Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die vernaamste redes vir die verskeidenheid in die skepping op aarde

20 Ek sê: “My vriend, in natuurlike, wêreldse opsig het jy natuurlik heeltemal gelyk, en daar sou weinig daarteen ingebring kan word; maar op die vlak van die siel en die gees, wat aan jou tot nou toe nog volkome onbekend is, sou jy iets van My verlang wat heeltemal teen elke en elke orde op hierdie aarde sou ingaan.

[2] Kyk, op `n hemelliggaam waar die mense die bestemming het om, wat hulle siel en hulle gees aanbetref, volmaakte kinders van God te word, moet alles so ingerig wees soos dit op hierdie aarde ingerig is!

[3] Jou oog en jou verstand sien weliswaar niks anders nie as oordeel, vervolging, roof, moord, dood, ontbinding en verganklikheid nie; maar dit is nie soos wat jy jou die dinge voorstel nie, maar baie anders.

[4] Ten eerste is die traagheid, wat `n onvermydelike oordeelsaanhangsel van die liggaamlike materie is, die grootste vyand van die siel, wat steeds wakkerder en aktiewer moet word - want alleen daardeur kan sy volledig gelyk word aan die Gees van God in haar en sodoende aan God gelyk word - en hoe warmer die lande is waar die mense hulle woninge gebou het, des te meer word hulle deur hierdie belangrikste vyand van die siel bedreig.

[5] As daar in sulke lande nie allerlei diere was wat lastig was vir die mens nie, en as hy nie vir die voeding van sy liggaam hoef te gesorg het nie, sou hy ook nie gesorg het vir die ontwikkeling van die kragte van sy siel nie. Hy sou weldra gelyk het soos `n seepoliep of soos die wortels van `n boom, wat niks anders hoef te doen as deur die meganiese en organiese inrigting wat by hom pas, voeding uit die water, die aarde en die lug na hom toe te suig nie.

[6] Kyk, dit is die vernaamste rede waarom daar vir die mens op hierdie aarde allerlei dinge geskape is, wat hulle tot uiteenlopende aktiwiteit opwek - eerste wat sy liggaam, en daarna ook wat sy siel betref, wat die hoofsaak is!

[7] Wat die tweede rede aangaan, die kan elke denker maklik self ontdek. Stel die aarde nou net vir jou voor as `n heeltemal eenvormige, groot wêreldbal! Op die uitgestrekte bodem daarvan sou maar net ewe gelyk strome, mere en seë voorkom, geen berge, geen ander diere nie as skape, geen voëls behalwe hoenders, en geen ander waterdiere as maar net oral `n presies lykende soort vis nie; op dieselfde manier sou daar op die aardbodem maar één soort gras groei as voedsel vir die skape, en slegs één soort vrugte om die mense en hoenders te voed, verder ook maar één soort vrugteboom en één soort boom om `n eenvoudige woonhut van te kan bou, en so sou daar ook maar één oral gelyke soort klip bestaan, asook maar één soort metaal, waarmee die mense die mees eenvoudige gereedskap vir hulle huishouding van sou kan maak.

[8] Sê nou self, hoever sou die mense kan kom met die ontwikkeling van hulle voorstellinge, idees en fantasieë!

[9] Hoe buitengewoon skraal dit daaruit sou sien met die insig en verstand, wat hoër en suiwerder moet word, hoef ek jou nie van naderby te ontsluit nie. Maar Ek maak jou opmerksaam op die baie geringe staat van ontwikkeling van die siel en die gees van mense wat op aarde lewe, wat in gebiede woon waar daar in die wye omtrek geen berge is nie, waar alleen hier en daar ietwat eenvormige gras op die bodem groei, en verder ietwat skraal en verskrompelde struike aan die oewers van `n paar onaansienlike strome en op mere wat soos poele lyk.

[10] Jy ken dergelike streke goed. Hoe is dit egter met die bewoners van hierdie gebiede gestel ten opsigte van die kultuur van die gees? Kyk, hulle is vir die grootste deel heeltemal verwilderd! En waarom? Omdat hulle deur gebrek aan so `n groot moontlike verskeidenheid van die omringende dinge en skepsele, wat noodsaaklik is vir die hoëre ontwikkeling van die siel, nie tot enige ontwikkeling van hulle voorstellinge, idees en wat vir die ontwikkeling van insig en verstand vrugbare fantasieë kan kom nie.

[11] Kyk daarenteen net na mense, wie se land ryklik met alle denkbare verskeidenhede toegerus is. Jy sal ontdek dat hulle ontwikkel is, nie op die vlak van die diepste innerlike lewe van siel en gees nie, dan tog op die vlak van die uiterlike verstand, die insig en die fantasie; en dit moet tog so by `n mens wees as hy wil oorgaan na `n hoëre ontwikkeling van die innerlike lewe van siel en gees! Want as jy `n berg vanweë die pragtige uitsig wil klim, moet daar ten eerste wel `n berg wees, en as dit daar is, dan moet jy by die klim geen genoeë neem met die halwe hoogte van die berg nie - hoewel dit ook al `n baie wye uitsig bied - maar boonop die moeite doen om ook die hoogste toppe te beklim, om van daar af die volle uitsig te geniet.

[12] So moet ook die mense, wie se insig, verstand en fantasie eenmaal ruimskoots ontwikkel is, geen genoeë neem met hierdie halwe hoogte van die lewe nie, maar hulle inspan om die volle hoogte daarvan te bereik.

[13] Wat Ek jou daarmee wil sê, sal jy goed begryp. En dit is die tweede rede waarom God hierdie aarde met so `n groot verskeidenheid aan dinge, skepsels en verskynsels uitgerus het, waarvan jy met al jou Alexandrynse ontwikkeling tot nou toe nouliks nog die eerste hakkie van die klein alfa* ken nie.”[Die “alfa” is die eerste letter van die Griekse alfabet.]


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205