Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die verskyning van die engele

198 (Die Heer:) “Maar omdat julle tog sien dat Ek, as Ek wil, My ook kan laat bedien deur My engele wat in My hemel woon - die hemel wat die hele oneindigheid deurdring - sal Ek julle `n bewys daarvan gee. Kyk, Ek wil dat daar nou verskillende hoë engele hier verskyn, en uit hulle sal Ek één roep om My vir `n kort tyd terwille van julle te dien - want Ekself het nóg die diens van `n engel nóg van `n mens nodig. En daarom wil Ek dat daar nou meteens `n groot aantal engele om ons heen staan!”

[2] Ek het dit nog nie uitgespreek nie, of daar was ons al van alle kante omring deur `n hele legioen van engele, deels in wit, deels in blou en deels in rooi gewade gekleed.

[3] Toe veral die voormalige heidene en ook die Judeërs en fariseërs die vele engele sien, lê hulle hul hande op die bors en durf van louter ontsag vir My en die vele engele nie praat nie.

[4] Enkele engele loop na hulle toe en sê: “Beste vriende en broers, waarom is julle bevrees vir ons? Sien ons dalk so verskriklik daaruit?”

[5] Die opperstadsregter sê: “O beste vriende uit die hemele van God, dit is nie so nie, maar juis die teendeel, sodat ek moet beken dat ek nog nooit van sulke pragtige menslike gestaltes selfs maar gedroom het nie! Die Heer, wat by ons verblyf, is kennelik ook julle Heer, anders sou julle nie so plotseling aan Sy wil gehoorsaam het nie; want ek sou julle wel my lewe lank met my wil geroep het, en dan sou daar hoogs waarskynlik nie een van julle aan my verskyn het nie. Maar daarom is en bly die Heer die Heer en is daardeur alles in alles, en hemel en aarde is onderworpe aan Sy wil; alleen die groot blindheid van die mense kan en wil nie erken watter groot barmhartigheid die Heer hulle in hierdie tyd bewys het nie.”

[6] Nou kom daar `n engel nader na die opperstadsregter toe - dit was die aartsengel RafaEl, wat reeds aan julle bekend is - en sê aan hom: “Jy het juis en volgens waarheid gespreek - maar wat nou nog nie is nie, sal mettertyd steeds meer kom; want neem van my aan dat ons - soos jy ons hier sien - en nog tallose van ons gelyke nooit stil gesit het nie, en in hierdie tyd gladnie!

[7] Ons reis oor die hele aarde en beproef die harte van die mense, om te sien of hulle in staat is om die lewendmakende barmhartigheid van die Heer in hulle op te neem; as ons dergelike harte vind, versterk ons hulle en as die woord van die Heer tot hulle kom, word dit ook weldra met veel vreugde en vol geloof opgeneem.

[8] So is ek ook al eerder by julle gewees en het julle ooreenkomstig die wil van die Heer versterk, en toe die Heer nou Self na julle toe kom, het julle Hom dan ook vinnig en maklik herken.

[9] Ons hoef ons by die werk nie aan die mense te vertoon nie, aangesien ons van die Heer die mag en die krag besit om die mens op so `n manier van nut te wees, dat die vrye wil van die mens daarby geen dwang of skade ondervind nie. Nou het julle egter die Heer herken en in julle harte opgeneem, en dan oefen ons sigbare verskyning geen dwang meer uit op julle hele gemoed nie en kan julle met ons praat soos wat julle met mekaar doen.”

[10] Die opperstadsregter sê: “Beste en verhewe vriend uit die hemele van God, as ek in die toekoms jou sigbare aanwesigheid vir iets belangrik in Naam van die Heer nodig sou hê, en ek sou jou roep om aan my te verskyn, sou jy dan inderdaad aan my verskyn?”

[11] RafaEl sê: “As dit nodig sou wees in die Naam van die Heer - altyd, wanneer jy my sou roep; maar ek sou alleen aan jou verskyn, en eers aan jou medemense, as my verskyning geen geloofsdwang meer by hulle sou teweegbring nie. En op wat ek jou nou gesê het, kan jy jou wel verlaat - en dat ek jou in baie verskillende dinge kan dien, daarvan sal jy my, deur toelating van die Heer, vandag en die komende nag nog menige bewys sien gee.”

[12] Hierop neem RafaEl weer `n paar treë terug, en Ekself vra aan die opperstadsregter en die ander, of hulle hul nou voldoende versadig het aan die aanwesigheid van die vele engele.

[13] En hulle sê almal: “Heer, U wil geskied; want ons het ons nou almal daarvan oortuig dat die profete geen letter te veel oor U voorspel het nie! Elke woord oor U het tot nou toe selfs letterlik in vervulling gegaan!”

[14] Hierop sê Ek eers aan die aartsengel RafaEl: “Jy bly sigbaar so lank by ons, totdat Ek jou `n wenk gee om ooreenkomstig My wil êrens anders heen te gaan.”

[15] En RafaEl bedank My vir hierdie opdrag.

[16] Daarop sê Ek aan die vele ander engele: "Gaan julle weer daarheen, waar My wil en My wysheid werk vir julle aangewys het!”

[17] Daarop verdwyn alle ander engele plotseling.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205