Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die onmoontlikheid van meer godsdiens­oorloë

27 En so gebeur dit in hierdie wêreld nou ook al. In die sogenaamde heilige stad wemel dit al van allerlei heilige hongerlyers, en mens weet nie meer wat mens aan hulle het nie en waar mens hulle op hierdie aarde nog `n klein paradysie sou kan besorg nie, omdat mense ondanks die bedreiging met vervloekinge, oor nie baie meer as enkele vierkante myle kan gebied nie. Want nóg die konings van gewekte volkere en nóg minder die volkere self, laat hulle deur die kant iets beveel.

[2] Wat bly daar dan anders oor vir sulke niksdoenende en hongerige heiliges, as om hulle heiligheid die rug toe te keer en ander dienste, wat voorheen nie heilig genoeg vir hulle was nie, te soek en aan te neem om nie as heiliges hoef te verhonger nie?

[3] Dink jy dat daar in die huidige omstandighede groot godsdiensoorloë sal volg? Dit sou wel die geval wees, as die man in Babel nog sy vroeëre mag oor konings en volkere besit het en die grootste deel van die mense nog bietjie dom en verduister sou gewees het soos driehonderd jaar gelede; maar die teenwoordige aanhang van die ou, eens so magtige Babel het baie klein geword, en die mense het deur My bliksem al te veel verlig geraak. Selfs die mees eenvoudige landman, met sy hele gesin, glo nie meer dat die duiwel die stoom masjiene op see en op die land in beweging sit nie - ter wille van aan hulle verkoopte siel, of dat die duiwel via die drade van die telegraaf heen en weer spring en huppel en aan grotes en kleintjies die verlangde berigte uit verre lande en plekke bring.

[4] Hoeveel is daar nog, wat ernstig in die sogenaamde wonderbeelde* glo? Waar is daar nog `n land waar mense nog die sogenaamde goëlaars as towenaars verbrand en lesers van die Bybel en ander geesryke boeke en geskrifte voor `n onverbiddelike regbank van die inkwisisie sleep en doodmartel? Welke enigsins ontwikkelde mens heg nog enige waarde aan `n bepaalde aflaat van sonde, aan al die leë en geeslose sogenaamde godsdienstige seremonies, aan wywater, wierook, heilige afbeeldinge, klokke en klokkies, waskerse, relikwieë, roumissies en duur begrafnisse, vasdae en norma-dae** en nog baie meer dergelike dinge? *(`n Beeld wat wonderwerke doen.) **Van die Latynse `norma” (= reël, riglyn). Belangrike kerklike feesdae, waarop openbare vermaaklikhede verbode is.)

[5] Mense deel nog wel in die dinge vanweë die uiterlike, maar ook as gevolg van die baie swak geworde wet; maar van duisend mense glo nouliks meer as tien daarin, en dit nie meer werklik, soos wat dit in die verlede, in die duister tyd van bygeloof helaas langdurig die geval was nie.

[6] As die sake nou voor iedereen se oë so en nie anders staan nie, hoe kan daar ook maar in die verte aan `n groot of selfs algemene godsdiensoorlog gedink word?

[7] Daar is weinig egte duisterlinge om vir die baie verligtes op te staan, ook al sou hulle dit graag wil doen; en as die verligtes aangeval sou word, is hulle met sekerheid daarvan bewus dat hulle steeds en altyd oor die onsinnige en volkome magtelose duisterlinge sal seëvier.

[8] Maar desondanks sal dit tot allerlei gevegte en klein oorloggies kom, ter verdeemoediging van alle maghebbers wat My lig wil teëhou. Want van nou af aan sal Ek geen geduld en medelye rneer met al die maghebbers hê nie. Dit kan jy goed glo, omdat Ek dit self vir jou verkondig.

[9] Kyk na die ryk waarin jy leef! Om bepaalde, maklik te raaie redes is dit, veral van sy maghebbers, nog `n erge Babiloniese instelling. Hy moet nou al sy mag bymekaar skraap en sy “heilige vader” op die ou troon help, as hy kan en wil.

[10] Ja, as hy nog `n tyd lank sal twyfel om sy volkere dit te gee wat regmatig vanuit My is - aangesien immers ooreenkomstig My woord die suiwer waarheid, waaraan elke mens hom as enigste moet hou, iedereen vry sal maak en nou moet maak - sal hulle ook deel in die lot van diegene van wie hulle tot nou toe hulle heil verwag! Die geldelike middele, wat baie noodsaaklik is vir `n kragtiger hulp, het hulle nie; en as hulle nog op vermeende hulp vertrou van die kant van `n sewe keer heilige altaar en die wonderverrigtende beeld daarvan, sal dit ook weldra aan elke ander krag begin ontbreek! Laat hulle maar net kyk na die gevolge van sy duistere konkordaat, dan sal die hele buiteland sê: “As jy jou so trou verbind het aan die vyand van die lig en naasteliefde wat deur ons almal gehaat word, is daar met jou geen vriendskapsband te smee nie! Laat diegene vir wie jy al jou ou vriende vergeet het en wat jy soseer begunstig het, wat jy hulle tot jou eie baie groot nadeel meer as die helfte van jou mag in die hande gegee het, jou nou help in jou nood en verlatenheid!”

[11] Dink self daaroor na, of in jou land nie van alle kante die uiterste bittere gevolge van die ondeurdagte daad hardop op hierdie manier spreek nie! Dit is nou `n saak om so `n fout weer baie gou goed te maak, anders kom die boosaardige, doodbringende, algemene brand nog daarby.

[12] As by `n huis alle middele begin ontbreek om dit in stand te hou, en as sy vriende en selfs die beter huisgenote wat die rug toekeer en niks meer wil hoor en weet van die instandhouding van so `n reeds lank verwaarloosde huis nie - hoe sal so `n huis nog verder kan bestaan, of selfs op die ou manier as `n kragtige huis kan bestaan?

[13] Ja, hulle kan dit self versterk en opnuut bestendig maak; maar daarvoor is ten eerste `n onbuigsame, vaste wil nodig om alles wat oud en vermurwe is mee weg te doen, en `n nuwe, stewige bodem te lê en, met baie goeie bouliede, die hele huis, insluitend `n stewige dak, te herstel; dan sal mense dit oral sien en sê: Kyk, nou het die huis, wat vroeër volkome waardeloos geword het, weer egte waarde en mense kan die fondament, kamers en dak daarvan vertrou!

[14] As die saak so ter hand geneem sou word, sou sy geen gebrek gehad het aan allerlei goeie vriende van buite en nog meer van binne nie; maar wie sal ooit nog aan `n huis vertroue kan skenk, waarvan mense nie meer weet aan wie die huisheer hom ten slotte die wet moet laat voorskrywe om nog `n tydjie na `n huisheer te lyk nie? *(Waarskynlik word hier verwys na die konkordaat van 1855, wat die kerk verregaande invloed gegee het op die gebied van onderrig, opvoeding, huwelike en dergelike. Die oorlog tussen Oostenryk, Frankryk en Italië in 1859 en die oorlog tussen Oostenryk, Italië en Pruise van 1866 was die gevolg daarvan.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205