Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Dat die Heer die heidene skynbaar begunstig

186 My raad word dadelik opgevolg. Ons neem almal weer brood en wyn tot ons, en die aanwesige fariseërs sê: “Nou glo ons eers heeltemal dat U die Heer en die waaragtige Messias is! Want dergelike geheime in die groot natuur kan alleen aan U en verder aan geen mens op die hele aarde bekend wees nie.”

[2] Daarop sê My leerlinge: “Majesteit en Heer! So hier en daar het U ons in die teenwoordigheid van die mense ook wel soortgelyke dinge getoon, maar U het onsself eintlik nog nooit so diepgaande geleer oor sulke geheime van die natuur nie, en dit ook nie aan ons op die manier uitgelê nie; dit bly tog merkwaardig van U, dat U onder die heidene veel openhartiger spreek as onder ons Judeërs!”

[3] Ek sê: “Is julle dan nog so kortsigtig en begryp julle nie die redes daarvan nie? Het julle dalk vanaf julle geboorte mense geword wat in die natuur tuis is? Julle het nog nooit die een of ander verskynsel ondersoek nie, laat dit gaan soos dit gekom het, en dit bly julle per slot van rekening volkome onverskillig of `n wolf `n skaap verskeur en opvreet of dat `n moedige ram selfs `n wolf neervel en hom van kant maak of ylings op die vlug jaag.

[4] Julle was wel altyd ywerig gewees in die opvolg van die wette van Moses, maar oor die wette in die natuur het julle jul selde of bykans nooit bekommer nie, en Ek wis daarom goed wat Ek julle eers moes leer en vir julle in `n korrekte lig moes plaas; al die oorblywende wat julle nodig sal hê, sal julle per geleentheid wel suksesvol by My te hore kry.

[5] Menige een van julle het dit aanvanklik moeilik gevind en was vol bedenkings om My as meer as `n profeet te beskou. Maar nou het dit vir julle duidelik geword - hoewel nie vir elkeen van julle in dieselfde mate nie - dat Ek die waaragtige Messias is, nou het ook vir julle die tyd gekom dat julle vele ander dinge op die gebied van die natuur van die aarde nader verklaar en onthul kry; maar tot op die bodem begryp en insien sal julle al die dinge eers, wanneer julle met My Gees vervul sal wees.

[6] Dan sal julle ook insien dat `n mens met dergelike verklarings in hierdie nog totaal duistere tyd nie na buite kan tree nie, veral onder die Judeërs, wat tot nou toe - in die besonder van die betekenis van die eerste boek van Moses - nog geen gretige begrip het en by wie die gesigsbedekking van Moses nog altyd hulle innerlike gesig verhul.

[7] Daarom sal julle ook voldoende gedoen het wanneer julle jul broeders tot geloof in My gewek het; al die oorblywende, vir sover nodig, sal My Gees dan in hulle tot stand bring.

[8] Die Romeine is egter mense wat goed tuis is in die natuur en veel ervarings opgedoen en waarnemings gedoen het; aan hulle moet daarom sulke verskynsels en ook ander dinge op die gebied van die natuur geleer word, en hulle begryp dit ook en het meer lig as julle; en Ek sê dit nogeens vir julle, dat die groot lig weldra van die Judeërs weggeneem en oorvloedig aan die heidene gegee sal word.”

[9] Daarop sê `n leerling van Johannes: “Majesteit en Heer! Dit is woorde uit U mond wat ons Judeërs nie bly nie, maar net treurig kan stem; want ons is volgens die Skrif tog die uitverkore volk van God, en U het Self uit ons voortgekom. Nou sal aan die heidene bo ons die voorkeur gegee word en sal ons in `n sekere sin verstrooi word onder alle volkere van die aarde en geen land en geen huis meer besit nie, en met die navolger van koning Dawid sal ook wel niks gebeur nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205