Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Noodryp en volledig ryp siele

222 Nou staan die opperstadsregter egter op en sê: “O Majesteit en Heer, ek, die herbergier en sy hele personeel, ook hierdie drie Apollopriesters en die twee fariseërs en die Judeërs is in die eerste instansie wel deur U gedane wonders bekeer tot die geloof in U, hoewel ek nou in myself daarvan oortuig is dat U veelvuldige onderrig veel nuttiger vir my was as U tekens; maar kort en goed: Ons is in die eerste instansie tog alleen deur U tekens op U opmerksaam gemaak, en met ons kan toe ook vinnig maklik gepraat word, omdat ons ingesien het dat geen mens op die hele aarde in staat is om sulke tekens te doen nie.

[2] Moet ons nou ook, omdat ons in die eerste instansie deur U tekens tot geloof in U verhef is, tot die kategorie noodrype vrugte gereken word, en sou dit moontlik wees dat daardeur `n van elders komende valse leraar en profeet ons deur sy eweneens valse wonders en tekens uiteindelik van ons geloof in U sou kon afbring?

[3] Oor myself kan ek verklaar dat so `n valse leraar en profeet nooit sou slaag nie, aangesien ek alle valse wonders as sodanig maar al te goed ken; want ek het dergelike magiërs, wie se beroep dit was om hulle met allerlei wonders besig te hou, maar al te dikwels gesien en deurgedring tot die geheime van hul wonderdoenery, wat vir my in feite heel goed was, omdat ek daardeur ieder bygeloof kwytgeraak het en my sodoende met `n groter voorliefde op die werke van die ou filosowe gerig het.

[4] Maar omdat U - netsoos U dienaar RafaEl - hier tekens gedoen het wat langs elke natuurlike weg onmoontlik is, het ek in U dan ook die een en enig ware God in die volheid van Sy almag gevind en glo nou vaster in U as `n diamant; maar ek is in my innerlike nou nog meer versterk in my geloof in U deur die krag van die waarheid in U woord as deur die dwingende mag van U tekens, deurdat U my en almal die barmhartigheid bewys het om buitengewoon duidelik die manier te verklaar, waarop U U tekens kan doen. Maar desondanks is dit die vraag of ek en ook die ander hier tot die noodrype vrugte behoort.”

[5] Ek sê: “Absoluut nie, My beste vriend, want `n teken is in sekere sin slegs `n noodryping vir diegene, wat na daardie teken onmiddellik gelowig word en hul daarna oor niks meer bekommer het nie. Sien, dit was by jou absoluut nie die geval nie, want ook nadat Ek die tekens gedoen het, het jy heel onbegryplike tussenwerpsels aan My gemaak, en toe het Ek met My woord selfs heelwat moeite moes doen om jou op die korrekte weg te sit, wat egter geen verstaanbare opgawe was nie. Want selfs toe jy al heeltemal in My geglo het, het jy My nog skerp kritiek voor die voete gewerp ten aansien van My handelswyse met alle skepsele, en veral met die mense op hierdie aarde, en as Ek jou nie met die waarheid van My woorde baie kragtig van repliek kon bedien het nie, sou alle tekens wat deur My gedoen was, jou nie daartoe gebring het om volledig in My te glo nie. Jy het dus veel meer deur die krag van die waarheid in My woorde tot die ware geloof in My gekom, en die tekens wat Ek daarvoor en daarna gedoen het, het jy nie meer opgeneem as `n bekragtiging van jou geloof in My nie, maar alleen as `n weldaad wat Ek aan jou en aan hierdie stad bewys het, waarvan jy self nou netso goed begryp hoe dit tot stand gebring kan word as Ek en RafaEl - wat jy baie binnekort nog beter sal begryp.

[6] Wat iemand in sy hart en gees as te ware van vesel tot vesel analiseer, insien en begryp, dien nie meer om hom tot geloof te dwing nie, maar slegs om sy gees in hom heeltemal te versterk; daarom behoort hy nie meer tot die klasse van die noodryp geworde vrugte nie, maar reeds tot die klasse van die volledig ryp geworde vrugte. Want Ek sê vir jou: Elke mens wat in sy lewe `n waarheid hoor, maar die innerlike elemente waarop die waarheid stoel, nog nie van naderby ken nie, maar die waarheid wat hy hoor, tog glo sonder hom verder oor die innerlike elemente te bekommer, behoort nog sterk tot `n onrype vrug; wie egter oor die waarheid wat hy hoor, net so lank twyfel in homself laat opkom totdat hy alle elemente leer ken het waarop die waarheid steun, behoort waarlik nie tot `n noodrype nie, maar tot `n volledige ryp vrug.

[7] Want teenoor My moet `n mens in sy hart of wel heeltemal koud of wel al heeltemal warm wees, as hy deur My aangeneem wil word - want lou mense sal deur My net so lank op `n afstand gehou word, totdat hulle koud of dan wel warm word. `n Vasbeslote karakter is My duisend maal liewer as duisend besluiteloses; want die besluitelose lyk soos die ruwe potte op die draaiskyf van `n pottebakker, wat eers gebruik kan word wanneer hulle in die vuur verhard is. En so moet die lou mense ook eers deur allerlei beproewings- en verleidingsvure heen gaan, voordat hulle geskik en deugdelik word vir My en My ryk.

[8] Ek glo dat Ek jou daarmee nou alles gesê het wat kan dien om jou en julle almal gerus te stel. Ek sou weliswaar nog veel daaroor kan sê, maar waarvoor sou dit goed wees? Wie die waarheid volkome sien in weinig woorde, het geen lang belering nodig nie; wie die waarheid egter nie sien in weinige woorde nie, sal dit nog minder insien in `n lang betoog. - Is jy dit eens met die onderrig van My, en daarmee tevrede?”

[9] Die opperstadsregter sê: “O Majesteit en Heer - buitengewoon, ek sou selfs wil sê: Duisend maal meer as volkome tevrede, en daar bly vir my en die ander niks anders oor nie as om U tot die einde van ons aardse lewe uit die diepste van ons hart te dank nie. U, o Majesteit en Heer - U het deur hierdie barmhartigheid wat U ons bewys het in ons hart `n tempel vir Uself gebou, wat geen mag ter wêreld ooit weer sal kan verwoes nie; behoed egter ook hierdie tempel van U vir al te groot storms van verleiding!”

[10] Ek sê: “Wat julle vra, sal julle ook gegee word!”

[11] Nou loop dit egter al teen middernag, en dus sal ons ook ons liggaam `n kort rus gun; môre vroeg sal ons mekaar voor My vertrek nog sien en spreek.”

[12] Daarop begeef ons ons almal ter ruste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205