hom toe op `n klipperige bodem laat val; by die geleentheid vind daardie roofdier `n sekere dood, maar daarna word dit weer deur die adelaar gegryp en ver na die suide gedra, waar die adelaar tussen die kliprotse sy nes en tuisbasis het. Toe hy daar met sy buit aankom, laat hy sy prooi nogmaals van `n behoorlike hoogte na benede val, omdat die vir hom al bietjie te swaar geword het.

[2] Die buit slaan egter teen `n rotswand en val na benede in `n taamlike diep kloof van die dal. In die kloof laat Arabiese herders hulle maer kudde wei en sien baie gou hoe die reuse adelaar, wat vir die herders `n bekende vyand van hulle kudde is, steeds laer daal om sy prooi op te tel, wat te diep in die dal geval het.

[3] Toe die herders dit merk, span hulle onmiddellik hul boë en mik op die steeds laer dalende adelaar, en toe die volgens hul berekening laag genoeg gekom het, skiet hulle met hulle boë skerp pyle af - en sien, die adelaar word deur drie herders goed geraak, val dood in die kloof en word as `n egte oorwinningstrofee deur die herders in ontvangs geneem. Die arme jakkals met sy gaselle lê egter nog tussen die lae rotse waar hy geval het, en sal eers na enige tyd deur ander roofvoëls opgeëet word.

[4] En kyk! Daar voor die deur staan al `n menslike gestalte soos die van `n kind, en wag om by `n volgende verwekking in die liggaam van `n moeder opgeneem te word. En agter hierdie sielsverskyning sien jy `n ligtende gestalte; dit is reeds van die anderkant die gees van die siel, wat daarvoor sal sorg dat hierdie siel, wat nou nog aan die ryk van die natuur behoort, by die eersvolgende geleentheid in `n moederliggaam versorg sal word.

[5] En nou het jy ook gesien hoe uit die laaste drie, reeds voleindigde dierlike vlakke - natuurlik na vele duisende voorafgaande prosesse - `n menslike siel te voorskyn gekom het.

[6] Daaruit sal `n manlike kind ter wêreld kom, waaruit, as hy goed opgevoed word, `n groot man kan word. Die goedaardige van die gaselle sal sy hart regeer, die slim van die jakkals sy insig, en die kragtige van die reusagtige adelaar sy verstand, sy moed en sy wil. Sy karakter sal vernaamlik krygslustig wees, wat hy egter deur sy gemoed en sy skranderheid kan matig, waardeur hy `n baie bruikbare mens in watter posisie dan ook kan word. As hy egter soldaat word, sal hy deur sy moed weliswaar geluk hê, maar eweneens aan die oorlogswapens van ander ten prooi val.

[7] Maar omdat jy die kind dadelik vanaf sy geboorte kan gadeslaan, sal jou naaste buurman volgende jaar al as sy vader kan optree.

[8] Nou weet jy alles, en Ek het jou nou iets gesê en getoon wat Ek tot nou toe aan geen enkel ander mens op die manier gesê en getoon het nie. - Maar laat ons nou weer bietjie brood en wyn neem en ons na hierdie taamlike lang verklaring versterk!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205