Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Wenke vir die voeding. Die gebreke van die wette van die profete

240 Ek sê: “Presies dit wat jy nou genoem het! Wat deur die mond na binne gaan verontreinig, as dit vars is en goed voorberei is, die mens nie en skaad by `n matige gebruik ook nooit sy gesondheid nie; slegs van die vleis van versmoorde (verwurgde) diere, soos dit by vele heidene gebruiklik is, moet `n mens niks eet nie, omdat in die bloed van diere bepaalde ongegiste natuurgeeste heers, wat vir die menslike natuur byna dieselfde is as vergiftiging en daarom ook die bloed by die mens verontreinig, hom baie vinnig siek maak en hy nie in staat is om sy werk te doen nie.

[2] Kyk, as wyn uitgegis is en geen onsuiwerhede meer bevat nie, is dit vir iedereen baie aan te beveel om hulle sowel innerlik as uiterlik liggaamlik daarmee te versterk! Maar as iemand die jong mos drink, waaruit die onsuiwer natuurgeeste nog nie deur die gisting verdwyn het nie, dan is die drank skadelik vir `n mens; daarom moet mens slegs ou en suiwer wyn drink en die mos net so lank laat staan totdat dit behoorlik gereinig is en tenminste twee tot drie jaar oud geword het.

[3] Dat Moses by sy volk bepaalde foute gemaak het, netsoos sy broer Aäron, dit weet Ek baie goed; daarom het hulle ook beide nie in die Beloofde Land gekom nie. Aäron het tot aan die berg Hor gekom, mog die Beloofde Land sien en het hom toe op die berg neergelê en gesterf. Moses het op die berg Nebo gekom, het ook die Beloofde Land gesien en moes toe sterf. Jy, My beste vriend, ken beide berge, omdat hulle by jou in die omgewing is!

[4] Soos gesê, het Moses veral die stam Levi, wat voortdurend om hom heen was, met veel wysheid verryk; die oorblywende stamme het hy meer in hulle barbaarsheid gelaat en hy het so nou en dan selfs soos `n tiran oor die volk geheers, sonder dat die Godheid hom egte bevele daartoe gegee het, en daarvoor het hy van die Godheid dan ook dikwels teregwysings gekry nie.

[5] Dieselfde was ook met alle ander profete die geval; want nie een van hulle het werklik vreugde met sy roeping beleef nie, en die Godheid moes steeds met allerlei middele as korrektor agter hulle staan en hulle gewoonweg tot dade dwing. Maar kyk, dit is in hierdie wêreld heel gewoon, omdat die Godheid selfs die mees wyse profeet sy vrye wil, sy liefde, sy insig en sy verstand nie kan en mag ontneem nie; want anders sou hy tot `n dooie instrument gedegradeer word.

[6] Die Godheid dwing `n profeet weliswaar met haar almagtige gees streng om volgens die wil van die goddelike wysheid te spreek, te skryf en te handel tydens die momente van Sy werksaamheid wat God van hom verlang - maar daarna laat Hy hom weer heeltemal vry, en dan kan hy doen en handel soos hy wil, en by die geleentheid kan `n profeet dan ook netsoos ieder ander mens foute begaan. - Het jy dit begryp, My beste vriend?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205