Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Waarom die voëls water opneem

227 Daarop vra die opperstadsregter My: “O Majesteit en Heer, wat alle dinge geheel en al weet, hoekom het hierdie voëls eintlik daardie water nodig vir hul verdere vlug? Want vir sover ek weet het ek altyd goed opgemerk dat die voëls in verhouding tot hulle grootte, tien keer meer water tot hulle neem as enige ander dier, en tog raak hulle geen urine kwyt nie; ek het tenminste nog nooit opgemerk dat `n voël water afgeslaan het nie, en U het nou gesê dat hierdie voëls die water waarlik nodig het om verder te kan vlieg, terwyl ek van mening verkeer dat die water saam met die voedsel wat hulle tot hulle geneem het, hulle maar net swaarder maak, sodat dit moeiliker vir hulle is om verder te vlieg!”

[2] Ek sê: “Ja kyk, My vriend, die Heer van Sy werke moet ook die allerbeste weet wat hulle vir hulle tydelike instandhouding nodig het en hoe hulle liggame ingerig moet wees, om dit te kan verrig waarvoor hulle bestem is. Maar oor die vraag, hoekom `n voël water nodig het om te kan vlieg moet jy jou maar tot My RafaEl wend, wat nog aanwesig is, soos jy sien!”

[3] Na hierdie woorde wend die opperstadsregter hom tot RafaEl en vra hom of hy hom nie `n kort uitleg daaroor wou gee nie.

[4] RafaEl sê: “Dit sal ek baie graag doen, en ek sal dit in `n baie kort bestek doen. Kyk, as julle `n lam of `n bok, `n kalf of `n os slag, haal julle die ingewande daaruit - dit wil sê die maag, die derms en die urineblaas, maak alle dele op julle manier skoon en blaas hulle dan op, sodat hulle sowel van binne as van buite droog word! Die grootste van hierdie hol organe gebruik julle as kleiner wynsakke en buidels, en die kleinste gebruik julle ook om allerlei sade en nog ander klein dinge in te bewaar.

[5] As jy nou so `n gedroogde urineblaas of `n ander sak hier sou gehad het, sou ek jou baie makliker kan laat sien hoe die voëls hulle van water moet bedien om te kan vlieg; maar ek sal wel daarvoor sorg dat hulpmiddels wat vir my nodig is, hier ter beskikking sal staan om dit uit te lê! Kyk, daar het ons al `n taamlike groot, met water gevulde sak, en daarby sal ons nou `n paar bestanddele insit wat die eienskap het dat hulle die koolstof en suurstof uit die water opsuig, maar suiwer waterstof vrymaak. Hier is die bestanddele ook al, wat jy seker sal ken; dit is `n bietjie yster, swael, kalk, sout en koolstof.

[6] Nou sit ek dit in die water - hulle bevind hulle al in die water, en jy hoor onmiddellik `n eienaardig geruis en gebruis in die sak. Nou vat ons `n droë blaas; ons sal dit met die maklik opstygende waterstof vul - en kyk, die een blaas is al gevul! Vat hom nou in jou hand onderaan by die opening, dan sal jy dadelik merk hoe hy opstyg; en laat hom nou los en kyk wat hy gaan doen!”

[7] Dit doen die opperstadsregter, en die blaas styg onmiddellik pylsnel tot so `n groot hoogte die lug in, dat niemand hom meer kon sien nie; op dieselfde manier word nog `n ander, groter blaas gevul en daar word `n boomtak aan die opening gehang; daarop word hy losgelaat en vlieg hy dadelik met netso groot snelheid die hoogte in.

[8] Daarna word daar ongeveer twaalf blase met die nog voorradige waterstof gevul en aan `n iets groter en swaarder boomtak vasgemaak, waarmee hulle eweneens met groot snelheid die hoogte in vlieg.

[9] Toe die eksperiment beëindig was, sê RafaEl aan die opperstadsregter: “Het jy nou al enigsins `n idee waarom die voëls die water hoofsaaklik vir die vlieg gebruik?”

[10] Die opperstadsregter sê: “Daar begin nou wel `n klein liggie brand; maar hoe die voëls die water gebruik om te vlieg, is vir my natuurlik nog nie duidelik nie.”

[11] RafaEl sê: “Kyk, elke voël is inwendig so ingerig, dat hy uit die watervoorraad wat hy tot hom geneem het, ewe veel suiwer waterstof maak - wat op sigself `n uiters ligte en fyn soort lug is - soos wat hy nodig het om te vlieg, wat hy deur die gevoel van sy instink tot op `n haar noukeurig kan bereken. Met die fyn waterstof vul hy in `n oomblik al sy groter en kleiner veerskagte en hol beendere, waarop hy so lig word soos `n haar van `n mens; daardie klein gewig oorwin hy altyd met gemak met sy twee vlerke en kan hy hom dan in die hoogte verhef.

[12] As jy dit nou eers goed bekyk, sal jy ook maklik insien op welke manier die vlieg moontlik gemaak word by al die diersoorte, wat hulle van die aarde af in die lug kan verhef.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205