Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die dierewonders van RafaEl

204 Daarna word daar oor meer natuurlike dinge gespreek, en in die loop van daardie gesprek merk ons herbergier op, dat hierdie streek nou weliswaar tot ver in die omtrek die heerlikste gras besit, soos nie maklik op `n ander plek op aarde te vinde sou wees nie - maar die kudde van die bewoners van hierdie stad en omgewing was baie klein, en mens sou die kudde wel honderd keer so groot kan maak, dan sou hulle nog voedsel in oorvloed vind.

[2] Daarop sê Ek: “Julle kudde sou wel op netso wonderbaarlike wyse vermeerder kan word, maar dit sou vir die mense nog opvallender wees as al die ander; want iedereen, wat nou tien skape op die weiding het, sou baie groot oë opsit as sy herder in plaas van tien skape daar opeens duisend huistoe sou bring, wat die eienaar van die skape nie eers sou kan onderhou nie, omdat sy skaapstal hoogstens ruimte vir twintig skape het. Probeer dus `n aansienlik aantal skape en ander diere te koop; oor twee jaar, gereken vanaf nou, sal hulle hul wel op `n goeie manier vermeerder! As julle die graan geoes het, sal julle dit maklik kan bewaar - want daarvoor het julle ruimte genoeg; maar met die hou van huisdiere sou dit julle sleg geluk - en daarom laat ons dit soos dit is!

[3] Van hieruit sien julle die een behoorlike groot vywer; maar in die omgewing is daar nog ses, waarmee die hele streek voldoende gevloed kan word. In die diep water van die vywers sal julle ook `n groot aantal visse aantref, wat die bewoners van hierdie stad en omgewing vir hulle daaglikse lewensbehoeftes kan gebruik; die visse van die vywer wat ons van hier af kan sien, sal egter die eiendom wees van die opperstadsregter, die herbergier, die Apollopriesters en die paar Judeërs, sodat ieder van julle, wat Ek so pas genoem het, dus die reg het om `n vierde deel van die vywer te bevis. Maar laat niemand dit oormatig doen nie, maar alleen soveel hy nodig het, sodat niemand deur die te groot hebsug van `n ander benadeel word nie. Die visse in die vywer is van `n baie edel soort, waardeur die water van die vywer nooit verontreinig sal raak nie.”

[4] Daarop bedank die vier partye My vir die geskenk en sweer dat hulle hul baie noukeurig aan daardie gebod sou hou, en die opperstadsregter sou ook sorg dra vir dieselfde orde by die ander vywers en die orde ook in stand hou.

[5] Terwyl verskeie nog onder mekaar oor die wonderwerk spreek, naamlik hoe dit moontlik was om die vywers dadelik met visse te bevolk, staan RafaEl op en sê aan die opperstadsregter en die herbergier: “Dit is vir die almagtige wil van die Heer in ons netso maklik te doen as om `n woestyn in één oomblik groen te laat word; want dit maak saak om of diere, ongeag welke soort, oombliklik tot bestaan te roep, of tallose grasse, plante, graansoorte en vrugtebome.

[6] Want wat `n gees hom vanuit die wil van die Heer in homself voorstel en wil dat dit bestaan, dit is dan ook meteens daar; maar natuurlik is die denke van `n suiwer engelegees heel anders as die denke van `n mens.

[7] Die mens kan hom alleen die uiterlike vorm voorstel en allerlei fantasieë daaroor vorm; maar wat die vorm van die kleinste tot die grootste inwendig moet bevat, en hoe hulle gebou moet wees om te kan lewe, dit kan geen mens hom voorstel nie, en daarom kan hy sy wil ook nie sodanig rig, dat die gees van sy wil die vorm tot lewe bring en aktief laat word nie. Maar `n volmaakte engelegees kan dit wel, en `n minder volmaakte kan dit in mindere mate ook.

[8] Daartussen bestaan byna dieselfde verskil - om op aardse wyse met jou te praat, my beste opperstadsregter - soos tussen `n beeldhouer wat in alle reëls van die kuns ontwikkel is en iemand anders, wat uiteindelik ook goed in staat is om `n heel gebrekkige beeld uit `n stuk hout te sny; maar wat `n verskil is daar nie tussen so `n beeld en die van die hand van `n volleerde kunstenaar nie!

[9] En as daar reeds op hierdie aarde `n baie uiteenlopende indeling bestaan in die ontwikkeling van die mense, hoeveel te meer is dit dan in die ryk van die geeste die geval!

[10] Kyk, `n olifant is teenswoordig die grootste, maar tewens mees intelligente dier op aarde en kan, as hy goed deur die mense afgerig word, gebruik word vir allerlei diensbare werk. Daar was `n tyd gewees dat hierdie diersoort ook in hierdie streek gewoon het.

[11] Maar omdat hierdie streke met verloop van tyd deur die vele wandade van die mense steeds onvrugbaarder geword het, trek daardie dier verder na die suide na die streke, waar hulle genoeg voer vir hulleself vind; hierdie streke het egter as gevolg van die vertrek van die dier aan heelwat belangrike aardse voordele ingeboet.

[12] Maar as jy dit wens, my beste vriend en broer opperstadsregter, kan ek vir jou in één oomblik vir `n bul en `n koei sorg, en daarvoor sal jy wel genoeg voer vind - en kyk nou eers na benede na die omgewing van die vywer, dan sal jy daar al `n bul en `n koei sien!

[13] Stuur jou knegte daarstraks heen met `n paar brode, dan sal hulle die knegte volg na jou eie stal, wat voldoende ruimte het vir hierdie diere! Sny dan die gras op die groot stuk weide wat van jou is, laat dit droog en tot bosse saambind; laat die knegte dan met die diere na buite gaan, dan sal hulle self die hooi na die skuur bring, en so sal jy hulle geleidelik aan vir nog verskillende ander werksaamhede kan afrig.”

[14] Die opperstadsregter bedank RafaEl vir die wonderbaarlike geskenk en sê: “`n Paar knegte van my verstaan die kuns om hierdie diere af te rig heel goed, want hulle het dergelike diere vanuit Indië selfs na Rome gebring, en die keiser het hulle `n tyd lank by hom gehou om die diere te versorg; daarna kom hulle by my vader in diens en is ook hier my trouste dienare.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205