Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die Heer as almagtige Skepper

211 (Die Heer:) “Want kyk, in die oertyd van die tye het Ek maar één, vir jou begrip onmeetlike groot son geskep - en as jy in die nag na die uitspansel kyk, dan sal jy dit met louter sterre besaai sien! En kyk, al die sterre, met uitsondering van die paar planete wat jy wel ken, is ook sonne waaromheen hemelliggame soos hierdie aarde beweeg!

[2] By hierdie sterre, wat jy in die nag aan die uitspansel sien, moet jy jou `n enorm groot ruimte, meer as `n duisend maal duisend keer voorstel, en kyk, al die sonne wat vir jou ontelbaar baie is en ander hemelliggame het in die loop van eindeloos lang tye uit die een oergeskape groot son voortgekom - natuurlik nie al volkome ryp en voltooi nie, maar as saadkorrels uit die aar van `n halm, wat die vermoë het om hulle verder voort te plant!

[3] Maar nou vra Ek jou: Wie het eintlik die stof verskaf wat nodig was om die groot hemelliggame verder te ontwikkel en meer te maak?”

[4] Die opperstadsregter sê: “Wie anders as U, o Majesteit en Heer?”

[5] Ek sê aan hom: “As jy dit kan begryp, My beste vriend, sal jy ook goed insien dat dit vir My netso seer moontlik moet wees om `n ietwat te klein uitgevalle gebraaide lam op ons tafel te vermeerder en groter te maak op dieselfde manier as wat Ek in die loop van baie lang tye uit die een, buitengewoon groot oerson die tallose sonne en hemelliggame in `n sigbare bestaan kon gebring het en hulle, na gelang van hulle hoedanigheid, kragtig en aktief op hulle plekke opgestel het.

[6] Kyk, `n klip is vir jou `n volkome dooie ding; en as jy `n klip hier sou gehad het, sou Ek dit onmiddellik tot enorme afmetings kon vergroot of ook die grootste klip onmiddellik sodanig kon oplos, dat daar vir jou aardse sintuie niks daarvan sou oorgebly het nie, of Ek sou hom ook oombliklik in vrugbare aarde kon verander.

[7] Dit is derhalwe om`t ewe of Ek op een of ander hemelliggaam alles volgens `n bepaalde orde eers geleidelik aan vorm gee of baie plotseling, in één oomblik, as dit nodig is.

[8] Dat alles op die hemelliggame geleidelik aan en as te ware die een uit die ander tot bestaan kom, word in die besonder veroorsaak deur My liefde, geduld en sagmoedigheid vir die mense, in die eerste plek spesiaal op hierdie aarde, maar ook vir die mense wat op ander hemelliggame woon en daar hulle proef om in vryheid te lewe, deurmaak. Want sien, die hele ewige, oneindige ruimte is My eintlike woonhuis, en in daardie huis is ook oneindig veel wonings, wat jy eenmaal in My ryk van naderby sal leer ken.

[9] Begryp jy nou, My beste vriend, hoe Ek die gebraaide lam groter kon gemaak en vermeerder het?”

[10] Die opperstadsregter was heeltemal oorweldig in sy gemoed en sê: “O Majesteit en Heer, ek begryp dit natuurlik wel ietwat beter as voorheen, maar ek voel my teenoor U oneindige grootheid en verhewenheid as te ware totaal vernietig. Ek voel wel dat ek nog daar is, maar daarnaas voel ek ook dat ek vergeleke met U so goed as niks is nie!”

[11] Ek sê: “En tog is jy, netsoos elke ander mens, uit My en deur My eweneens oneindig en ewig! Wil jy nog meer wees? Maar hoe, daarvan sal jy eers bewus word wanneer My Gees in jou ontwaak het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205