Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die voorstel van die kommandant om die valse profete te ontmasker

24 Hierop bedank die kommandant My van ganser harte vir My geduld en moeite, en sê: “O Heer en Majesteit, al is dit vir my van alles wat U my nou uitgelê het, ook nog nie alles ewe duidelik soos vir een van U leerlinge nie - tog is ek sover met die gees van die waarheid deurdronge dat ek hierdie aarde nou met baie ander oë bekyk as ooit tevore in my lewe!

[2] Maar één ding kom in my op, toe U uitlê hoe die nuwe valse leraars, priesters en profete deur allerlei bedrog, van die aard waarvan die onwetende mense natuurlik geen idee sal hê nie, so `n volk ter wille van aardse voordeel maklik en vinnig van die ou, suiwer waarheid afbring: As sulke laaghartige mense uit suiwer eiebelang die volk so begin te bewerk, sou `n uitsonderlike teken uit die hemele tog `n baie doeltreffende middel wees om die valse leraars vir altyd die mond te snoer. As byvoorbeeld by die sogenaamde sprekende kameel die geestelike mens, wat aan die ander kant voortleef, met `n ernstige gesig goed herkenbaar aan almal sou verskyn en op `n vir iedereen goed te begrypte manier voor die valse leraars sou getuig, sou dit tog wel baie gek moet loop as die valse profete verder nog iets tot stand sou kon bring by `n volk wat opnuut vanuit die wêreld aan die ander kant verlig is! - Wat is U mening daaroor?”

[3] Ek sê: “Daarop enersyds baie te sê, maar andersyds maar baie weinig van enige belang! Want sien, ten eerste is die middel wat jy My nou voorstel gedurende alle tye en by alle volkere met min of meer gunstige effek toegepas!

[4] Solank `n volk vir die grootste deel nog trou was aan die ou waarheid, maar hier en daar `n deel van die volk deur die gevonde skatte van hierdie aarde te wêrelds begin te word en hulle meer en meer van die waarheid begin te verwyder, wat jou gemiddeld dikwels gedurende twee, dikwels ook drie generasies `n baie gunstige uitwerking het; by die vierde generasie egter, wat hulle nog meer besig gaan hou met die najaag van wêreldse skatte en uit eie vrye wil daartoe oorgaan om die wêreld lief te hê, word dergelike toegepaste middele tot fabels verbind, en slegs sommiges glo nog so half en half daarin.

[5] As sulke middele weer toegepas word, sorteer hulle oor die algemeen al met weinige effek meer en word hulle deur die aansienlikes maar net belaglik gemaak en bespot, en die valse wonderdoeners, wat ook die kuns verstaan om vir die sakke (buidels) van die trae groottes en aansienlikes te werk, kry al die voordeel. En so het dit baie eeue lank deur eie skuld by die verskillende volkere steeds verder bergafwaarts gegaan.

[6] Kyk, nou is in Myself die allerhoogste Middel, wat jy aan My voorstel om al die valses onder die mense uit te roei, vanuit die allerhoogste hemele al lank daadwerklik aanwesig by die Judeërs, wat nog die meeste en die suiwerste vertroud is met die ou waarheid, en wat tydens verskeie kere in Jerusalem en in baie ander stede en plekke tekens gedoen het wat slegs God kan doen, en het die mees ligtende waarheid uit die hemele onderrig! Gaan ondersoek maar net hoeveel mense hulle deur die allerhoogste Middel van hulle ou dwalinge en sonde bekeer het!

[7] Maar as die allerhoogste Middel so weinig tot stand bring, waarby die vrye wil van die mense noodsaaklikerwys behoue moet bly, hoe weinig sou `n ander gees uit die groot wêreld aan die ander kant dit kon bewerkstellig!

[8] Bowendien is dit vir elke gees wat in die groot wêreld aan die ander kant al meer as salig is, `n baie sware opgawe om weer op hierdie wêreld te moet verskyn. As hy dit vrywillig doen, word dit ook deur My toegelaat; maar geen enkele gees word daartoe gedwing nie.

[9] Dit is vir `n minder volmaakte gees nie minder swaar om vanuit die ander kant na hierdie wêreld terug te keer nie - veral te midde van louter wêreldse mense - as wanneer jy sou wil terugkeer in die liggaam van jou moeder, wat die eerste en mees benoude wêreld van elke mens was, en daarin iets sou wil orden en bewerkstellig. Daarmee kan jy die lewenssituasie van die geeste in die groot wêreld aan die ander kant en die van die op hierdie benoude aarde lewende menslike pelgrims ongeveer met mekaar vergelyk.

[10] `n Klein sirkel het ruimte genoeg in `n grote; maar omgekeerd gaan dit moeilik. Begryp dit goed!”

[11] Daaroor dink almal lank na, en Ek neem `n klein ruskans.

[12] Ons bly tot ongeveer twee uur na die middag op die heuwel. Daar word nog oor baie dinge gespreek en deur RafaEl ook daadwerklik aan die Romeine getoon, wat naderhand deur die kommandant en ook deur sy ondergeskiktes opgeskrywe is. Daarna begewe ons onsself weer na die huis en neem `n maal tot ons.

[13] Die namiddag bring Ek in rus deur; die leerlinge het egter van die kommandant nog allerlei vra te beantwoord gekry. Johannes en Matthéüs gaan aan die skrywe en maak kort aantekeninge van wat hulle tot dusver gehoor en gesien het; ook My Jakobus die Ouere, maak aantekeninge vir homself, wat hy egter eers na verloop van enkele jare orden. Die kommandant maak ook van hierdie geleentheid gebruik om in Grieks aantekeninge te maak, wat ook hy egter eers later meer orden.

[14] Ek bly met die leerlinge nog ongeveer agt volle dae in Genésaret, en daar kom nog meer vreemdelinge uit die omgewing van Damaskus en ook uit ander stede daarheen, wat My leer ken en die geloof in My aanneem.

[15] Alles wat nog verder daar geleer en gedoen is, hoef nie meer woord vir woord aangehaal te word nie, aangesien dit tot nou toe al uitputtend getoon is, waarin en hoe die mense deur My en deur RafaEl, wat eweneens gedurende die genoemde tyd sigbaar en werksaam met My in Genésaret gebly het, onderrig was. Want hy is nie alleen in die dinge van die ryk van God op aarde nie, maar ook in allerlei natuurlike dinge en die verskynsels daarvan baie duidelik en geheel en al volgens waarheid onderrig; daardeur laat hy hulle hulle ou bygeloof vaar, omdat hy hulle ou dwalinge laat insien en begryp

[16] Op hierdie wyse vorm daar in My Naam weldra `n baie aansienlike gemeente in Damaskus, net soos in ander plekke, en My Naam word in die wye omtrek geprys. (`n NOTA BENE,” gegee vir ons tyd op 11 Augustus 1862.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205