Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die beelde van die uitrukking van die oë, die afkap van die hande en van die eet en drink van die vlees en bloed van die Heer

214 Simon Juda sê: “Majesteit en Heer, ek het wel nog iets, en wel uit die tyd van U beroemde bergrede; maar eerlik gesê skaam ek my om dit na vore te bring, omdat my domheid daardeur nog `n graadjie sterker belig sal word!”

[2] Ek sê: “Wel, wat het Ek dan in die bergrede gesê, wat jy nog altyd nie behoorlik in jou gemoed verteer het nie?”

[3] Daarop sê Simon Juda met benoude stem: “Og, daar was sprake van die uitrukking van oë en die afkap van hande, as die een of ander jou mog erger; want dit sou beter wees om met één oog en met één hand in die hemel opgeneem te word as om met twee oë en twee hande in die hel af te daal.

[4] Ek weet goed, o Majesteit en Heer, dat U dit net geestelik bedoel het - maar ondanks die uitleg wat U ons gegee het, kon ons die geestelike tog nie heeltemal tot op die bodem begryp nie. Ons het daarby tog vir seker driekwart aan die altyd nog bietjie eienaardig klinkende letterlike betekenis bly hang en begryp egter nie hoe jy dit moet aanpak om, in die geval wanneer `n oog jou erger, die oog somaar uit te ruk nie. Die blindmaak van `n oog sou in ieder opsig makliker wees. Met die afkap van `n hand sou dit in die meeste gevalle nog ellendiger toegaan; want ten eerste het jy nie altyd `n skerp kapbyl by jou nie, en ten tweede sou die afkap van `n hand my besonder sleg geluk wanneer ek stellig my regterhand sou moet afkap, omdat ek met my linkerhand werklik erg onhandig sal wees in die besigheid.

[5] Ek weet goed, o Majesteit en Heer, dat ek hiermee iets heel dom en belaglik na vore gebring het - maar waarvoor het dit sin dat U die dinge in U bergrede gesê het, as ek hulle nie in die ware geestelike betekenis kan begryp nie, netsoos wat ek U prediking in Kapernaum nie goed begryp het nie, waarin U uitdruklik beveel het om U vlees te eet en U bloed te drink, omdat mens andersins nie die ewige lewe sou kan ontvang om U ryk binne te gaan nie?

[6] Die gelykenis het die skerpsinnige herbergier vir ons opgehelder, welke opheldering Uself as goed en waar bevestig het, en ons was almal volkome tevrede daarmee. Maar met die genoemde verminking van die liggaam wil dit ons nog nie so goed geluk nie, en wanneer ons die bergrede verder onder die volk sou uitbrei, sou daar egter hier en daar swak mense kan wees wat die onderrig letterlik ten uitvoer sou kon bring; die wyser deel van die mense sou die leer dan wreed en onwys noem, en ons sal nie veel goeie vrugte daarmee oes nie.

[7] Ten slotte sou dit kan gebeur dat `n hele swak gemeente eenogig en eenhandig daardeur sou word, en dat al te blind vrome ouers stellig uit voorsorg so `n verminking aan hul kinders sou toebring, om te voorkom dat hulle later deur daardie een oog of die een hand geërger sou kan word!”

[8] Daarop sê Ek aan Simon Juda: “Wat dit aanbetref, moet jy jou tot My beste Johannes wend, wat die geestelike waarheid van daardie beeld al dadelik na die bergrede kon verklaar het, en dan sal ook jy duidelik insien dat Ek daarmee geen liggaamlike verminking aanbeveel het nie, maar alleen die streng bewaking van die steeds vrye wil van die mens en sy verstand! Begryp jy dit?”

[9] Nou sê Simon Juda: “O Majesteit en Heer, met U laaste twee woorde het U my die saak volledig verklaar en kan ek broer Johannes met rus laat; want dat die verstand van die mens die oog van die siel is en die wil haar handelende hand staan my nou heel duidelik voor oë.

[10] Maar `n mens het twee oë en twee hande en het dienooreenkomstig ook twee verstande en twee wille, naamlik `n goeie en `n slegte verstand en derhalwe ook `n goeie en `n slegte wil.

[11] As die slegte verstand die goeie erger, moet jy dit onderken en vir altyd afstand doen van die slegte verstand, en netso moet jy met die wil doen; en dit is natuurlik ook beter om met jou goeie verstand en wil die hemelryk binne te gaan, as met twee verstande en wil na die hel te gaan. Want ek stel dit nou dat iemand wat hom, na gelang die gesteldheid van sy liefde vir die wêreld, nou eers deur sy slegte verstand en sy slegte wil, en dan weer deur sy goeie verstand en goeie wil, tot allerlei handelinge laat verlei, reeds op hierdie wêreld `n aardsduiwel is. Want iemand anders, wat as gevolg van sy oorspronklike opvoeding maar net `n slegte verstand en `n slegte wil het en derhalwe ook nie anders as sleg kan handel nie, is in feite eintlik geen boosaardige nie, maar veeleer `n dom duiwel, vir wie jy nog tot U die bede kan rig: “Heer, vergeef hom en maak hom beter; want tot nou toe het hy nie geweet wat hy gedoen het nie!” O Majesteit en Heer, wees so barmhartig om my te sê of ek nou goed en korrek geoordeel het!”

[12] Ek sê aan Simon Juda: “Nou het jy volkome goed en korrek geoordeel; maar jy sal tewens gemerk het dat jou vlees nie daardie oordeel vir jou ingegee het nie, maar alleen My Gees in jou! Daarom moet ook jy probeer om jou wêreldse verstand en wêreldse wil volkome kwyt te raak, dan sal die hemelse begrip van die gees en die krag van die hemelse wil jou volkome eie word!

[13] As jy nou nog iets het op die gebied van die onderrig wat Ek die mense gegee het, laat dit dan hoor; want vandag is Ek in die stemming om alles wat vir julle krom lyk, reg te maak!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205