Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die vlieg van die mense

228 Daarop sê die opperstadsregter: “Dit begryp ek nou baie goed, maar waar kry hierdie diere die bestanddele vandaan wat nodig is om - soos jy sê - die waterstof van die suurstof te skei? Want die yster, die kalk, die swael, die sout en die koolstof is tog nie oral in ruime in mate voorhande nie?”

[2] Daarop sê RafaEl: “My beste vriend, verstrooi oor die hele aardoppervlak vele duisend maal duisende kere meer as alle voëls op die aarde in vele duisende jare vir hul vlieg sal nodig hê! Voëls is self baie goeie mineraloë, netsoos die wortels en takke van bome en plante buitengewoon skerpsinnige en intelligente lewenstofkundiges is; as hulle dit nie sou gewees het nie, sou daar nie soveel soorte bome en plante op die aardbodem gegroei en sou die voëls ook nie kon vlieg nie. Daardeur sien jy dat elke dier, netsoos elke plant, dit wat nuttig is vir hulle, buitengewoon skerp herken en ook weet hoe om dit te gebruik.

[3] Kyk net na `n eier! Die dop daarvan is van kalk en die inhoud, wat die materiële deel betref, bestaan ook uit nog ietwat kalk, sout, koolstof, yster en swael. Hoeveel van elk daarvan nodig is weet elke voël self presies, asook waar hy dit moet kry; want daarvoor het ook `n voël, netsoos elke ander dier en ook die mens self, die vyf sintuie, en `n plant het sy voeldrade sowel aan die wortels as aan die takke. En ek is nou van mening dat ek jou hierdie begrip, wat vir mense baie moeilik is, in kort so duidelik moontlik getoon het.”

[4] Daarop sê die opperstadsregter: “Luister, my hemelse vriend, as die mense die verhoudings sou weet, dit wil sê hoeveel daar eintlik van ieder van die vyf bestanddele nodig is, sou hulle uiteindelik groot sakke met waterstof kan vul en hulle dan deur middel van meganiese hulpmiddels ook in die lug kan verhef en netsoos die voëls rondvlieg!”

[5] Daarop sê RafaEl: “Wat nou nie is nie, kan nog later kom! Voorlopig is dit egter veel beter vir die mens dat hy nie liggaamlik kan vlieg nie; want as hy dit ook sou kon doen, sou hy weldra tot die grootste roofdier op aarde geword het en sou hy nie meer aan die bewerking van die aardbodem gedink het nie.

[6] Daarom is dit beter vir die mens as sy siel geestelik in staat raak om te vlieg, maar dat hy, wat sy liggaam aanbetref, maar mooi op die aardbodem bly, waarvoor hy ook die liggaamlike inrigting het. Die mens kom met sy voete nog ver genoeg en heel gereeld maar al te ver; en as hy met sy voete nie vinnig genoeg vooruit kom nie, dan het hy daarvoor voldoende geskikte diere wat vinniger loop as hy en wat hom na ietwat afrigting in `n baie kort tyd van die een plek na die ander kan bring, en hy kan ook skepe bou, met behulp waarvan hy hom oor see as op droë land kan voortbeweeg. In latere tye sal die mense nog `n groot aantal transportmiddele uitvind, wat met groot snelheid van die een plek na die ander sal voortraas.

[7] En nou weet jy, beste vriend, oor al die dinge meer as wat jy nodig het. Ek het dit nou alles vir jou getoon, sodat jy makliker kan insien dat die Heer werklik die mees volmaakte en nie te ewenaarde Heer is in al Sy geskape dinge, en veral dit het jy nodig!”

[8] Hierop bedank die opperstadsregter vir My en RafaEl met alle innigheid van sy hart, en sê toe: “Waarlik, van U, o Heer, kan jy in één uur meer leer as anders selfs van die mees skrander mens met alle vlyt jou hele lewe lank; want by die mense is dit steeds: 'Tot hiertoe, en geen millimeter verder nie!', maar by U is dit: 'Tot hiertoe, en daarna altyd maar verder tot in die oneindige'!”, want U wysheid, o Majesteit en Heer, het geen grense nie.

[9] Ons is U almal buitengewoon dankbaar vir die suiwer goddelike barmhartigheid wat U ons bewys het en sal ook tot die einde van ons lewe op hierdie aarde nooit meer ophou om U te dank nie. Majesteit en Heer, vergeef ons tog ons swakheid en ons sondes!”

[10] Ek sê: “Dit is julle ook vergewe; maar in die vervolg moet julle julleself behoed van die sonde!

[11] Nou sal ons egter hiervandaan gaan, vinnig die oggendmaal tot ons neem en daarna ons reis voortsit!”

[12] Daarop begeef ons onsself dadelik na die herberg en gaan aan met die oggendmaal; tydens die maaltyd word daar nog oor veel dinge gespreek, waarvan Ek dit nie nodig vind om hier weer te gee nie, omdat daar al gereelder gesprekke oor dergelike dinge was.

[13] Na die kortdurende oggendmaal staan Ek vinnig op met My leerlinge, seën die huis van die herbergier, die opperstadsregter en almal wat daar was, en gaan daarna onmiddellik op reis.

[14] Die herbergier, sy seun en die opperstadsregter, vergesel ons vir ongeveer twee uur, en hulle verbaas hulle meer en meer oor die feit dat hulle hul land nog steeds maar in goed gekultiveerde toestand sien.

[15] Voor hulle weer teruggaan, bedank hulle My almal nog eers en keer toe terug huiswaarts. By hierdie geleentheid verdwyn RafaEl ook weer, omdat Ek hom nie meer nodig gehad het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205